• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Name! Van waar Gahasie?

Started by Naas, December 23, 2012, 11:51:23 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Aspoestertjie

Deur die week was die ouderling met die gatjieponder hulle prediker in die kroeg? :icon_scratch:
Oupa se hulle wou nie gesange in die kerk sing nie en het groot gedoop met onderdompeling. Hy vermoed die "Doppers" is afgelei van die onderdompeling en nie hulle weeklikse gewoontes nie.


:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

PM

As ek nou reg verstaan was die doppers die doppers?   Hulle was kop in die mus met die gat japonne? Almal het ewe lekker saam gedop, gedoop?   Nee, soos gewoonlik het ek seker weer die pot mis gesit.   Dit bly maar Grieks vir my!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Verkrukkel gelag alweer so op my eentjie diekant. Nou weet ek ook meer van gatjieponders en doppers en dopers. Gawie, al wat ek onthou van Assie se naam daar was 'n besem enne vuur iewers in die prentjie. Verbeel my dit was naby Antie Stienie se suiwer weergawe van Boksburg maar ek mag nou helemal 'n spul verkeerde beelde herroep  :icon_bigsmurf:

Gawelina

oeeee heh eh.  Ekke weet nie so mooi van die groot doop nie.  In my halwe eeu op onse aarde, het ek dit nog nooit in die dopperkerk beleef nie.  Myse ma sê ok so, want sy was 'n dopper.  Hulle is net baaaaaie erg oorie sonde!

Aspoestertjie

So hulle dop die tien gebooie?




:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

PM

Ek het nog nooit so daaroor gedink nie.  Ek dop my eie IK- en my bloedtoetse.  Moenounie vi my kom vitel ek dop die tien gebooie ook nie.  Eish!  :angel4:

:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Mag nie begeer nie .... ek dop en moenie waaaaag om te vraag hoeveel bloedtoetse die uwe algedop het nie! Daar's hoop vir jou PM'pie  :evil6:

Gawelina

Ek dop vandag my geduld toetse.

Naas

Ai Gawelientjie, wie kitaar dan so op jou geduldtoutjies?



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Plek geboek vir Gawes se antwoord  :`ip2:

PM

As dit so dop-dop gaan is ons seker ook doppers!  Glasie vir glasie!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Ek en familie is deur 'n "rough" spot gister. Inmengery maak my moeg, veral as dit onder die vaandel van "liefde" geskied en dan 'n mens se hele lewe deurmekaar donner. Mag ek asb leer uit my ouers se foute en dit tog nie aan my kinders doen nie. Laat ek maar nog 'n sluk van my Red square vat en die Saterdag dop-dop uitgaan.

PM

Jy weet hoe nuuskierig is ek.  Kom vertel.  Dalk kan ons ook uit 'n ander se foute leer. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oi joi joi, drukkie vir jou Gawie. Raad het ek nie. Self deur 'n string rowwe spikkels in ons lewe - al positiewe nasleep is dat 'n mens leer om nie weer daai spot raak te leef nie, die onthou van dit, bly altyd maar 'n  :pottytrain2: