Author Topic: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)  (Read 288913 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #615 on: October 07, 2021, 04:28:00 AM »
 :book1: Hierdie bydrae het omtrent so lywig geword as die uwe haarself  :icon_biggrin: Maar vanoggend se plasing is die einde van die laaste hoofstuk in hierdie biografie van skeet en kwaal. Ek het na nege lange lange jare besef dit is tyd vir halt roep met my soektog na antwoorde en oorspronge. Die gewag op uitslae en soeke na antwoorde knak ons almal se kniege keer op keer.

Die afgelope lang naweek was ons by die kinders op die Goue Kus en was dit die eerste keer na die nuwe uitslae dat ons hulle vrae probeer beantwoord het. Ek glo nie ek sal ons seun se gesig in die spieel ooit vergeet toe hy van agter die stuur vir ons vra "Do we have a time frame mum?" en Outop strak antwoord: "No time frame."

Ek het net gese dat nie een van ons dit het nie. Daar is 'n tyd om gebore te word en jou lewensstrepie hou nie vir ewig aan nie. Vanoggend het die uwe besluit dit is tyd om te aanvaar en net aan te gaan. Antwoorde daal nie letterlik uit die hemel neer nie en ek grawe gate in my geloof op soek na antwoorde wat nie daar is nie. 

Elkeen dra sy of haar kruis en ek is uit Genade bevoegd gevind om myne te kan dra en nou blymoedig te aanvaar.
Sela.
 :book1: :icon_salut:
« Last Edit: October 31, 2021, 11:52:10 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #616 on: October 07, 2021, 06:33:38 AM »
Ta Raatjie, ek het nou hier gelees, gesluk, weer gelees, weer gesluk maar deur die wyse woorde besef hier ry 'n figuurlike ridder op' n wit perd heldhaftig die toekoms in. Die pad onbekend, die bestemming is nie belangrik nie, die veldslae tussen nou en daar sal gewen word. Dieselfde ridder kon langs die pad gaan sit het en oorgegee het.
Ta Raaitjie bly my held en na aan my hart.
Ek weet jy en ek gaan dit wat vir ons oorbly met oorgawe geniet.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #617 on: October 07, 2021, 08:18:05 AM »
En nou sluk ek swaar Naas. Ons gaan die dinge wat kniege wil knak, bloots en in oorgawe uitry. Dit is verseker!  :hello2: :love7: :notworthy:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #618 on: October 07, 2021, 10:54:50 AM »
Oupa se ons toekoms is soos die plaaspad.
Party plekke is die middelmannetjie so hoog dat die gras ons onderstelle skoonvee en die klippe ons holle skraap. Party plekke is die pad gelyk, party plekke is daar sand dan val ons vas of ons stamp ons onderstelle des moers in die potholes. Maar dis alles die moeite werd want by die opstal wag gasvryheid en 'n vars koppie moer.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #619 on: October 07, 2021, 11:34:17 PM »
((((((Assie en haar Oupa))))))  :toothy4: :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #620 on: October 15, 2021, 06:42:43 AM »
Ek stem saam met Naas.  Ook ek lig my hoed en knak my knieg.  Dit is tog so dat dit wat 'n mens nie kan verander nie moet jy aanvaar.  Jy doen dit so moedig Raaitjie.   :hello2: :love7:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #621 on: June 01, 2023, 03:34:51 AM »
Covid-19 en Pulmonale Hipertensie (PH)

Opregte dank vir omgee julle  :notworthy: en op hierdie dankbare noot het die uwe, na ernstige oorweging, besluit om die volgende hoofstuk in ons lewe ook te dokumenteer na lang tye van stilstuipe.

Wat die pad vorentoe gaan inhou is vir my net so duister soos vir enige ander persoon op aarde. Ek het wel besef dat 'n pad met PH en Covid nie 'n maklike tog gaan wees nie en weereens is daar bitter min eerste handse inligting beskikbaar. Natuurlik was ons almal in die duister en het ernstige bedenkinge gehad oor hoe die gekombineerde simptome van Covid en PH my asemhaling gaan beinvloed.

My geliefde ou Meisiekindjie het dadelik begin reel sodat ek toestemming kan kry om die Anti Viral behandeling te ontvang. Na 'n telefoniese onderhoud met die plaaslike hospitaal-dokter is die voorskrif na ons apteek gestuur en kon ek dieselfde aand na ek die middag positief getoets het, begin met behandeling.

Op die dokter se aanbeveling moes ek oplet na verergde simptome soos hartkloppings, benoudheid tydens rus, brand in bors en dan onmiddelik die ambulans kontak.

Ongelukkig, soos wat meeste PH pasiente kan getuig is hierdie simptome alreeds vir jare deel van jou leefwyse. Wanneer is dit in die geval van jou huidige omstandighede 'gevaarlik'? Wat is daar om in oorweging te neem voordat jy jou hand uitsteek en die ambulans ontbied?
 
Ek moes daaraan dink dat Outop op daardie stadium reeds baie siek was met Covid en ernstige benoudheid ervaar het. Indien ek opgeneem word, sou ek oorgeplaas moes word stad toe. 'n Uur se ry van ons cowboy dorpie af.  Hy sou onder geen omstandighede in staat gewees het om te bestuur nie en was in self isolasie.

Die gedagte aan isolasie in 'n hospitaal kamer sonder besoekers en kommer oor jou man tuis, het die skaal vir my laat oorhel na 'bly tuis en hou verloop van dinge fyn dop'. My liggaam is reeds vir die afgelope nege jaar in 'n oorlog betrokke met onsigbare simptome wat min mediese personeel verstaan of ooit mee kennis maak. Die finale faktor was die kommer wat my kinders sou beleef oor hulle Dad wat nou ernstig siek en alleen is; die wete dat dit regtig sleg moes gaan met my om die ambulans te kontak.

En soos gewoonlik het die humorkruk my stut geword - my maatstaf vir wanneer om te weet die skaal swaai verkeerde kant toe: Die oomblik wanneer een van my ontslape familielede kom besoek afle, kry ek vlerke en vlieg self stad toe  :icon_bigsmurf: :angel8:

« Last Edit: June 02, 2023, 09:14:20 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #622 on: June 01, 2023, 03:38:04 AM »
Dag sewe met Covid het aangebreek en ek kon vir die eerste keer genoeg konsentreer om navorsing te begin oor die interaksie tussen die Anti Viral behandeling en Warfarin.

Belangrike inligting rakende Paxlovid (Anti Viral drug en interaksie met Warfarin)
Applies to: warfarin and Paxlovid (nirmatrelvir / ritonavir)


Ritonavir may both increase or decrease the blood levels and effects of warfarin. Early in your treatment with ritonavir, the interaction may be more unpredictable. However, beyond the first week or so of continued use, it is more common for patients to experience a reduced response to warfarin, which may require dosage increases. Talk to your doctor if you have any questions or concerns. Your doctor may be able to prescribe alternatives that do not interact, or you may need a dose adjustment or more frequent monitoring of your INR to safely use both medications. Call your doctor promptly if you experience any unusual bleeding or bruising, swelling, vomiting, blood in your urine or stools, headache, dizziness, or weakness.
https://www.drugs.com/.../paxlovid-with-warfarin-4326...

Vir meer inligting rakende Pulmonary Hypertension and COVID-19
https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/34933375/



Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #623 on: June 02, 2023, 08:38:12 AM »
Covid-19 en Pulmonale Hipertensie: Verskil in simptome tussen Outop en myself.

Daar was 'n groot verskil tussen die simptome wat Outop ervaar het invergelyking met wat ek ondervind het. My eerlike mening was dat hy baie sieker was. My groot voordeel was die Anti Viral medikasie wat ek kon gebruik binne 24 uur vandat simptome begin het.

My eerste simptome was 'n vreemde hoes. Ek is gewoond aan 'n gekug en onbeheerste hoesbuie van PH. Hierdie was vreemd want ek het rooi wange gehad maar geen koors nie. En toe het die lyf- en gewrigspyne begin, was ek die derde aand vir die eerste keer bewus van benoudheid en ek moet noem, daar was al baie meer benoudheid met die asemdief. Of dit die rede, of die medikasie was dat hierdie pes meer gevoel het soos 'n nare griep, sal ek nooit weet nie.

Ek kon nog met niemand anders gesels met PH, wat ook Covid gehad het om dit te kan bespreek of vergelyk nie. My ore het gepyn, en koue koors het my soms drie keer per dag in die bad laat klim wat ook verligting vir die seer spiere en gewrigte gebring het.
 
My bolyf en maag het meer geswel as met PH en het op 'n stadium gevoel of ek 'n ballon gevul met sement in my ronddra. Die ouvrou het niesbuie ervaar wat my hele waterwerke ontwrig het en soms deur vier stelle nagklere gegaan in die proses.

Dit was die langste in my lewe wat ek in nagklere uit eie keuse deurgebring het. En ek moet blosend erken ook die langste wat Outop aan my voorkoms sonder oorlogsverf blootgestel was.
Daar was een dag wat ek 'n ligte keelseer begin ontwikkel het en 'n pakkie sout chippies het dit genadiglik gestuit.

Arme Outop het hierdie pes in sy volle glorie leer ken. Hy het oorspronklik gedink toe ons die Woensdagmiddag hier wegtrek om ons drie maande toer te begin, dat hy weer 'n sinusontsteking het.

Ons het na 140km besluit om te oornag en van slaap was daar geen sprake. Hy het net sieker en sieker geword. Die oggend het hy 'n covid toets gedoen en positief getoets. Ons het toe reeds besluit indien hy positief toets gaan ons dadelik omdraai en huistoe gaan.

Genadiglik was daar 'n hele week se voorraad in die wieletjieshuis asook noodvoorraad vir ingeval ons iewers oorstromings teekom en vasgevang word vir 'n week of so.
By die huis het hy die wieletjieshuis geparkeer, ons ander voertuig se battery weer gekoppel sodat ek vervoer het om die nodigste medikasie oor die toonbank te kan koop want ek het geweet, ons gaan altwee binnekort te siek wees.
 
Niemand mag by ons kom nie en ons is vasgevang in die pandokkie. Ons kinders wou met alle mag net kom help. Hoe stel jy as ouer jou kinders bloot aan hierdie vieslike virus? Ons het belowe dat ons sal laat weet indien dit regtig nodig word dat hulle kom help.

My arme Outop se neus was so toe dat hy vir drie of vier aande rondgedwaal het soos 'n gees. Net te benoud om te le en slaap. Later het hy klein rukkies regop op die bank of leunstoel gesit en dut. En toe kom die keelseer van alle sere. 11 dae later is my Outop nog steeds nie homself nie. Ons rus soveel as moontlik en net tyd sal leer of daar vir hom of myself, langdurige newe effekte gaan wees.

Een simptoom wat nie een van ons ervaar het nie was erge koors!

Ons was wel beide baie naar met tye en beslis verminderde eetlus en albei se smaak was aangetas. Beide 'n ligte hoofpyn ervaar met tye. Niks ergs nie.
Outop het in ligte maat self ook spierpyne ervaar. Hy sukkel nog steeds met sinus-tipe simptome. En die uwe het dit genadiglik vrygespring. Hoe geseend is ons nie. Ons lewe en kan getuig dat ons handgeskud het met 'n nare nare ding.

So het twee ou siele en die virus mekaar verpes. Ek kon nie enige PH simptome soos bv. hartritme-afwyking/kortasem/benoudheid toeskryf aan Covid-19 nie omdat dit vir jare reeds deel is van my leefstyl met die asemdief.

My bloedtoets sal Maandag wys in watter mate die Anti Viral medikasie die werking van Warfarin beinvloed het
« Last Edit: June 02, 2023, 10:51:14 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #624 on: June 05, 2023, 01:11:01 AM »
Interaksie tussen Paxlovid en Warfarin:

Terugvoering: My voorgestelde INR telling moet tussen 2.5 en 3.5 wees (as gevolg van Pulmonale Hipertensie, DVT en Atrial Fibrillasie). 'n Week nadat ek 'n Paxlovid-behandeling vir Covid-19 voltooi het, was my INR vanoggend 1.7 en op advies van die dokter moet die dosis vir die volgende 3 dae verhoog word en dan terugkeer na die afwisseling van die normale dosis soos voorheen. Vrydag weer toets om seker te maak die telling is terug na voorgestelde mikpunte.