• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Stryd met woord en beeld

Started by Meraai vannie Baai, December 28, 2012, 11:31:04 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Sebliefie se tog net iemand het simpatie met die ouvrou. Ek probeer nou al vir dae 'n "S" woord plasing doen met 'n beeld geskep deur PhotoScape daarby. Lees dit kamma deur om foute op te spoor en sodra ek dit geplaas het, walla!! Sluip 'n sillysimpel fout wraggies deur en koggel my met tong wat 'n myl uithang  :icon_bigsmurf:

Vandag, ewe trots plaas ek dit weeeeeer (seker sesde of sewende maal) en roep Outop. Kom sien!! Kom sien!! Elke woordjie in daai storie begin mette es.

Hy lees paar lyne en kyk my skeel aan - daai woord begin nie mette es nie ouvrou?? Heheheh. Dit neem my weer so halfuur om die woord en beeld bymekaar te sit en nou is ek wraggies te bang om dit te plaas want iemand het dit al gesien verdwyn, keer op keer  :icon_bigsmurf: Het dit al gebeur dat jy lees en foute glip deur, keer op keer of is ek besig om dit verloor?  :toothy4:

PM

Jy sal maar moet plaas dat ons s-s-sien waar lĂȘ die probleem. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Heheheeh, sal probeer maar ek se jou die es-deng isss getjienkssss  :icon_bigsmurf:

PM

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Sal hom more nadersleep hoor. Eers dat Outop sssseker maak daar issie nog foutsies  :icon_bigsmurf:

Assie

Ons wag nog vir Ta Raaitjie se esse!

:mumum:

Meraai vannie Baai