Woordskuur > Woordmuseum: Liedjies & Verse uit toeka se dae

Diereversies

<< < (3/5) > >>

Meraai vannie Baai:
Wat 'n voorreg om die ou ou versies weer te sien blom  :toothy4: Dankie vir aandra en deel matertjie!

PM:


Moeder Makou en haar kleine Piet

 

Dis moeder Makou en haar kleine Piet,

as jy nader kom dat sy  dit bespied,

dan lig sy haar kop en kyk vir jou

asof sy vra : "Wat is dit nou?

Wil jy Pietjie hê, wil jy Pietjie steel -

my liewe klein bolletjie goudfluweel?"

 

En sy sê met haar omdraai al skuddend haar stert:

"Nee, die hele wêreld is Pietjie nie werd.

Kom ons loop." En hy volg haar in trippeldraf klein

op sy sagte voetjies van geel satyn.

 

as sy waak, sit hy en slaap, onbewus van haar angs.

of hy trippel rond op 'n goggatjie-vangs;

pik mis en te laat na 'n motjie wat vlug

en struikel onhandig en val op sy rug.

 

Die wêreld daarbuite mag staan of mag val,

ons erf is vir Pietjie en Ma die heelal,

want Ma het vir Pietjie en Piet het vir Ma,

daar's niks wat hul meer van hul daggie vra

as, totdat hul tydjie word opgesê,

net lief te hê, net lief te hê.

 

-- Jan F.E. Cilliers  --

PM:
Kokkewiet

 

Kokkewiet, kokkewiet,

my vrou is siek

in die middel van die week

maar Sondag niet.

Gee ek haar boontjies

dan roer sy haar toontjies,

gee ek haar 'n ertjie

dan kwispel haar stertjie,

gee ek haar sop

dan skop sy agterop.

Meraai vannie Baai:
Uit die skatkis van ons verlede   :love7: :notworthy: :icon_salut:

PM:
Die weergawe waarmee ek groot geword het is:

Kokkewiet Kokkewiet

my vrou is siek

in die middel van die week

maar Sondag niet.

Sondag gaan sy na die kerk,

maar in die middel van die week

dan moet sy werk.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version