Author Topic: Die dwergies (C. Louis Leipoldt)  (Read 1994 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Die dwergies (C. Louis Leipoldt)
« on: January 20, 2013, 12:19:30 AM »
Aangedra deur PM: Die dwergies   (C. Louis Leipoldt)

In ʼn gat daar onder die sukkeldoring
Het ʼn dwergieman sy huis.
Die mure daarvan is goudgeel klei,
En die vloer van silwergruis.

En die lampe is klein vuurvliegies,
Wat skitter soos sonneskyn
As die groen van die skemeraand val
En die son se glans verdwyn.

Die stoele is bergkristalle,
Wat onder die liggies blink;
Die tafel ʼn groot wit paddastoel,
Met sy steel in die gruis gesink.

Die kussings is fynste wit kapok
Uit tinktinkie-nes gesteel;
En die deurgordyn is ʼn mierkatvel,
So sag soos sagte ferweel.

Hier lewe die dwergie die jare deur
Waar niemand hom ooit sal stoor;
En hy en sy vrou kom net maar uit
Om water te haal uit die voor.