Die kuierstoep > Die kiekiekyk plek

Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013

<< < (5/5)

Meraai vannie Baai:
Weer probeer om die foto op te spoor van die bytjie op die lelie PM maar heelaas, tussen der duisende omtrent 'n onbegonne taak   :icon_bigsmurf: Kon darem vir jou die brawe laaste pogings om te blom van ons ander waterlelies vanoggend afneem. Herfs is besig om sy merke te maak.



Van bietjie nader...





Meraai vannie Baai:
Kon nou wel nie die bytjie-foto kry maar die baba monstertjie het so pragtig vir my geloer vandag, dat ek hom toe ook maar liefies kliek. Mens moet mooi kyk om hom raak te sien waar hy lief is om in die son te baai. Die outjie het hier in ons tuin die eerste lewenslig aanskou en sy ouers vele male afgeneem onder die moerbeiboom  :icon_biggrin:



Skies. Foto is uit fokus maar wou die pragtige merke op sy lyfie wys.





PM:
Goeiste, kyk nou net!  Die goggatjie is werklik pragtig en ek lief die stomp waarop hy/sy sit!

Ons is ook bevoorreg om 'n paar soorte "koggelmannertjies" hier te hĂȘ.  Dan het ons ook die likkewane wat heelwat groter word.  Hulle is nogal baie lastig deurdat hulle nes maak bo in die dak. 

Baie dankie vir die deel Raaitjie, dit is wonderlik. 

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Go to full version