Woordskuur > Woordmuseum: Liedjies & Verse uit toeka se dae

Diereversies

<< < (2/5) > >>

Naas:
'n ou bekende. Wonder wie onthou hom nog uit 19lankgelede.

Jakkals nooi vir gansie
"kom eet vanaand by my.
Daar's heerlike kossies
en uitjies uit die vlei."
"Nee dankie," se die gansie.
"al is daar uitjie sop. (Al staan jy op jou kop)
As ek vanaand by jou kom eet
vreet jy my sekerlik op."


 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Hierdie versie het die perfekte ritme Naas. Mal daaroor. Ons het die weergawe van 'al staan jy op jou kop' geleer  :love7:

Assie:
Ek weet nou nie of dit hier geplaas moet word nie maar wanneer daardie onrustige hennetjie moeilikheid op die plaas uitbroei se Oupa jimmers die rympie op.
"Twee tarrentale jaag 'n afkophaan.
Daar kommie duiwel in die appelboord aan
en hy jaag sy dissiepels dat die stof so staan.
Twee tarrentale jaag daai afkophaan."


 :mumum:

Meraai vannie Baai:
Hy staan reg, en ek, ek hebt geniet!  :toothy4:

PM:
Swart skaap
Swart skaap, swart skaap,
het jy baie wol?
Ja baas, ja baas,
drie sakke vol.
Een vir die nooi,
en een vir die baas,
en een vir die seuntjie wat so baie kan raas.

Tien klein paddatjies
Tien klein paddatjies kom sit in ‘n kring,
bring julle boekies en laat ons sing.
Maak julle bekkies wawyd oop
en sing vir my so soet soos stroop.
Kwak-kwak-kwak,
Kwek-kwek-kwek,
Tien klein paddatjies maak my gek!
(W. D. Bosman)

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version