Author Topic: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)  (Read 288923 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Diagnose: Pulmonale Hipertensie / Pulmonary Hypertension

My BiograPHie



Kunswerk geleen met erkenning.

NB: Maak asseblief ALTYD seker dat jy jou dokter raadpleeg voordat jy enige raad blindelings volg
wat in hierdie artikel of enige ander skakels gegee word! Selfdiagnose na aanleiding van wat jy hier lees
is gevaarlik - as jy bekommerd is oor van jou eie simptome of gesondheid, raadpleeg jou dokter/spesialis.




My kersgeskenk: 'n Kunstenaarsvoorstelling van die stryd teen Pulmonale Hipertensie. Ontwerp en illustreer deur ons seun Adriaan Lock met die versoek in skrif onderaan: Please beat PH!

*******************************************************************************************

Ek probeer my bes om die plasings, waar daar moontlik verouderde inligting opgeteken is, op datum te bring met nuwe bevindinge/navorsing.


*Let asb ook op dat ek die voorheen lang bewoording van ''n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen (PH) Pulmonale Hipertensie" verander het na 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie).

Pulmonale hipertensie is abnormale druk in die longslagare wat lei tot verhoogde drukking in die regterhartkamer wat indien onbehandeld, lei tot hartversaking.

Let asb op dat die verouderde perk vir abnormale pulmonale drukking van  25 en meer, nou aangepas is as volg :
Normale sistoliese pulmonale drukking 15 tot 30 mmHg en diastolies is 4 tot 12 mmHg.


Van die inligting en skakels hier gedeel sal nog verwys na 25 mmHg.

*******************************

Op die oomblik veg ek my eie oorlog teen 'onbekende oorsake/idiopathic' op hierdie diagnose. Die kardioloog vermoed kroniese bloedklonting is straks 'n sondebok, ons stry nie, maar het tog 'n sterk vermoede dat daar ook die een of ander allergiese reaksie teen die onwelkome gasse (veral dieselgasse in die lug) in my longe plaasvind.

Of dit moontlik is dat hierdie reaksie ekstra drukking of las kan veroorsaak, moet ons nou bewyse probeer dokumenteer. Ons woon nou vier jaar in die cowboydorpie wat die hoofslagaar van swaarvoertuie na die noorde vorm.

Wat ons wel agtergekom het is tydens die dae wat die verkeer swaarder is, die simptome erger is.
As ek in skoon lug is voel ek te gesond om siek te wees en sodra ons terug is in besoedelde omgewings voel ek te siek om gesond te wees.

Op slegte dae is selfs die reuk van sjampoo en lekkerruikgoedjies die oorsaak dat my liggaam reageer met hoesbuie en pynvolle reaksies. Is dit moontlik dat 'n langdurige allergiese reaksie wel genoeg drukking in longe se are kan veroorsaak dat dit dan ook in die regterhartkamer 'opbou' en daar gemeet kan word? Ons hoop om binnekort 'n antwoord op hierdie vraag te kry.

http://www.ehow.com/about_7230291_effects-inhaling-exhaust-fumes.html

*********************************************

Ek wil graag onderstaande inligting hier plaas sodat die nuutgediagnoseerde PH lyer kan verstaan wat is die verskillende soorte pulmonale hipertensie.

As jy 'n diagnose van pulmonêre hipertensie ontvang, is dit maklik om PH (pulmonale hipertensie) met PAH (pulmonale arteriële hipertensie) te verwar. Dokters gebruik die afkorting PH wanneer hulle eintlik PAH bedoel. Daar word selde 'n onderskeid tussen die twee termes getref. Maar daar is wel 'n groot verskil en dit is dus van groot belang (soms lewensbelangrik) vir jou om onderskeid te kan tref tussen die vyf verwante takke van PH. Die behandeling vir die een kan selfs fataal wees vir die ander.

Hoe verskil PH van PAH?
PH is 'n algemene terme vir 'n toestand waarin die druk te hoog is in die bloedvate van die longe. Daar is baie verskillende tipes van PH met baie verskillende oorsake. PAH is 'n subkategorie van PH wat gedefinieer word deur abnormale veranderings in die wande van die are ('n spesifieke tipe bloedvat) van die longe.

PAH lei tot nouer, minder elastiese pulmonêre are, soortgelyk aan geblokkeerde pype in 'n loodgieterstelsel. Die regterventrikel pomp bloed deur die pulmonale are en werk dan baie harder om 'n normale vlak van bloedvloei-druk deur die vernoude "pype" te kry.

Dit is soortgelyk aan die manier wat dit neem om lug geblaas te kry deur 'n gedeeltelik geblokkeerde strooitjie as deur 'n onbeskadigde, oop strooitjie.

Die behandeling vir een soort vertakking van PH kan drasties verskil van die behandeling vir 'n ander, en daarom is dit belangrik vir jou dokter om te weet watter tipe jy het om die mees doeltreffende behandeling voor te skryf. Die WHO (World Health Organization) het 'n tabel geskep om die verskillende vorme van PH te klassifiseer. Daar is vyf hoof groeperings.
 
Group 1:  PAH - Pulmonary arterial hypertension
 1.1 Idiopathic (IPAH) - Origin unknown
 1.2 Familial (FPAH) - Inherited
 1.3 Associated with (APAH):- One or more of the following
 1.3.1 Connective tissue disorder
 1.3.2 Congenital systemic-to-pulmonary shunts
 1.3.3 Portal hypertension
 1.3.4 HIV infection
 1.3.5 Drugs and toxins
 1.3.6 Other (thyroid disorders, glycogen storage disease, Gaucher's disease, hereditary hemorrhagic telangiectasia, hemoglobinopathies, chronic myeloproliferative disorders, splenectomy)
 1.4 Associated with significant venous or capillary involvement
 1.4.1 Pulmonary veno-occlusive disease (PVOD)
 1.4.2 Pulmonary capillary hemangiomatosis (PCH)
 1.5 Persistent pulmonary hypertension of the newborn
 
Group 2:  PH - Pulmonary hypertension with left heart disease
 2.1 Left-sided atrial or ventricular heart disease
 2.2 Left-sided valvular heart disease
 
Group 3:  PH - Pulmonary hypertension associated with lung diseases and/or hypoxemia
 3.1 Chronic obstructive pulmonary disease
 3.2 Interstitial lung disease
 3.3 Sleep disordered breathing
 3.4 Alveolar hypoventilation disorders
 3.5 Chronic exposure to high altitude
 3.6 Developmental abnormalities
 
Group 4:  PH - Pulmonary hypertension due to chronic thrombotic and/or embolic disease (CTEPH)
 4.1 Thromboembolic obstruction of proximal pulmonary arteries
 4.2 Thromboembolic obstruction of distal pulmonary arteries
 4.3 Nonthrombotic pulmonary embolism (tumor, parasites, foreign material)
 
Group 5:  PH - Miscellaneous Sarcoidosis, histiocytosis X, lymphangiomatosis, compression of pulmonary vessels (adenopathy, tumor, fibrosing mediastinitis)[/i]

Medikasie
Al die huidige goedgekeurde medikasie is ontwikkel vir die behandeling van PAH wat slegs vir pasiënte wat binne WHO Groep 1 val. As jy 'n diagnose van pulmonêre hipertensie (PH) ontvang het wat onder die ander groepe val en nie verband hou met vir groep 1 nie,  kan jy nie 'n kandidaat vir een van die PAH medikasies of terapie wees nie. In alle waarskynlikheid sal dit nie help en jou toestand vererger.
 
Dit beteken nie dat daar geen behandeling vir jou beskikbaar is nie. Jou onderliggende toestand - die siekte wat daartoe gelei dat 'n sekondêre diagnose van PH gemaak is, moet die fokus van jou behandeling wees.

Vir diegene met probleme wat verband hou met die linkerkant van die hart (WHO Groep 2), sal jy onder die sorg van 'n kardioloog geplaas word. Vir diegene met probleme wat verband hou met die longe, (WHO Groep 3), sal 'n pulmonoloog jou behandel.

Vir diegene wat buite die WHO groep 1 val, sal die verbetering van jou onderliggende toestand moontlik lei tot 'n verbetering van jou PH simptome.
 
Sources:
 Gilead Sciences - Insights on PAH
 Journal of Medical College of Cardiology -Revised WHO Classification of PH
« Last Edit: November 17, 2016, 02:11:45 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #1 on: December 27, 2012, 02:24:35 AM »
In onontwikkelende lande moet jy nie die water drink nie, en in ontwikkelende lande moet jy nie die lug inasem nie    :`ip2:

Ons word omring deur geure. Hetsy aan- of onaangenaam. Daar is meer as 3 000 chemiese produkte wat in die vervaardiging van produkte gaan. 'n Beraamde 20 persent van die bevolking is sensitief of allergies vir reuke wat selfs deur die vel en longe geabsorbeer kan word en hewige reaksies ontlont; selfs geure wat van plantaardige oorsprong is.

Simptome sluit in: hoofpyn, migrain, lighoofdigheid, jeukende vel/oe, uitslag, moegheid, swakheid, kort van asem, naar en verkoue simptome.

Baie van hierdie simptome is dan ook verbonde aan PH en ander asemhalingsprobleme wat korrekte diagnose bemoeilik.

Ek plaas graag ons vertaalde inligtingsblaadjie van PHSA ook hier sodat Afrikaanssprekende PH pasiente wat nuut gediagnoseer is, in hulle moedertaal meer te wete kan kom oor hierdie toestand.

 :love7: :notworthy: Eerstens 'n groot kniebuig aan PM vir die wonderlike reaksie op my versoek om hulp sodat ons vir Denneys hulle die eerste Afrikaanse inligtingsblad kon help saamstel. Met jou vertaling en die raad/hulp van Willa, kon ek die vertaalde poging hersien en is dit nou moontlik om sover moontlik, 'n volledige samestelling daarvan, vir PHSA voor te hou:

PHSA IS GEREGISTREER AS 'N NIE-WINSGEWENDE ORGANISASIE.

By baie pasiënte is Pulmonale Hipertensie gewoonlik 'n voortdurende (permanente) toestand.
PH sal nie vanself verbeter of verdwyn nie en alhoewel mediese behandeling of medikasie baie doeltreffend is om die toestand te beheer, kan dit nie PH genees nie.

Die simptomatiese behandeling deurmiddel van medikasie, help pasiënte om beter te voel, om makliker asem te haal, dit werk moegheid teë, beperk watersug (edeem), verlig die gevoel van benoudheid en kan help met borspyne. Medikasie stel pasiente met PH in staat om fisieke oefeninge te doen, 'n beter kwaliteit lewe te lei en om lewens te verleng.

PHSA is geregistreer as 'n nie-winsgewende organisasie en benodig fondse om pasiënte te help met die betaling van behandeling en medikasie - onkostes wat dikwels nie deur mediesefondse gedek word nie.

Dit is u bydrae wat PHSA in staat sal stel om ook 'n nuusbrief uit te gee, webtuiste te onderhou, bepleiting- en bewusmakingsprogramme en ander belangrike inligting te sirkuleer.

Enige bydrae - hoe klein ookal - sal ons help om ons doelwit te bereik.  U ondersteuning maak dit moontlik vir PHSA om pasiënte met hierdie toestand, bymekaar te bring, om opleiding te verskaf en die algemene publiek bewus te maak van PH; en 'n daadwerklike verskil te maak aan pasiënte se lewenskwaliteit.

Donasies kan gemaak word by:

PHA Suid Afrika
ABSA BANK
Tjek rekening
Rekening nommer: 4077933068
Takkode: 632005
N1 Stad Tak

DIE DOELWIT VAN DIE PULMONALE HIPERTENSIE ASSOSIASIE VAN SUID AFRIKA

*Om die regte van PH-lyers te bepleit, stemme te verwerf, wetgewing en beleid in plek te kry om hierdie regte te beskerm.

*Maatreëls te bevorder en te ondersteun wat die toestand sal voorkom, wat gevalle van PH en die ernstige gevolge daarvan sal verminder.

*Navorsing te doen en beleid te formuleer vir PH om sodoende bekwame diens te lewer.

*Die algemene publiek te leer en bewus te maak aangaande PH.

*Ondersteuningsgroepe te begin en te lei, ter ondersteuning van pasiënte met verskillende behoeftes in verskillende areas.

*Deur middel van uitgebreide programme die bestuur te bekwaam.

*Hulpbronne in plek te kry vir aanwending ten behoefte van die organisasie.

*Die algehele funksies van die organisasie, asook die geaffilieerde takke, te monitor en te bereken.

*Netwerk en die vorm van strategiese vennootskappe met ander rolspelers.

*Koördineer 'n nationale-databasis van pasiënte.

*Verhef die uitvoerbaarheid van die organisasie en verseker gesonde leiding/beheer.

*Om al bogenoemde regmatig toe te pas soos voorgeskryf deur die wet op "Non Profit Organisations Act" van 1997 en klousule 30(1) van die "Income Tax Act" wet 58 van 1962.

*Leuse onder aan fotos: Hoop, ondersteuning en kennis, skep geleenthede.

AGTERKANT VAN DIE BLAAI:

WAT IS  PULMONALE HIPERTENSIE?

Pulmonale Hipertensie of PH, is 'n seldsame bloedvatsiekte in die longe.  Dit kan met enige persoon gebeur, ongeag die ouderdom, geslag, sosiale-of etniese-afkoms. Lyers van hierdie toestand word geteister deur volgehoue hoë druk in die pulmonêre slagare in die longe, wat daartoe lei dat die slagare toetrek, vernou en verhard en die suurstofvloei na die hart belemmer word. Dit veroorsaak vergroting van die hart en kan lei tot hartversaking.

Die hart en sirkulasiestelsel

Om PH beter te begryp, sal dit help om die sirkulasiestelsel te verstaan. Soos voorgestel in die diagram, pomp die hart suurstofarmbloed na die longe waar dit suurstof opneem. Suurstofarmbloed word gewoonlik aangedui in blou, en suurstofryke bloed wat van die longe terug vloei word dan ook gewoonlik in rooi voorgestel.

*Hierna volg die diagram van die hart en longe met byskrifte.

Gedurende oefening klop die hart vinniger om meer suurstof na die spiere te stuur. Terselfdertyd sit die longslagare wat bloed na die longe vervoer uit, om meer bloed deur te laat. Die are in die longe rek effens.
Die longslagare van die persone wat aan Pulmonale Hipertensie ly, is nouer en kan dus nie soveel rek as wat nodig is nie.

*Diagram van are

Die longslagaar van 'n gesonde persoon

Die longslagaar reageer op die vinniger hartklop deur te rek om sodoende meer bloed deur te laat.

Die longslagaar van 'n persoon met PH

Die vernoude longslagaar het nie die vermoë om genoegsaam te rek in reaksie van die vinniger hartklop nie.
By 'n persoon met PH moet die hart nou baie harder werk om die bloed deur die vernoude longslagaar te pomp. Wanneer die hart oor 'n lang tydperk soveel harder moet werk, werk dit nie meer so effektief nie.

Simptome van PH kan ondermeer die volgende insluit:

Benoud- en kortasemheid wat vererger word deur aktiwiteit.
Gedurige gevoel van moegheid.
Lighoofdigheid, veral wanneer gestaan word, of wanneer trappe geklim word.
Geswelde enkels, bene en/of maag.
Borspyn, veral wanneer fisiese aktiwiteit plaasvind.
Pasiënte kan ook flou word.

SLUIT AAN BY PHSA

As jy of een van jou geliefdes aan Pulmonale Hipertensie ly, kan ons vir jou inligting, ondersteuning, hoop en 'n geleentheid bied om aktief betrokke te raak by PHSA.

Die Pulmonale Hipertensie Assosiasie van Suid Afrika (PHSA) is gestig deur pasiënte vir pasiënte. Ons is hier vir jou as 'n bron van inligting, uitreiking, ondersteuning en hoop. Ons pasiënte is ingelig, het begrip, is 'n inspirerende groep mense wat gretig luister en hul eie ervarings deel.

Die PH gemeenskap is geskoei op persoonlike verhale van pasiënte, versorgers, vriende, familie en mediese spanne. Al hierdie verhale is kragtige gereedskap om die algemene publiek in te lig oor Pulmonêre Hipertensie en bewusmaking te bevorder.

Elkeen van ons het 'n storie om te vertel. Jou stem en jou storie is belangrik vir ons. Die eerste stap van bewusmaking van PH aan die wêreld, begin by jou. Saam staan ons sterker en kan ons meer doen. Om lid van PHSA te word beteken dat jy help om 'n verenigde gemeenskap, oor die land, daar te stel.

Ons wil jou graag leer ken. Sluit vandag nog by ons aan.

Om aan 'n rare siekte te ly kan soms eensaam wees, maar jy is nie alleen nie. Deur uit te reik na ander wat elke dag met dieselfde kwessies leef, wat in dieselfde situasie is en soortgelyke ervarings deel, sal jy kennis maak met 'n gemeenskap wat inligting en ondersteuning kan bied, asook hoop vir die toekoms.

Lees van ander PH gemeenskapslede se ervarings en deel ook jou ervarings met ons.

Pulmonary Hypertension South Africa
Webtuiste: www.phsa.co.za
Telefoonnommer: 021 9308362
Selfoonnommer: 082 5204129
E-posadres: niemandts@iburst.co.za
Faxnommer: 086 5010245












« Last Edit: November 01, 2015, 11:40:26 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #2 on: December 27, 2012, 03:30:26 AM »


Die armband is deur 'n mede PH lyer, Barbara Wilson Thompson (van Memphis, Tennessee) vir my gemaak. 'n Gedeelte van haar wins word geskenk vir navorsing oor pulmonale hipertensie. Die zeebra-embleem word gebruik om dokters bewus te maak dat nie alle simptome so eenvoudig soos 'dit is 'n perd' nie, maar dat dit verskans kan word onder die PH strepe van 'n zeebra.

Ek wil graag een van die simptome (Borspyn) bespreek. So maand of twee gelede het ek ernstig begin soek na die rede vir my borspyne. Inligting is skaarser as die spreekwoordelike naald in 'n hooimied  :icon_scratch: Denneys het selfs gehelp soek deur die vraag vir ons by hulle paneel te plaas. Ons kon geen antwoorde kry nie.

Toe graaf ek maar dieper in die kuberruim. Kom toe af op 'n betroubare skakel wat die vraag en baie ander inligting rondom hierdie toestand so pragtig uiteengesit het. Wil dit graag hier op die forum ook plaas.

Op 'n vorige keer het ek antwoorde gesoek in Afrikaans oor drukking in die hartkamer en die enigste inligting in ons moedertaal daaroor, was hier op ons eie erf te vinde waar ons oor dit gesels het. Dalk help hierdie inligting ook iemand wat nog grawe na antwoorde.

Daardie olifant wat uit die sirkus ontsnap het tydens die vloede vier jaar gelede, maak hom gereeld, ongenooid tuis op my borskas. Hoekom ervaar ons hierdie borskaspyne - veral aan die regterkant? Die hart sit tog aan die linkerkant?

Een moontlike oorsaak is dat die verhoogde pulmonale arteriële druk lei tot "drukking" op die spierweefsel van die regterventrikel.

Om te verstaan waarom hierdie drukking ongemak kan veroorsaak, sal die volgende verduideliking meer sin maak: Tydens inspanning werk die spiere van die regterventrikel harder om meer suurstof en voedingstowwe via die bloed te voorsien.

As die bloedvloei deur die klein are wat die regterventrikel (kroonslagare) voorsien, nie voldoende is om aan die vereistes van die ventrikel te voldoen nie, kan die spierweefsel begin om suurstofnood te ervaar en lei dan tot 'n pynlike sensasie.
Met inspanning, soos stap, trappe klim, hardloop, of selfs daaglikse take soos die opmaak van 'n bed, is daar 'n groter aanvraag na suurstof en dit kan bestaande pyn vererger of aanbring as daar geen pyn voorheen ervaar was nie.

Hierdie tipe van pyn, wat verband hou met die regterventrikel, word gewoonlik in die middel of aan die regterkant van die bors gevoel, selfs al is die hart aan die linkerkant.

Die tweede oorsaak wat kan lei tot borspyn in pasiënte met pulmonale hipertensie behels die feit dat as pulmonêre druk styg, die bloedvate self rek. Dit is soortgelyk aan die manier waarop 'n motor- of fietsband uitsit as jy 'n pomp gebruik.
Hierdie uiteensetting van die pulmonale are veroorsaak dat seine na die brein gestuur word, en jy ervaar dit as pyn.

Aangesien jy pulmonale vate aan beide kante van jou bors het, is hierdie pyn nie beperk tot links of regs nie en kan op enige plek oor die bors voorkom.

*Bron van inligting: http://knowyourph.org/resources/




« Last Edit: November 17, 2016, 01:22:21 AM by Meraai vannie Baai »

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #3 on: December 27, 2012, 08:34:10 AM »
Gits dis 'n vreeslike ding.

Ria, hoe meet hulle die druk in jou longslagaar?
« Last Edit: September 03, 2015, 11:50:41 PM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #4 on: December 27, 2012, 09:16:53 AM »
Stoffel oorspronklik word dit gediagnoseer met 'n echocardiogram waar die drukking gemeet word. Die enigste betroubare metode om dit te bevestig daarna, word 'n regterhartkateter gedoen. Na die prosedure word daar dan besluit op medikasie wat die simptome verlig.

Regterhart kateterisering (Right heart catheterization).

Tydens hierdie prosedure word die drukking en bloedvloei in die regterkant van jou hart gemeet. Die prosedure is nie pynlik nie, maar kan ongemaklik vir pasiënte wees. Ek lei aan engtevrees en vir my was dit 'n nare ondervinding weens die blou laken wat hulle oor my gesig gegooi het. Net daar het ek 'n hekel in daardie kleur blou gekry vir altyd en 'n bietjie  :icon_biggrin:

'n Dun kateter word in 'n aar gesit (in die lies of in die nek) na die vel in die gebied skoongemaak en verdoof is met medikasie. Die kateter word gevoer tot in die hart en is toegerus om afmetings van die druk neem in die kamers van die regterhart en pulmonêre are. Dit stel die spesialis ook in staat om te meet hoeveel suurstof in jou bloed en hoeveelheid bloedvolume wat deur die hart gepomp word.

Ek gaan ook oefening doen terwyl die kateter in is, (pedale wat onderaan die bed is) vir 8 minute om te sien of die drukking styg tydens inspanning. In baie gevalle word die medikasie ook toegedien en die drukking gemeet om te sien of dit werk of nie.
« Last Edit: November 17, 2016, 01:31:16 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #5 on: December 27, 2012, 09:34:46 AM »
http://knowyourph.org/resources/

Daar kan jy skematiese voorstellings sien. Volg die instruksies, soos om die geelhandjie te neem en te skuif. Daar is heelwat ander voorstellings ook. Druk ook gereeld op die inflate balloon sien ek nou om tot in hart te kan gaan. Krap maar rond :evil6:.

Hier is 'n skakel waar al die toetse vir die korrekte diagnose van PH uiteengesit word met kort beskrywings rakende elkeen:
http://www.mayoclinic.com/health/pulmonary-hypertension/DS00430/DSECTION=tests-and-diagnosis

Hierdie skakel beskryf, onder andere ook die verskillende bloedtoetse wat gedoen word, in die diagnose proses: http://pulmonaryhypertensionrn.com/blood-tests/
« Last Edit: January 31, 2013, 01:41:51 AM by Meraai vannie Baai »

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #6 on: December 27, 2012, 12:19:51 PM »
dankie rina, so word daar baie goed gedoen waarvan ons ( ek) noggie eers gehoor het nie.
ek sal loer daar, dankie en sterkte.
groetnis oor die see...

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #7 on: December 27, 2012, 09:52:41 PM »
Raaitjie, ek is skuldig, die eerste keer dat ek gehoor het van hierdie toestand het dit nie regtig by my inpak gemaak nie.  Ek het maar net gelees en gedink dit is maar nog net een van daai!
Die dag wat jy gevra het dat ek die vertaling moet doen, het dit my met 'n vuishou getref!  Sustertjie, ek was omgeslaan met 'n veertjie.  Down to the ground!  Om die waarheid te sê, ek sukkel nog om op te staan!
Al wat ek kan sê is dat ek verbete vasklou aan die wete dat daar iewers 'n antwoord moet wees.  Ek glo daar sal 'n antwoord wees.  Daar moet net.  Ek is so lief vir jou Raaitjie, daar moet net 'n antwoord wees. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #8 on: December 27, 2012, 11:10:58 PM »
Ek verstaan matertjie!  Vir ons was dit net twee letters uit die alfabet na ons dit eerste keer op 'n verslag gelees het. Op die oomblik gryp ons verbete na moontlike oorspronge van alles onder die son en maan wat drukking kan veroorsaak. Behandelbaar verkieslik  :toothy4:

Ek sal jou IEWIGLIK dankbaar wees vir die PHantabalooslike vertaling wat jy aangepak het. Sooooo trots gewees om dit vir Denneys hulle te kon voorle. En die wonderlike poging van jou en Hannes om die toestand onder ander mense se aandag te bring. Dit alleen gee my 'n antwoord agter die 'hoekom' vraag. Baie meer mense is nou bewus van wat PH is.

Daar is mediese personeel wat in hulle hele loopbaan nooit met dit te doen kry nie. As ons met hierdie plasings en gesels rondom dit, net een persoon betyds kan laat hulp soek en 'n positiewe diagnose gemaak kon word, was die kennismaking met hierdie twee letters, die moeite werd  :notworthy:
« Last Edit: January 31, 2013, 04:23:43 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #9 on: December 28, 2012, 05:29:22 AM »
Vandag hierdie inligting raakgelees oor onbekende oorsake van drukking in die longe:


Idiopatiese pulmonêre hipertensie (Idiopathic pulmonary hypertension)

Indien daar geen onderliggende oorsaak vir hoë bloeddruk in die longe gevind kan word nie,  word die toestand  idiopatiese pulmonêre hipertensie (IPH) genoem.
 
Sommige mense met IPH het 'n geen wat 'n risiko faktor vir die ontwikkeling van pulmonêre hipertensie inhou. Maar vir die meeste mense met idiopatiese pulmonêre hipertensie, is daar geen erkende oorsake van hul pulmonêre hipertensie nie

 
*The official name of this gene is “bone morphogenetic protein receptor, type II (serine/threonine kinase).[/i]

Dit was die environmental factors wat my aandag getrek het omdat ons self wonder en kopkrap oor die invloed van gasse/reuke  :`ip2: As iemand dalk verdere inligting het rondom hierdie onderwerp, kom deel jou kennis met ons groot asseblief!
« Last Edit: November 17, 2016, 01:41:14 AM by Meraai vannie Baai »

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #10 on: December 28, 2012, 07:27:59 AM »
maria, hoe beinvloed dit jou ander bloeddruk? soos die wat op die arm geneem word?

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #11 on: December 28, 2012, 08:02:06 AM »
Sjoe, sprakeloos en magteloos om presies wat ek voel oor te dra. Ek wens ek kon jou hand vashou en in stilte daar vir jou wees.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #12 on: December 28, 2012, 08:58:16 AM »
Fransi as die onsekerheid van oorsprong net eers uit die weggeruim is sal dit soveel beter gaan. Op die oomblik wis nie eers die PH spesialiste waar die drukking vandaan kom nie. Ons tas maar in die donker rond LOL.

AB die drukking van gewone bloeddruk in die are het geen verband met die drukking in longare maar kan dinge bemoeilik vir 'n hart wat reeds harder werk as waarvoor dit ontwerp is.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #13 on: December 28, 2012, 09:58:08 AM »
heng klink ingewikkelder as verstaanbaar.......wys jou net hoe wonderlik het God ons liggame gebou dat als kan werk al verstaan ons nie aldag hoe nie.

Mag daar gou oplossings kom vir jou.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #14 on: December 28, 2012, 10:38:49 AM »
Hier word die verskillende drukke in ons are mooi uiteengesit AB

http://knowyourph.org/intro/index.php?q=8

Ons het twee stelle bloeddruk. Gewoonlik wanneer mense praat oor bloeddruk, verwys dit na die druk wat gemeet word op jou arm met 'n bloeddruk-apparaat en is die sistemiese bloeddruk.

Die sistemiese bloeddruk is die druk in die hoofare van jou liggaam wat strek vanaf die linkerkant van jou hart na die res van jou liggaam (arms, bene, ingewande, niere, brein, ens). Die druk in al hierdie are is dieselfde, en wanneer mense gewoonlik sê hulle het hoë bloeddruk is dit sistemies. Dit is dan ook 'n baie belangrike oorhoofse maatstaf van hoe jou hart funksioneer.

Die ander bloeddruk is die pulmonêre arteriële druk. Die pulmonêre are is die bloedvate wat bloed vervoer van die regterkant van die hart na die longe. Omdat hulle nie maklik toeganklik is (bv naby aan die vel) soos die are in jou arm, kan hierdie druk nie so maklik gemeet word nie. In plaas daarvan, kan 'n skatting van die longslagaardruk (nie-indringend) verkry word deur 'n ultraklanktoets (bekend as 'n transthoracic echocardiogram of "hart eggo").

Die enigste manier om 'n absoluut akkurate meting van die longslagaardruk te kry, is om dit direk te meet deur 'n regterhart kateterisering.

Die pulmonale en sistemiese are verskil op verskeie maniere. Gewoonlik is die pulmonale arteriële druk baie laer as die sistemiese bloeddruk.

Pulmonale hipertensie kan veroorsaak word deur 'n paar ander probleme wat net die longare raak, en nie sistemiese are. As gevolg hiervan, is dit moontlik om sistemiese hipertensie te hê en nie pulmonale arteriële hipertensie, en omgekeerd.
« Last Edit: November 17, 2016, 02:38:26 AM by Meraai vannie Baai »