Author Topic: Uit die kultuurskatkis: Koudlei-liedjies  (Read 6029 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Uit die kultuurskatkis: Koudlei-liedjies
« on: January 22, 2013, 12:06:02 AM »
Afrikaanse minneliedjies ook bekend as koudlei-liedjies ( terwyl die paartjies na afloop van die dans mekaar koudlei vóór die volgende ‘vervat’) is met  sy kleurryke 'blomtaal' in die trant van die middel-euse Roman de la Rose 'n ware tradisie- en kultuurskatkis vir ons vandag.

Die optekening van ons minneliedjies was die gevolg van 'n onbewus-goeie ou voorvaderlike gewoonte, wat so langsamerhand 'n volkstradisie geword het, en deur die nalating waarvan die jonger geslagte onbetaalbare nasionale erfgoedere aan die vergetelheid en die vreemdelinge prysgegee het

Elke jongeling en jonge nooi had 'n liedjiesboekie, wat altyd groter werd, omdat daarin gedurig nuwe liedjies bygeskrywe werd. En die jonkman wat die meeste en mooiste liedjies kon sing had al dadelik 'n strepie vooruit....

Opmerklik is hoe die taal en styl in die minneliedjies deftiger is as in die piekniekliedjies.
 
Die volgende liedjie is beskrywend van 'n tipiesie Afrikaanse romantiese 'opsitaandjie'. Alhoewel die slotvers tipies Hollands-Afrikaans is. Die taalvorme vertoon nog 'n tussending tussen Hollands en Afrikaans.

‘Om ag-uur die aand raak oom Stoffel aan d'gaap,
En sê toe: ‘Wel, kinders, ek wil nou gaan slaap.’

‘Ek sal hier 'n kers op die tafeltjie laat,
Solang as hy brand, kan jul sit praat.
'n Rukkie daarna gaan die kers skielik dood,
En Jatjie die raak toe gedug in die nood;
Sy was wel verleë, maar glad tog nie kwaad;
Die kans was te mooi om nou soetjies te praat.’

‘Want Jasper die gryp haar meteens by die hand;
Sy arme omvat haar net soos 'n lyfband;
Terwyl sy in stilte hom saggies hoor vra:
“Kom sal ons ons skapies in één klompie ja?”
Sy antwoord: “Dit doen ons nou eendag gerus,”
En segel die woord met 'n hoorbare kus!’

 ‘Ek was die aand “ge-introduce”,
En ek sit ook aan haar sy:
Ag wêeld! ek het toe so gespog:
Ek dog sy was verliefd op my!
Toe sing ons saam uit die Sankey-boek:
“O! happy are we tonight!”
Toe bak sy vir ons pannekoek,
Toe was die ding “alright!”’

*Navorsingsbronne:
S.P.E. Boshoff en L.J. du Plessis, Afrikaanse volksliedjies. Deel 2. Minneliedjies32
http://www.ee.sun.ac.za/~lochner/blerkas/
http://www.vetseun.co.za/anarkans/skryf/fakvolks2001.html





Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit die kultuurskatkis: Koudlei-liedjies
« Reply #1 on: January 22, 2013, 12:08:31 AM »
Toenderjare was die perd as vervoermiddel gebruik en trap dan ook diep spore in die ou minneliedjies.
'n Paar beskrywings van die vryersvervoermiddel: 'n blesperd, blouperd, rooiperd, bruinperd, vosperd, kolperd, krulstert, skimmer of trippelaar.

 Hierdie 2 humoristiese versies MOET die woorddief eers aanhaal: 

‘My ma het gesê jy kan my kry,
Solang as jy op die vosperd ry;
As jy die vosperd wil verkoop,
Kan jy maar na jou moer toe loop;
As jy die vosperd wil behou,
Kan jy gerus met my gaan trou!’

****************************

In ‘Volstruis is dood’ het die ‘swarthaar nooi’ aan haar minnaar 'n brief gestuur: -
 
‘As jy die blesperd ry,
Kan jy na my kom vry;
Maar as jy die blesperd wil verkoop,
Kan jy gerus na jou swernoot loop!’

****************************

DIE BLINK VOSPERD
Woorde: M. VAN NIEKERK: Vers 1; PIERRE MALAN: Vers 2, 3
Musiek: M. VAN NIEKERK; verwerk: PIERRE MALAN

O, ek het 'n perd, 'n blink vosperd met 'n splinternuwe saal;
en ek klim op my perd, my blink vosperd, en ek kom om jou te haal.
Want jy't gesê as ek jou wil hê dan moet ek jou kom haal
op 'n mooi ryperd, 'n blink vosperd, met 'n splinternuwe saal;
op 'n mooi ryperd, 'n blink vosperd, met 'n splinternuwe saal.

En nou't ek 'n nooi, 'n mooie nooi en een ding is maar klaar:
is die oes eers verby, saal'k op en ry met my blink vosperd na haar
om haar te vra om met my te trou, my vosperd blink mos mooi.
Op 'n flink galop ry ek na haar, sy's my plaas se nuwe nooi;
op 'n flink galop ry ek na haar, sy's my plaas se nuwe nooi.

En nou's ons getroud en het 'n span van twaalf groot seuns as kroos;
en elkeen wil nou 'n vosperd hê om 'n nooi'ntjie te gaan troos!
Ag luister tog na goeie raad: as jy 'n vosperd kry,
ry dan liewer rond op jou eie plaas waar jy nooi'ntjies kan vermy;
ry dan liewer rond op jou eie plaas waar jy nooi'ntjies kan vermy!

***************************

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit die kultuurskatkis: Koudlei-liedjies
« Reply #2 on: January 22, 2013, 12:09:29 AM »
Die jong vryer is beskryf as: ‘jongkêel’, 'n ‘kêel’, 'n ‘minnaar’, 'n ‘jongheertjie’, 'n ‘vriend’ of 'n ‘herder’

Beskrywende woorde vir die verontregte vryer: Hy is ‘deurwond’ / ‘deurgriefd’ / voel ‘smart’ in sy
hart, wanneer hy dink aan sy ‘swarthaar’, sy ‘vaalhaar’ sy ‘geellokhaar’, aan sy nooi
met ‘bonte (blonde) lokke’, wat sag is ‘soos lammertjieswol’! Sy is 'n ‘blou-oog’,
'n ‘bruinoog’ of 'n ‘swartoog’.

(Wysie onbekend).
1.‘Skoon Isabel, hoor na my droewig klae,
Ontvang my trou in so 'n korte stond.
Jou hart en siel die staan in my behae,
Jou liewe lippies en jou rooie mond.
Want jou soet wese
Kan my genese
Van al my pyn en smart,
Wat ek voel aan my hart.

Nog 'n tranetrekkertjie:

CALEDONSE LIEFDESLIEDJIE
Woorde: Tradisioneel
Musiek: S.A. Volkswysie, opgeteken deur C.G.S. DE VILLIERS in die distrik Caledon; verwerk: REINO OTTERMAN

O, die allerliefste sugte wat gegrond was aan my hart!
Ek wou van die liefde wyke, maar dit druk my vas met smart.

Smart met liefde saam verbonde hou my in gedagtenis
dat in al my droewe dae steeds 'n allerliefste is.


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit die kultuurskatkis: Koudlei-liedjies
« Reply #3 on: January 22, 2013, 12:10:49 AM »
Daar was geen tekort aan beskrywende name vir die jonge dame: ‘sielsvriendin’, ‘engelin’, ‘sielsjuweel’, ‘hartjie’, ‘liefie’, ‘nonnie’, ‘nooi’, ‘pop’, ‘nonna’, ‘noointjie’, ‘vriendin’, ‘kortrokdraer’, ‘wyf(ie)’, ‘niggie’, ‘sussie’, ‘koek’, ‘skat’ en natuurlik ook ‘soetliefie’.

DIE AFRIKAANSE POP

Woorde: JANNIE, uit die koerant: "De Goede Hoop"
Musiek: J.C. GRÜBEL; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

Die wêreld, die is baie groot; dit weet die aap se stert,
en oral kry jy meisies wat 'n heleboel is werd.
Maar jy kan gaan van Oos tot Wes, en 'k wed jou vir 'n dop,
dat nêrens kry jy so 'n nooi soos die Afrikaanse pop!
Dat nêrens kry jy so 'n nooi soos die Afrikaanse pop!

Die Franse nooi haar ogies blink baie lief, dit moet ek sê;
haar neusie is so fyn en fraai en glad as jy wil hê!
Sy's baie aanlokkend, ja dis waar, maar kêreltjie pasop!
Gaan kry jou tienmaal liewer tog 'n Afrikaanse pop!
Gaan kry jou tienmaal liewer tog 'n Afrikaanse pop!

Die "Fräulein" uit die gawe land van worsies en van bier
is 'n bekoorlik singertjie en tuis by die klavier;
maar hoe jou frikkadel te braai en hoe te kook jou sop,
daar kom sy by die hak nie van die Afrikaanse pop,
daar kom sy by die hak nie van die Afrikaanse pop!

Die Skotse blou-oog "lassie" met haar stem van silwer klank,
het wangetjies soos rose en 'n nekkie lelieblank;
maar al-la-let!  Sy is te fyn, te tenger boonop,
om skouer aan die wiel te sit, soos die Afrikaanse pop,
om skouer aan die wiel te sit, soos die Afrikaanse pop!

Die "miss" uit Engeland die weet hoe om hoedjies te bestel
en van teaters kan sy jou 'n ganse lot vertel;
maar as jy graag 'n vrou wil hê wat ook jou kous kan stop,
vry dat dit kraak, ou boetie, na 'n Afrikaanse pop,
vry dat dit kraak, ou boetie, na 'n Afrikaanse pop!

Laat ander sê wat ander wil, maar hierso staan ek by:
Jy kan g'n beter wyfie in die hele wêreld kry:
Gesond, beskeie, sag en soet en vlytig nog boonop,
sy's tog 'n alte liewe ding--die Afrikaanse pop!
Sy's tog 'n alte liewe ding--die Afrikaanse pop!

*************************
 
Die jonge nooientjie se skoonhede is bekoorlik omskrywe: die eienskappe van haar lokkies, ogies, neusie, lippies, mondjie, voetjies, handjies en nekkie soos bv: 

MY NOOIENTJIE HET 'N ROSEMOND

Woorde: NUNEZ HOLTZHAUSEN; gewysig P. MCLACHLAN
Musiek: JOHANNES BRAHMS

My nooientjie het 'n rosemond
en wie haar soen hy word gesond,
o ja, o ja, o ja!
O rooilip hartediefstetjie,
O la, la, la, la, la,
o la, la, la, la, la,
my allerliefste jy!

Haar oë is swart soos 'n donker nag,
as net die sterretjies bo ons lag,
o ja, o ja, o ja!
O swartoog hartediefstetjie,
O la, la, la, la, la,
o la, la, la, la, la,
my allerliefste jy!

Die hemel blou is 'n beeld so skoon
van liefde wat in haar hartjie woon,
o ja, o ja, o ja!
O liefste hartediefstetjie,
O la, la, la, la, la,
o la, la, la, la, la,
my allerliefste jy!

*********************

FYN SOOS 'N VLINDER

Woorde: M.L. DE VILLIERS
Musiek: M.L. DE VILLIERS

Fyn soos 'n vlinder, sag soos satyn;
niks sal ons hinder, liefste Maryn.
Onder die bome loop ons en droom--
lieflike drome langes die stroom.
O liewe uurtjie, waar is jy nou?
O liefdesvuurtjie, sterf jy so gou?
Droef is my lewe sonder jou lag;
doelloos my strewe, klaar is my dag.

*******************

JY IS TOG SO LIEF EN BEMINLIK

Woorde: DIRKIE DE VILLIERS
Musiek: Uit die Kwast liederbundel; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

Jy is tog so lief en beminlik,
jou lippies so blosend en teer.
Jy het die betow'rendste ogies.
Ag, liefling, ek soek tog niks meer?
Jy het die betow'rendste ogies
Ag, liefling, ek soek tog niks meer?

O, mag ek jou mondjie nou nader?
Ek plaas daar 'n soentjie op neer.
Ek druk jou verruk aan my hartjie.
My liefste, jy soek tog niks meer?
Ek druk jou verruk aan my hartjie.
My liefste, jy soek tog niks meer?

En kry ek nou dit vir my liedjie:
'n soentjie, 'n glimlaggie weer,
dan stroom die geluk my weer teë
en liefie, dan wens ek niks meer.
Dan stroom die geluk my weer teë
en liefie, dan wens ek niks meer.


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit die kultuurskatkis: Koudlei-liedjies
« Reply #4 on: January 22, 2013, 12:12:09 AM »
Die geliefde nooi word dan ook soms beskryf as 'n soort natuursimboliek: ‘blaartjie’, 'n ‘blommetjie’, 'n ‘appelliefie’ of 'n ‘doringblaar’, en sy gewoonhk ‘rietskraal’! Sy, 'n ‘hartlief’ en 'n ‘hartedief’:

'N LIEFDESLIEDJIE

Woorde: C.F. VISSER, na "Du, du liegst mir am Herzen"
Musiek: Volkswysie 1820; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

Jy, jy is my klein hartedief.
Jou, jou het ek so lief.
Jy, jy laat my so treurig voel,
weet tog hoe goed ek bedoel;
Ja, ja, ja, ja,
weet tog hoe goed ek bedoel.

Jy, jy kan soms so tergsiek wees,
ja, so wankel van sin;
jy, jy kan soms vererg ook wees,
weet tog dat ek jou bemin.
Ja, ja, ja, ja,
weet tog dat ek jou bemin.

En, en is ek daar ver alleen,
dan, dan dink ek aan jou.
Hoe, hoe trek jy my dan hierheen
tot ek dit langer nie hou.
Ja, ja, ja, ja,
tot ek dit langer nie hou.

*******

So word die ontmoetings by 'n moerbeiboom of geeldoringboom dan ook verwoord:

MY NOOI'NTJIELIEF IN DIE MOERBEIBOOM

Woorde: THEO W. JANDRELL
Musiek: A. CONRADI; verwerk: PIERRE MALAN

My nooi'ntjielief in die moerbeiboom, hoor jy my minnelied,
van liefdevuur en van lentedroom, van vreugde en verdriet?
Kom af, my nooi, ek verlang na jou, soos blomme smag na die môredou.
My nooi'ntjielief in die moerbeiboom, hoor jy my minnelied?
My nooi'ntjielief in die moerbeiboom, hoor jy my minnelied?

My nooi'ntjielief in die moerbeiboom, hoor jy my lied so bly?
O waarom dan tog so skaam en skroom, of terg jy maar vir my?
Daar's lag en lewe in sonneskyn; kom af, my nooi, eer die daglig kwyn.
My nooi'ntjielief in die moerbeiboom, hoor jy my lied so bly?
My nooi'ntjielief in die moerbeiboom, hoor jy my lied so bly?

My nooi'ntjie het in die moerbeiboom my minnelied gehoor,
van liefdevuur en van lentedroom, dit het haar hart bekoor.
Ek sien daarbo, waar die blare roer, twee ogies laggend deur lower loer.
My nooi'ntjie het in die moerbeiboom my minnelied gehoor;
my nooi'ntjie het in die moerbeiboom my minnelied gehoor.

*************************************

SY'S 'N PERSKEBLOM

Woorde: M.L. DE VILLIERS
Musiek: M.L. DE VILLIERS

Boetie, sy's 'n perskeblom,
rosig fyn van kleur;
moenie wag nie, kêrel kom,
pluk haar in haar fleur.
Maak jou buiging, vat haar hand,
gly nou heen en weer;
nog 'n buiging, nog 'n groet,
speel dan nog 'n keer.
Maak jou buiging, vat haar hand,
gly nou heen en weer;
nog 'n buiging, nog 'n groet,
pluk haar in haar fleur.

******************************

ROSIE VAN DIE VELDE

Woorde: H.F.G. KUSCHKE, na Goethe
Musiek: HEINRICH WERNER

Knapie sien 'n rosie staan,
Rosie van die velde.
Haastig het hy toe gegaan,
staar dit met verrukking aan;
sien so 'n skoonheid selde.
Rosie, rosie, rosigrooi,
Rosie van die velde.

Knapie sê: Ek pluk jou nou,
Rosie van die velde.
Rosie sê: Dan steek ek jou
dat jy altyd sal onthou
Rosie steek met spelde.
Rosie, rosie, rosigrooi,
Rosie van die velde.

Maar die ruwe knapie breek
Rosie van die velde.
Rosie hou haar woord en wreek
Knapie's moedswil met 'n steek--
tog moet sy't ontgelde.
Rosie, rosie, rosigrooi,
Rosie van die velde.

*************************

MY BOERENOOI

Woorde: THEO W. JANDRELL, na "Über Berg und Tal"
Musiek: Komponis onbekend

Ver oor berg en dal ruis die waterval,
joe-paai-die, joe-paai-die-aai-da!
soele windjies jakker bly oor tuin en akker,
joe-paai-die, jou-paai-die-aai-da!
Wyd oor veld en vlei, waar die skapies wei,
joe-paai-die, joe-pa, joe-pa, joe-pa, joe-paai-da!
wemel lentekleure, sweef die lentegeure,
joe-paai-die, joe-pa, joe-pa, joe-paai-da!
Onder in die dal, langs die waterval,
staan 'n strooidakhuis, waar die waters ruis,
langs die waterval, onder in die dal,
so lief, so mooi, daar woon my boerenooi.

Ver oor berg en dal ruis die waterval,
joe-paai-die, joe-paai-die-aai-da!
eendjies op die plassies, blomme in die grassies,
joe-paai-die, joe-paai-die-aai-da!
Lelie, violet, roos en minjonet,
joe-paai-die, joe-pa, joe-pa, joe-pa, joe-paai-da!
Duifies in die bome, vissies in die strome,
joe-paai-die, joe-pa, joe-pa, joe-paai-da!
Onder in die dal, langs die waterval,
woon die nooi van my, lief en mooi verby,
langs die waterval, onder in die dal,
o, daar woon sy, die boerenooi van my!

***********************************

So verskyn daar onder ons minneliedjies
'n geselligheidslied vir die Nuwe Jaar met al sy vrolikhede:
 
‘Mooie meisies,
fraaie bloeme:
Al die meisies wil ek soene.
Sit die nonnas op 'n ry,
Kyk hoe mooi is sy vir my!
Kan ek al die nonnas krye,
Ek sal hul aan 'n snoertjie rye,.....
Snoertjie rye, paar aan paar:
Skink die jonkmans die Nuwe Jaar!’

En vanuit 'n ander minneliedjie:

‘Daar kom die trippelaar,
 Die trippelaar van Frits de Jager,
 Hy kom vir die Nuwe Jaar:
 Dit sien jy aan sy haar!’
 

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit die kultuurskatkis: Koudlei-liedjies
« Reply #5 on: January 22, 2013, 12:13:46 AM »
Pollie is 'n geliefde meisiesnaam in die Afrikaanse minne-dans-liedjies. Dis eintlik Engels en kom meer voor in die Boland . 

In die onderstaande liedjie is die kêrel besig om die ja-woord te vra; maar hy val sommer met die deur in die huis en gelukkig hoef die nooi (in die meeste gevalle) dit nie al te ernstig op te neem nie!   

1.
Staan, Pollie, staan!
‘Staa - - n, Pollie, staa - - n!
En laat jouw gedagte gaan,
Dat jij vir mij kan sê,
Hoe vèr die liefde lê.’
 
2.
‘Staa - - n, Pollie, staa - - n!
En laat jouw gedagte gaan,
Dat jij vir mij kan sê,
Of jij vir mij wil hê.’

Hier is 'n meer bekende enetjie:

POLLIE, ONS GAAN PÊREL TOE

Woorde: Tradisioneel en C.J. LANGENHOVEN
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1978

[tradisioneel]

[1]
Pollie, ons gaan Pêrel toe,
Pollie, ons gaan Pêrel toe,
Pollie, ons gaan Pêrel toe;
ek en jy alleen!

[2]
Stadig stap in die harde pad,
stadig stap in die harde pad,
stadig stap in die harde pad;
ek en jy alleen!

[C.J. Langenhoven]

[1]
Pollie gaan mos Pêrel toe,
Pollie gaan mos Pêrel toe,
Pollie gaan mos Pêrel toe.
Wat gaan sy daar maak?

[2]
Sy gaan na haar kêrel toe,
sy gaan na haar kêrel toe,
sy gaan na haar kêrel toe
soos dit niemand traak.

[3]
En wat sal die wêreld sê?
En wat sal die wêreld sê?
En wat sal die wêreld sê?
Pollie gaan alleen!

[4]
Sy sal aan die wêreld sê,
sy sal aan die wêreld sê,
sy sal aan die wêreld sê:
"Skeer vir my part heen."

[5]
Gaan sy regtig Pêrel toe?
Gaan sy regtig Pêrel toe?
Gaan sy regtig Pêrel toe,
Pollie stokalleen?

[6]
Stokalleen, ja, stokalleen,
stokalleen, ja, stokalleen,
stokalleen, ja, stokalleen;
ek en sy alleen.

[7]
En wat sal haar kêrel sê?
En wat sal haar kêrel sê?
En wat sal haar kêrel sê?
Jy en sy alleen!

[8]
Sy gaan om hom af te sê,
sy gaan om hom af te sê,
sy gaan om hom af te sê;
dan bly ons alleen.

[9]
Wat gaan jy en sy dan doen?
Wat gaan jy en sy dan doen?
Wat gaan jy en sy dan doen;
jy en sy alleen?

[10]
Ons gaan in die Pêrel soen,
ons gaan in die Pêrel soen,
ons gaan in die Pêrel soen;
ek en sy alleen.

[Saam]
Pollie, ons gaan Pêrel toe,
Pollie, ons gaan Pêrel toe,
Pollie, ons gaan Pêrel toe,
ek en jy alleen.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit die kultuurskatkis: Koudlei-liedjies
« Reply #6 on: January 22, 2013, 12:14:48 AM »
Jagters minnelied.

Hierdie allegoriese ‘Jagters Minnelied’ is een van die populêrste en onder die boeremense bes bekende ‘koudleiliedjies’

Hierdie minnelied herinner ons aan die erotiese liriek van die Renaissance, en na die half-argaïstiese taalvorme beoordeeld, is dit seker van Hollandse oorsprong, maar dit is sterk verafrikaans deur die sing en die gedurig oorskrywe in ‘liedjiesboekies’

Daar lewe vandag nog in ons land baie ou mense wat hierdie minneliedjie in hul jeug nog dikwels gedurende die pouses op danspartytjies gesing het, of op die weg daarheen of daarvandaan. Uit die mond van sulke landgenote kon ons nog die teks opteken

1.
 ‘'n Dapper (kloeke) jag(t)er vrees g'n kou;
 (Ha! ha!)
 Maar stap (treed) kloekmoedig deur die dou;
 (Ha! ha!)
 'n Minnaar wat (my) opreg bemin(t)
 Ontsien g'n hael, sneeu of wind.
 (Ha! ha!)
 (Ha! ha! Ha! ha!’)

2.
 ‘'n Haas wat op sy lêplek wag,
 (Ha! ha!)
 Word van die jag(t)er nie geag;
 (Ha! ha!)
 So ag ons ook g'n juffrou, nee,
 Wat self haar liefde ons wil gee.
 (Wat ons vanself haar hart wil gee).
 (Ha! ha!)
 (Ha! ha! Ha! ha!’)

3.
 ‘Ons ag 'n juffrou vol van gloed,
 (Ha! ha!)
 Wat ons met moeite kryge moet:
 (Ha! ha!)
 Hoemeer 'n nooi my teëstaan,
 Hoe hoër dat my liefde gaan.
 (Ha! ha!)
 (Ha! ha! Ha! ha!’)

4.
 ‘Dus, meisie(s)lief, bestee jou (jul) tyd,
 (Ha! ha!)
 Voordat die jeug en min verslyt;
 (Ha! ha!)
 'n Boompie kry sy blaartjies weer,
 Maar jy (jul) jou (jul) jonkheid nooit nie weer.
 (Ha! ha!)
 (Ha! ha! Ha! ha!’)

5.
 ‘Jy het jou strikkies uitgeset,
 (Ha! ha!)
 Om my te vange in jou net;
 (Jy vang my listig in jou net);
 (Ha! ha!)
 Met die bruin (mooi) ogies kwel jy my,
 Vergun dat ek jou minnaar sy.
 (Ha! ha!)
 (Ha! ha! Ha! ha!)

Variante: -
1. I.p.v. vers 3.

 ‘Kry ons 'n haas met moeite en sweet,
 (Ha! ha!)
 Het ons die tyd ook wel besteed:
 (Ha! ha!)
 So ag ons 'n noointjie vol van gloed
 Wat ons met moeite kryge moet.’ ens.
2. I.p.v. vers 4.

 ‘Ons jaag deur bos en wildernis,
 (Ha! ha!)
 Die wild wat jong en dartel is,
 (Ha! ha!)
 So jaag 'n minnaar altyd bly;
 Kry hy sy bruidjie aan sy sy.’ ens