Author Topic: Souskluitjie nagereg  (Read 3709 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Souskluitjie nagereg
« on: January 25, 2013, 12:52:06 PM »
Heerlik na gebakte/gebraaide skaapboud


(sowat 9 kluitjies)

120 g (215 ml) koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
15 ml botter
1 eier
125 ml melk
2,5 ml fyn kaneel
15 ml suiker
15 ml botter

Stroop
5 ml botter
30 ml suiker
2 ml fyn kaneel

Sif meel, bakpoeier en sout saam in 'n mengbak. Vryf botter in die mengsel in tot dit soos broodkrummels lyk. Klits eier en melk saam en voeg by meelmengsel. Meng goed tot 'n stywe deeg. Laat staan vir 15 minute. Plaas 500 ml water in 'n kastrol en voeg 'n knippie sout by. Bring tot kookpunt en stel dan die hitte tot baie laag. Skep eetlepels vol van deeg in water en sit die deksel op. (Moenie te veel op 'n slag in pot plaas nie.) Kook 8 - 10 minute. Meng die 15 ml suiker en 2,5 ml kaneel om kaneelsuiker te maak. Skep die kluitjies uit die water in 'n bak, strooi kaneelsuiker oor en stip met die 15 ml botter.

Maak die stroop
Voeg die 5 ml botter, 30 ml suiker en 2 ml kaneel by die water waarin die kluitjies gekook het. Gooi die stroop oor kluitjies en
sit dadelik voor.


Stuur vir my ook asb
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Souskluitjie nagereg
« Reply #1 on: January 25, 2013, 03:25:26 PM »
Moenie vergeet om te sê dat jy nie die deksel mag oopmaak voor die 8 minute verby is nie, anders kry jy pannekoek.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Souskluitjie nagereg
« Reply #2 on: January 25, 2013, 10:25:14 PM »
Oe my aaaa, dankie vir die aandra Assie, dit is nou ietsie wat Outop dalkies vir ons kan aanslaan oor die langnaweek. Die weer is hoeka reg indien die ou wel sou loer PM  :icon_biggrin: