Woordskuur > Woordmuseum: Liedjies & Verse uit toeka se dae

Uit die kultuurskatkis: Koudlei-liedjies

<< < (2/2)

Meraai vannie Baai:
Pollie is 'n geliefde meisiesnaam in die Afrikaanse minne-dans-liedjies. Dis eintlik Engels en kom meer voor in die Boland . 

In die onderstaande liedjie is die kêrel besig om die ja-woord te vra; maar hy val sommer met die deur in die huis en gelukkig hoef die nooi (in die meeste gevalle) dit nie al te ernstig op te neem nie!   

1.
Staan, Pollie, staan!
‘Staa - - n, Pollie, staa - - n!
En laat jouw gedagte gaan,
Dat jij vir mij kan sê,
Hoe vèr die liefde lê.’
 
2.
‘Staa - - n, Pollie, staa - - n!
En laat jouw gedagte gaan,
Dat jij vir mij kan sê,
Of jij vir mij wil hê.’

Hier is 'n meer bekende enetjie:

POLLIE, ONS GAAN PÊREL TOE

Woorde: Tradisioneel en C.J. LANGENHOVEN
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1978

[tradisioneel]

[1]
Pollie, ons gaan Pêrel toe,
Pollie, ons gaan Pêrel toe,
Pollie, ons gaan Pêrel toe;
ek en jy alleen!

[2]
Stadig stap in die harde pad,
stadig stap in die harde pad,
stadig stap in die harde pad;
ek en jy alleen!

[C.J. Langenhoven]

[1]
Pollie gaan mos Pêrel toe,
Pollie gaan mos Pêrel toe,
Pollie gaan mos Pêrel toe.
Wat gaan sy daar maak?

[2]
Sy gaan na haar kêrel toe,
sy gaan na haar kêrel toe,
sy gaan na haar kêrel toe
soos dit niemand traak.

[3]
En wat sal die wêreld sê?
En wat sal die wêreld sê?
En wat sal die wêreld sê?
Pollie gaan alleen!

[4]
Sy sal aan die wêreld sê,
sy sal aan die wêreld sê,
sy sal aan die wêreld sê:
"Skeer vir my part heen."

[5]
Gaan sy regtig Pêrel toe?
Gaan sy regtig Pêrel toe?
Gaan sy regtig Pêrel toe,
Pollie stokalleen?

[6]
Stokalleen, ja, stokalleen,
stokalleen, ja, stokalleen,
stokalleen, ja, stokalleen;
ek en sy alleen.

[7]
En wat sal haar kêrel sê?
En wat sal haar kêrel sê?
En wat sal haar kêrel sê?
Jy en sy alleen!

[8]
Sy gaan om hom af te sê,
sy gaan om hom af te sê,
sy gaan om hom af te sê;
dan bly ons alleen.

[9]
Wat gaan jy en sy dan doen?
Wat gaan jy en sy dan doen?
Wat gaan jy en sy dan doen;
jy en sy alleen?

[10]
Ons gaan in die Pêrel soen,
ons gaan in die Pêrel soen,
ons gaan in die Pêrel soen;
ek en sy alleen.

[Saam]
Pollie, ons gaan Pêrel toe,
Pollie, ons gaan Pêrel toe,
Pollie, ons gaan Pêrel toe,
ek en jy alleen.

Meraai vannie Baai:
Jagters minnelied.

Hierdie allegoriese ‘Jagters Minnelied’ is een van die populêrste en onder die boeremense bes bekende ‘koudleiliedjies’

Hierdie minnelied herinner ons aan die erotiese liriek van die Renaissance, en na die half-argaïstiese taalvorme beoordeeld, is dit seker van Hollandse oorsprong, maar dit is sterk verafrikaans deur die sing en die gedurig oorskrywe in ‘liedjiesboekies’

Daar lewe vandag nog in ons land baie ou mense wat hierdie minneliedjie in hul jeug nog dikwels gedurende die pouses op danspartytjies gesing het, of op die weg daarheen of daarvandaan. Uit die mond van sulke landgenote kon ons nog die teks opteken

1.
 ‘'n Dapper (kloeke) jag(t)er vrees g'n kou;
 (Ha! ha!)
 Maar stap (treed) kloekmoedig deur die dou;
 (Ha! ha!)
 'n Minnaar wat (my) opreg bemin(t)
 Ontsien g'n hael, sneeu of wind.
 (Ha! ha!)
 (Ha! ha! Ha! ha!’)

2.
 ‘'n Haas wat op sy lêplek wag,
 (Ha! ha!)
 Word van die jag(t)er nie geag;
 (Ha! ha!)
 So ag ons ook g'n juffrou, nee,
 Wat self haar liefde ons wil gee.
 (Wat ons vanself haar hart wil gee).
 (Ha! ha!)
 (Ha! ha! Ha! ha!’)

3.
 ‘Ons ag 'n juffrou vol van gloed,
 (Ha! ha!)
 Wat ons met moeite kryge moet:
 (Ha! ha!)
 Hoemeer 'n nooi my teëstaan,
 Hoe hoër dat my liefde gaan.
 (Ha! ha!)
 (Ha! ha! Ha! ha!’)

4.
 ‘Dus, meisie(s)lief, bestee jou (jul) tyd,
 (Ha! ha!)
 Voordat die jeug en min verslyt;
 (Ha! ha!)
 'n Boompie kry sy blaartjies weer,
 Maar jy (jul) jou (jul) jonkheid nooit nie weer.
 (Ha! ha!)
 (Ha! ha! Ha! ha!’)

5.
 ‘Jy het jou strikkies uitgeset,
 (Ha! ha!)
 Om my te vange in jou net;
 (Jy vang my listig in jou net);
 (Ha! ha!)
 Met die bruin (mooi) ogies kwel jy my,
 Vergun dat ek jou minnaar sy.
 (Ha! ha!)
 (Ha! ha! Ha! ha!)

Variante: -
1. I.p.v. vers 3.

 ‘Kry ons 'n haas met moeite en sweet,
 (Ha! ha!)
 Het ons die tyd ook wel besteed:
 (Ha! ha!)
 So ag ons 'n noointjie vol van gloed
 Wat ons met moeite kryge moet.’ ens.
2. I.p.v. vers 4.

 ‘Ons jaag deur bos en wildernis,
 (Ha! ha!)
 Die wild wat jong en dartel is,
 (Ha! ha!)
 So jaag 'n minnaar altyd bly;
 Kry hy sy bruidjie aan sy sy.’ ens

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Go to full version