• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

"Nee, ek is NIE moeg nie!"

Started by PM, February 13, 2013, 08:02:38 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ja, "groot" goete geskryf.  Hy is tans besig met 'n boek wat volgende jaar voorgeskryf word vir Unisa-studente.  Alles in Engels.   :read:

Wanneer gaan jy Duits-Wes toe?
Om te weet is om te verstaan.

AB

Die plan is dat ek en Piet en Peet helfte Julie Duits wes toe gaan. Plan is as dit kan uitwerk:
Alexanderbaai toe en dan oranjemund toe en hopelik deur die spergebied see langs kolmanskop toe.
Dan na Aus en deur die woestyn walvisbaai toe. so paar dae in walvis omgewing kuier en dan henties toe vir i naweek en dan 2 dae windhoek toe en dan huis toe en dan is 3 na 4 weke in sy maai met hoeplik so 5000 fotos byderhand.


PM

Dit klink na 'n baie lekker toer.  Jy sal moet 166.66 foto's 'n dag moet neem vir 30 dae aanmekaar AB. As jy 12 ure per dag foto's neem sal jy moet ongeveer 14 foto's per uur neem.   Daai kamera gaan aan jou hande vasgroei.   :icon_biggrin:  As jy 'n kwart daarvan op die forum plaas sal dit jou 3 maande neem as jy elke dag 14 foto's plaas. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Nou weet ek nie of my kop in die rondte draai van die glasie witwyn of die formule probeer uitpluis wat jy gebruik het nie  :icon_biggrin: :bootyshake:

PM

Dit was maklik.  AB sê 5000 foto's vir drie tot vier weke wat hulle gaan toer.  Ek werk toe maar op vier weke, want ek glo nie hy sal dit in drie weke regkry nie!   :icon_biggrin:
Al daai sesse het my ook 'n bietjie deurmekaar gemaak, want 'n ou kan mos nou nie .66 foto neem nie
nê!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Outop se nou hy neem gemiddeld so 300 fotos per dag met ons toere maar ek is nou verby die punt van maal en deel om te sien hoeveel dit oor 21 dae sal wees. Vanaand pyn onse elmboge weer  :icon_biggrin:

PM

 :angel4:  Ons elmboge pyn ook.  Vandat ons tuis gekom het kuier almal hier.  Seg ek vanoggend vir Hannes, ons kon maar net so wel nog 'n nag oorgeslaap het in die Kaap.  Daar vang die wyn 'n ou nie soos hier bo in die hogere plek nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Giggel ek diekant. Dink jy die lugdruk maak regtig verskil? Amper tik ek 'ligdrink' :sign10:

Ek onthou so goed ons kuiertjies in Mosselbaai saam oupa en ouma en die djeeerlikste wyne ooit uit die kelders wat oupa ons mee bederf het. Ai jai jai, gelukkig het ons enetjie diekant ontdek wat amper net so proe. Let wel, amper!

PM

Die ligdrink maak 'n verskil.  Regtig.  Daar kan jy swaardrink sonder om elmboogpyn te
kry.   :icon_biggrin: 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai