Woordskuur > Woordmuseum: Liedjies & Verse uit toeka se dae

Daar's 'n modd'rige sloot in die Vrystaat

(1/2) > >>

Meraai vannie Baai:
Inleiding:

Tra-la-la tra-la-la tra-la-la-laaa ...
Tra-la-la tra-la-la tra-la-laaa ...

Daar's 'n modd'rige sloot in die Vrystaat
En my sweetheart die wag daar op my --
In die modd'rige sloot in die Vrystaat
Waar die Friesbeeste wei op die klei.
In die modd'rige sloot in die Vrystaat
Waar die Friesbeeste wei op die klei.

Pas dan op, my getroue geliefde,
Gee jy straks nog 'n soentjie vir my,
Gly ons dalk in daai sloot in die Vrystaat
En dan trap ons nog klei as ons vry.
Gly ons dalk in daai sloot in die Vrystaat
En dan trap ons nog klei as ons vry.

Naas:
Hei hei
Ons gaan nou bly
In daai moddersloot
Van klei
Gly gly
Sal ons daar vry
In daai modder
Sloot van klei.

Eers gryp ek jou
Dan gryp jy my
So gly gly
In daai sloot van klei
Daar het ek
vir jou gekry
Daar sal ons
Vir ewig bly

 :icon_bigsmurf:

PM:
Woeker julle twee met jul talente.  Pragtig gedoen, ek is ook nou lus vir die Vrystaat. 

Naas:
Die vry of die klei?

 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Ek kan my altyd verluister hoe die reels herhaal word. Musiek en woorde is een twee van die baie lekker dinge in die lewe wat my regop hou  :angel4:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version