Herken en identifiseer die gevaartekens wanneer jou suurstofvlakke te laag is:Brittany Foster het 'n prag artikel saamgestel oor haar eie ervaring en simptome. Ek was verstom om te sien hoeveel van hierdie waarskuwingstekens ervaar die uwe self. Sommige van hierdie simptome het ek nie eers besef is a.g.v suurstof te kort nie!
Sy noem dat dit so belangrik is om bewus te wees oor vroeë waarskuwingstekens en simptome. Ewe belangrik ook dan om ander persone en jou dokter in te lig as bewusmaking sodat hulle weet wat jy ervaar. Dit is nie net belangrik om simptome te noem wat jy herken nie, maar dit is eweneens om terugvoering van ander te kry oor wat hulle mag waarneem en die waarskuwingstekens te herken.
Hierdie tekens kan verskil van persoon tot persoon. Soos vir Brittany, is daar 'n aantal bekende tekens wanneer my liggaam my laat weet dat die suurstofvlakke te laag is.
Die uiterlike tekens is soms die verskyning van 'hoendervleis' en selfs waarneembare blou en wit, selvormige merkies op my arms en bene en 'n onverklaarbare bewerigheid. Minder sigbare tekens wat ooreenstem met wat Brittany ervaar is 'n gevoel van onverwagse verwardheid en 'n algemene 'af' gevoel sowel as naarheid en gepaargaande duiseligheid.
Oë wat aanhoudend traan, ongemaklike gevoel soortgelyk aan slegte spysvertering, en laer rugpyn wat ek toegeskryf het aan die manier waarop ek in geligde posisie slaap om benoudheid snags te voorkom.
Pynlike simptome is die brandgevoel op bors asof jy onfiks aan 'n maraton deel geneem het. Dan word elke asemteug 'n pynlike ervaring en stryd. Gewoonlik volg 'n nare hoesbui wanneer ek enige inspannende aktiwiteit doen wat net verlig word met die neem van suurstof.
Outop en my kinders/kleinkinders kan blykbaar aan my oë en algemene houding sien wanneer my suurstofvlakke laag is.
Soos Britanny ook waargeneem het, is daar soms die tipiesie neiging van 'dagdroom' en gedagtes wat maklik dwaal, herhaling van dinge reeds genoem en die vergeet van sekere name van artikels ens. is vir my veral baie frustrerend. Nog ooreenstemmende simptome is 'n stadiger pas en totale gebrek aan energie hê.
Sy stel voor dat ons begin om aan die fisiese en minder opvallende simptome te dink en dit neer te skryf. Vra diegene na aan jou oor hul insette van wat hulle waarneem. Gebruik hierdie versamelde inligting as bewusmaking vir ander.
Suurstof as terapie.Nie almal verstaan altyd dat jy een oomblik afhanklik kan wees van mediese toerusting en dan nie. Soms benodig pasiënte suurstof op dieselfde manier as iemand wat 'n rolstoel gebruik om oor die weg te kom. Sekere mediese komplikasies soos kongestiewe hartversaking veroorsaak pulmonale kongestie - behandeling sluit dikwels aanvullende suurstofterapie in.
Serana Lawrence het 'n pragtige artikel saamgestel in die 27ste uitgawe van die
phan mail, oor die gebruik van suurstof.
Sy noem ondere andere dat hierdie wonderlike hulpmiddel nie net 'n behandeling is wat bejaardes by hospitale kry nie maar dat meer bewusmaking aan die samelewing gedoen moet word dat dit ook daar is as terapie vir pasiënte van alle ouderdomme en vermoëns.
Dit is nie net daar om help met asemhaling nie maar ook om sekere inspannende aktiwiteite gemakliker te kan doen bv. trappe klim, werk ens. Selfs alledaagse roetine soos stort/bad. Ek het nooit besef hoe asemrowend aan- en uittrek kan wees nie!
Sommige PH pasiënte benodig suurstof slegs tydens vlugte en ander weer net vir slaap. Ander mag dit weer nodig nodig hê tydens swaar inspanning, terwyl ander dit dalk 24/7 benodig.
Ek kan vir lang tye sonder geleende asems oor die weg kom maar die oomblik as die ouens om jou begin stook aan 'n braaivleisvuurtjie word daar inderhaas gegryp na die pypies. Verby is die dae wat jy na binne moes vlug of skaam kry oor jy soms afhanklik is van mediese hulpmiddels. Dit stel jou in staat om saam te kuier en lag dat die trane loop.
Wanneer jy dus weer iemand sien wat die suurstofpypies afhaal en die masjien afskakel - tot later (en bly leef

) sal jy hopenlik beter verstaan.