Ons bekendmakingsveldtog teen die asemdief het 'n splinternuwe
"Misdaad-gedaante" verkry. Die karaktertjie word grafies geskep deur skoondoggie Marina en afgerond met 'n paragraaf deur die woorddief. Na slegs drie dae in die kuberruim, het ons alreeds 300 lesers bereik en glo dat die kort, humoristiese aanslag van die
'Asemdief' 'n hart of twee sal aanraak en persone wat vermoed iets is liggaamlik nie wel nie, sal gaan aanklop vir mediese hulp.
*Misleidende simptome het speurders weereens laat kopkrap op 'n raar misdaadtoneel
waar bloedklontjies die enigste leidraad was.
*007 Die woorddief, was dadelik 'n hoofverdagte in die onlangse misdaad
nadat twee letters uit die alfabet vermis is na vele dwaalspoor-ondersoeke.
*M & M Voorbladnuus: Verdagte gee haarself oor na 'n mislukte ontsnappingspoging.
*"Asemrowend" was die dubbelsinnige opmerking wat die media herhalend gemaak het
op die regter se uitspraak in 'n volgepakte hofsaal, waar lede van die mediese professie
soms lelik kleigetrap het tydens kruisverhoor.
*Kameras het geflits terwyl die beskuldigde weggelei is.
*Daar is verneem dat appél aangeteken is teen opgelegde vonnisse namens al die PH'ers
in gevangenisse, wêreldwyd.
*Na die vonnisoplegging in Julie 2012 het dit nou in 'n eksklusiewe onderhoud met die woorddief,
aan die lig gekom dat daar gewoeker word met die saamstel van 'n biograPHie en die naakte feite
word openhartig bespreek.