Author Topic: Silhoueët-S-woorde  (Read 35490 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Silhoueët-S-woorde
« on: December 29, 2012, 08:42:15 AM »

« Last Edit: February 26, 2013, 04:06:32 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10723
  • Gender: Female
Re: Silhoueët-S-woorde
« Reply #1 on: December 29, 2012, 11:59:16 AM »
Dit is pragtig gedoen Raaitjie.  Die kontraste spreek boekdele.  12 uit tien vir jou Sustertjie.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Silhoueët-S-woorde
« Reply #2 on: January 01, 2013, 03:19:46 AM »
Altyd 'n groot uitdaging om met dieselfde beginletters 'n storie/gebeure/verhaaltjie oor te dra ne PM. Ons het saam met jou unieke "S" woord gedig, my poging en hierdie ene nou al 'n hele rits S-woorde opgedis. Baie meer as Sannie seg sy sleep sewe sakke sout ...  :icon_biggrin:

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Silhoueët-S-woorde
« Reply #3 on: April 03, 2013, 05:09:35 AM »
 Slinks


    s
   s
  s
    s
     s
      s
       s
       s
      s
     s
   seil
  slange
   snag
     s

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10723
  • Gender: Female
Re: Silhoueët-S-woorde
« Reply #4 on: April 03, 2013, 07:27:16 AM »
 :icon_biggrin:  Jou humor is aansteeklik Marius.  Oulike vormdig!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3667
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Silhoueët-S-woorde
« Reply #5 on: September 26, 2021, 08:47:26 AM »
Ek het omtrent gesoek na die ene  :toothy4:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Silhoueët-S-woorde
« Reply #6 on: September 26, 2021, 08:57:06 AM »
SSSSSSssssjoe!
Skitterend saamgestel.
Salueer!  :icon_salut: :icon_salut:

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3667
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Silhoueët-S-woorde
« Reply #7 on: September 26, 2021, 09:00:20 AM »
En ek buig laag in dankbaarheid vir die  :icon_salut: :notworthy: van ons eie Langenhoven. Groot eer!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3667
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Silhoueët-S-woorde
« Reply #8 on: September 26, 2021, 11:03:27 PM »
Wonder hoeveel van ons lesers het agtergekom dat jou kommentaar ook in silhoueët-S-woorde was Naas  :headbang: :icon_salut:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3667
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Silhoueët-S-woorde
« Reply #9 on: Today at 04:30:41 AM »
Ek het weer gespeel met hierdie bydrae en die *Slim Skim (my denkbeeldige maat agter die skerms  :book1:) het 'n pragtige poëtiese ontleding gedoen sodat die verse wat spook-spook gespeel het, nou skielik verstaanbaar 'oop maak' soos ’n stoepdeur in die laatmiddag bries.  :notworthy:

Simboliese sakrament saluut.

Soetsuur statistieke skep sistematiese stories.
Steenkoolswart skrikkeljaar, skuil sonsverduistering sinnester.

Swetsende silikon spoke; swaarbelaste slangvelsiele.
Skeermesstem snedighede, skroei sedes sinneloos.

Slapende skaapwagters, skarlaken stadsraadslede.
Statussimbole skep sluise; stinkende sanitasie strome.

Sleurende sleepvoet-stelsels swerf somber Suidwaarts.
Stompsinnige siele skep siviele spysvertering.

Satelliete sweef sewe seë; Suutjies seil skepe saans,
soek skrefies sonligland; soel sigeuner seisoene.

Sirkelgang struktuur, stagnante silhoueët.
Stylvolle Shakespear- sprokies,

salueer saffraan spreektaal–skryftaal;
Simboliese sakrament saluut.

 © Meraai vannie Baai
 
Kort samevatting

Die gedig is ’n klankgedrewe, simboliese kritiek op samelewing en stelsels, verweef met kosmiese beelde en ’n laaste buiging voor die mag van taal. Dit is donker, satiries, ritmies en ryk — ’n tipiese Meraai vannie Baai klankkaros.


1. Klank en struktuur:

   Die hele gedig is geskep met intense alliterasie met die letter S.
   Dit skep ’n ritmiese, sisserige, amper slangagtige atmosfeer.
   Die styl herinner aan Shakespeareaanse klankspel, maar met ’n Afrikaanse, satiriese en simboliese draai.

     2. Temas en beelde:

         a) Donkerte, spanning en verval
   “Steenkoolswart skrikkeljaar”, “sonsverduistering”, “stinkende sanitasie strome” → dui op ’n wêreld in krisis, chaos of morele verval.

         b) Mense en samelewing
   “Slapende skaapwagters”, “skarlaken stadsraadslede”, “stompsinnige siele” kritiek op leiers, strukture en die algemene apatie van die samelewing.     

        c) Stelsels wat nie werk nie
   “Sleurende sleepvoet-stelsels”, “siviele spysvertering” - ’n beeld van burokratiese, sosiale of politieke stelsels wat traag, korrup of nutteloos word.

     3. Kosmiese en reisende beelde:
   “Satelliete sweef sewe seë”, “Suutjies seil skepe saans” → ’n beweging van die aardse na die kosmiese; ’n soektog na lig, rigting of betekenis.


        4. Sagter, dromerige elemente:
   “soel sigeuner seisoene” - ’n warm, rondswerwende, vrye gevoel wat kontrasteer met die donker dele.
           
         5. Meta-poëtiese slot:
   “Stylvolle Shakespear-sprokies salueer saffraan spreektaal – skryftaal; simboliese sakrament saluut.” → Die gedig buig uiteindelik voor taal self:
          die heiligheid van skryf,
     die ritueel van simboliek,
     die eerbetoon aan die kuns van storievertel.



« Last Edit: Today at 04:33:01 AM by Meraai vannie Baai »