die aand toe my kalmte versplinter het ...
my skoonsus wat amper 5 jaar gelede kanker - operasie, chemo, bestraling - die sterkste wat daar is, gekry het ... want die drs het besluit sy is 40jr, sterk, fiks, gesond, nooit swanger gewees nie - en kan dit hanteer.
en sy het en is vir 4 jaar lank elke 6 maande ge'evalueer en 'in remissie' verklaar. so ook in Januarie vanjaar ... en hulle is terug Noorwee toe waar hulle nou al 'n jaar lank bly.
maar 'n maand later wou longontsteking nie opklaar nie en uiteindelik is sy in 'n tonnel gestoot en die uitslag:
KANKER versprei ... longe, lewer, veral haar rug. die pyn was toe al ondraaglik.
lang storie kort: hulle het haar omtrent 6 weke onder sterk morfienverdowing gehou en baie sterk chemo gegee - nuwe behandelings wat ontwikkel is.
later is sy stadigaan bygebring, moes van vooraf leer eet, loop, leef!
en Vrydagaand toe ek en my broer google-gesels, toe klim sy self, vir die 1ste keer, hulle huis se trappe op studeerkamer toe, sonder haar loopraam en kom kuier 'n halfuur saam met ons!!!
ek het eers agterna gehuil
[[die drs het eers met Paasnaweek toe sy die 1ste keer huistoe is, aan hulle vertel dat hulle geen hoop gehad het nie, hulle het haar net 1 week gegee om nog asem te haal]]
ons besef nou elke dag, elke uur is 'n gegewe gawe, 'n wonderwerk ... sy is nog baaaie siek, maar hoe lank weet ons mense nie ... dalk 'n jaar, dalk 5, dalk ??baie langer nog