Author Topic: Knysna kringe  (Read 2473 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Knysna kringe
« on: March 04, 2013, 12:03:04 PM »
Knysna. Pragtig word hier vervaardig.
Dit is ook die eerste dorp waar die N2 uit die hoofstraat uit afdraai. As jy dit nie weet nie, sit jy Saterdagoggend vir twee dae, drie nagte en vier-en-twintig uur in die dorp se hoofstraat vas. As jy die borde reg lees en wel afdraai om die N2 kuslangs te vat kan jy darem verwag om dieselfde Saterdag nog deur die dorp te wees.
Kuier in Knysna is ‘n fees. Daar is so baie om te doen. Jy kan slurpdiere in die bosse gaan soek onder Fiela se moerbyboom of jy kan oesters gaan eet vars uit die skulp uit. Dan is daar natuurlik nog al die water en die sports wat daarmee saamgaan. Bootry, ski en visvang om maar ‘n paar te noem.
Dis nou by daai visvang waar ek nou eers bietjie wil vashaak. Ek is mos nou nie juis ‘n visserman nie so van lieg oor grootes wat weggekom het weet ek nou nie juis veel nie. Ek het wel een Saterdag, terwyl my vrou gesukkel het om die motor deur die hoofstraat te kry, saam met ‘n paar lokale manne gaan stokvis vang. Maar die wat my ken sal weet dat ek nie sommer tevrede is met die gewone nie. Terwyl hulle stokvis vang het ek sommer die hele boom gevang. Die boot se boom.
Nee, sonder grappies, dit was vir my nogal ‘n lekker ervaring. Veral die uitgaan en inkom deur die koppe of Heads soos hulle dit noem.
Saterdagaand, nadat ek al die vis wat ek gevang het skoongemaak en verwerk het, was my vrou regoor die Central hotel met die motor. Ek besluit toe dat ons maar daar sou oorbly en dan gaan ek maar Sondag in die meer visvang terwyl sy die motor deur die res van die dorp probeer kry.
Sondagoggend val ek toe daar saam met ‘n paar ander manne in. Pomp sommer daar onder die treinbrug ‘n paar bloedwurms en sit die saam met ‘n hoek in die water.
Die visse is maar stil. So nou en dan trek iemand ‘n klipvissie of ‘n strepie in maar by my lyn is dit morsdoodstil.
Ek besluit later dat ek maar net sowel saam met my vrou in die kar kan gaan sit en gesels terwyl ons deur die dorp kruip en ek begin my lyn inkatrol.
Die volgende oomblik breek daar sewe soorte moeilikheid om my los. Daai dertienvoet visstok van my vou dubbel osaf al sy viagra in een oomblik opgeraak het. Ek moet klou vir dood want die stok soek water. Die katrol skreeu blou moord soos ‘n volkswagen enjin wat sonder olie hardloop. Ek probeer die briek van die katrol losdraai maar die is al so warm dat ek eers die oom langsaan moet vra om water oor die ding te gooi.
Hy skreeu net “O hemeltjie tog… dis beslis niks minder as die Knysna monster wat hier op ons toesak nie.”
Om te keer dat die gedoente my nie in die water in sleep nie gryp ek eers ‘n lampaal maar dit stop nie daai ding nie. Toe die grond rondom die paal begin oplig los ek die paal en spring agter een van die treinbrug se pilare in. Daar het ek toe op die ou end genoeg vastrapplek om op gelyke voet met die monster te baklei.
Hy swem eers heen en weer soos ‘n haai en toe harloop hy meer op en meer af. Toe dit so begin skemer raak kom ek agter hy begin nou verstaan wie baas is in die geveg. So halfuur later sien ek my lyn begin diepte verloor. Wat ook al aan die lyn is is besig om oppervlakte toe te kom.
Nie lank nie toe het ek hom bo die water.
Ek kon my eie oge nie glo nie. Ek het toe al die tyd ‘n seeperdjie gevang en sy hoewe slaan vonke uit die water uit soos hy nog steeds probeer wegkom. 


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Knysna kringe
« Reply #1 on: March 04, 2013, 04:16:28 PM »
Ha ha, mooi geskryf Naas dit was lekker om te lees.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Knysna kringe
« Reply #2 on: March 04, 2013, 05:52:25 PM »
Dankie vir die deel matertjie.  Soos gewoonlik het ek dit baie geniet. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Knysna kringe
« Reply #3 on: March 04, 2013, 08:28:17 PM »
Knysna. Pragtig word hier vervaardig.

pragtig! :glasses9:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Knysna kringe
« Reply #4 on: March 05, 2013, 08:46:50 AM »
Ek het eers gou vir Hannes die storie gelees om dit self weer te geniet.  Hannes sê, die groot groot "vistermanne" kan maar by jou kom leer lieg.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Knysna kringe
« Reply #5 on: March 05, 2013, 09:11:14 AM »
Ons eie Langenhoven op sy beste  :hello2: :notworthy:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Knysna kringe
« Reply #6 on: March 05, 2013, 10:13:24 AM »
Sie svir Hannes. Ek het nog nooit in my lewe gelieg nie. Maar mens moet ook nie 'n mooi storie met feite opmors nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Knysna kringe
« Reply #7 on: March 05, 2013, 10:44:08 AM »
Hannes sê hy stem saam, 'n man wat so eerlik kan lieg kan maar 'n paar feite verdraai.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.