Author Topic: Onmoontlik?  (Read 7358 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Onmoontlik?
« on: December 22, 2012, 05:56:44 AM »
Ek het vandag besef: ek is 'n voorspelbare idoot. My nuwejaarsvoorneme is 'n onvoorspelbare ene.



psssst ek het nie die 'p' ene gedoen nie. Dalk is daar hoop vir die nuwe jaar vir my?  :`ip2:
« Last Edit: December 22, 2012, 05:58:33 AM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Onmoontlik?
« Reply #1 on: December 22, 2012, 06:00:58 AM »
laat my onthou van die sms wat 'n jaar of ses gelede die rondte gedoen het:
Heer, seën asseblief my vriendin wat nie haar oë toemaak as ek vir haar bid nie en nou nog glimlag ook. Amen

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Onmoontlik?
« Reply #2 on: December 22, 2012, 06:12:58 AM »
Ek oordoen alweer soos gewoonlik alles Adele!!! Verby glimlag, giggel ek nou onophoudelik!! Wragggggies te voorspelbaar. Gelukkig is my 'goeie' SA vriendinnetjie nie so voorspelbaar nie...

Stel jou die gedoente voor: Plek - pandokkie se bloukebuis.

Ek het SA vriendin wat as ek aanbied om iets te skink, dan vra sy bv. koffie. Maak ek dit, dan voel sy eerder lus vir teetjie. Maak ek dit maar en giggel in my moulose frokkie. Laaste besoek vra ek koffie/tee?

'Hmmmm ...nee tannie ek is nie eintlik 'n koffie persoon nie.'

'Rooibosteetjie?'

'Oe neeeee dankie, het tannie 'n ander soort?'

Loerend antwoord ek 'yep nooi. Ek het', (en begin met haar haar tee na sy die geur gekies het, en maak my koffie)
Hang sy oor die deurgee en snuif so.

'Jinnnne tannie daai koffie ruik heerlik! Ek dink ek soek ook!'

Ek stoot die teeketel eenkant toe.

'Ek soek altwee asseblief tannie!' Haar glimlag so stralend soos die bos blomme wat ek gekry het.

'Tee EN koffie?'

'Asseblief tannie. As dit nie moeite is nie...Tannie lyk baie beter vandag as laaskeer!'



Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Onmoontlik?
« Reply #3 on: December 22, 2012, 06:28:15 AM »
   :toothy4:  eintlik klink sy so dierbaar ... al is sulke vriende dalk soms genoeg om mens moeg te maak, is hulle ook 'n broodnodige bestanddeel is jou dag se goedvoel-doepa 
en sit ek nou en luiester na daai giggels inni bloukebuisie, giggel ek hier in my enigheid, my eensaamoggend sommer opgehelder 

 :grommit:

« Last Edit: December 22, 2012, 06:29:54 AM by adele »
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Onmoontlik?
« Reply #4 on: December 22, 2012, 06:33:13 AM »
Sy is so behulpsaam Adele. Bly die kuiertjie het jou dag ook opgehelder. Te wonderlik om iemand hier raak te loop! Diekant van die aardbol is dit al twintig voor drie die middag! Lief jou beskrywing: goedvoel-doepa  :notworthy:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Onmoontlik?
« Reply #5 on: December 22, 2012, 06:39:27 AM »
mmmm, hier aanstap die puntige wysertjies flink na 7uur toe ... ekke het gisternag teen middernag omgeval, netnet di liggie kon afskakel, gegriffel aan 'n storie ... gedink ek kan mos vanoggend laat slaap ... nie my werknaweek nie en ekke nog alleen ook hier ... maar voor 5uur, nooi die dagbreekroepe my weer uit. wie kan nou laat slaap as die kortse nag hier in die suide te min skadu het?

vodacom se internet is nou nie so fluks nie, so kuier ek maar in paaiemente

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Onmoontlik?
« Reply #6 on: December 22, 2012, 06:40:33 AM »
 :icon_biggrin: Ek is belsis ook voorspelbaar.  :icon_biggrin:

Hahahaha, ek verstaan die lus vir twee dinge terselfdertyd- gewoonlik iets kouds en warms en sukkel om slegs op een ding te besluit en daarby te bly. :-)

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Onmoontlik?
« Reply #7 on: December 22, 2012, 06:47:35 AM »
more Fransi, jy is so reg, daardie twee lussmake...
dis hoekom ek soms so lus na kondensmelk, tjoklit nie altyd beskikbaar nie ... maar om te kies tussen soet en sout is soms net so moeilik

 :grommit: :grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Onmoontlik?
« Reply #8 on: December 22, 2012, 06:53:32 AM »
More more almal!!! Oee ek geniet die saamkuier in paaiemente met oortreffende trap nou  :icon_biggrin:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Onmoontlik?
« Reply #9 on: December 22, 2012, 06:59:47 AM »
hie hie, 'n vriendin se nota op FB

"ooo gits. ek het die einde van die wereld gemis.. sal nou moet begin oefen en op 'n dieet gaan om al die koek van die week af te werk."

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Onmoontlik?
« Reply #10 on: December 22, 2012, 07:00:20 AM »
More more almaal.
Hoe lekker kuier ons nou om die "onmoontlike".   :icon_biggrin:  Ek trap ook elke keer in die slaggat.   :icon_biggrin:  Lag Hannes te lekker toe ek vir hom lees:  "Put your tongue back in you fool."  :icon_biggrin:

Ek verkies altyd warm koffie (swart sonder melk) in die oggend en koue rooiwyn saans. As ek olik voel is 'n mengsel van gewone- en rooibostee met melk en suiker 'n trosie.  Dan verkies ek altyd sout bo soet.  Wanneer ek 'n dosie Nutties kry, eet ek 'n hele jaar daaraan.   :icon_biggrin:

 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Onmoontlik?
« Reply #11 on: December 22, 2012, 07:03:58 AM »
Warm drukkie vir jou ook PM!! Lekker om te lees wat julle verkies. Sluip ek giggelende terug. Jy ook geval vir die onmoontlike???  :color:

 Adele op die gevreetboekie my aandag gevestig op hierdie kosbare bydrae deur Marietjie King: Goeie more, ek wil net vir julle se die wereld het toe gister vergaan, jy het sopas ontwaak in die nuwe wereld, een wat vir gerieflikheidsdoeleindes 'n presiese replika kan die vorige een is, dus sal jy dit sommer gou leer ken! En ja, ongelukkig sal ons dit ook nooit verstaan nie! Fokus maar op die klein wonders rondom jou en staan elke nou en dan verstom, en geniet dit!

Adele ons kan hele afdeling skep met die 'nuwe wereld' bydraes  :love7: :icon_salut: Lief die koek vir 'n week ene netso hehehe.

 :notworthy: :book1:
« Last Edit: December 22, 2012, 07:06:19 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Onmoontlik?
« Reply #12 on: December 22, 2012, 07:08:41 AM »
O heerlik!  Die kuier hier!  Ek kry nie kans om te "pos" nie, elke keer kry ek die boodskap iemand anders het voor jou
gepos.   :hello2:

Lag ek nou te lekker vir die poppie wat gedink het sy kan alles eet wat sy wil, want die aarde gaan in elk geval vergaan.  Dowwe Dolla het al haar kredietkaarte "uitgemax" seg sy. 
Hannes sê toe word hulle wakker toe is hulle koffie koud.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Onmoontlik?
« Reply #13 on: December 24, 2012, 07:25:52 AM »
 :hello:

Ek sit nou en giggel in my mou vir al die wêreld-einde sêgoed. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Onmoontlik?
« Reply #14 on: December 24, 2012, 08:15:09 AM »
Daar was 'n ander antie wat geseg het dat sy seker is die wêreld sallie noual vergaan nie, want sy het 'n item by die supermark gekoop wat uitdruklik sê die vervaldatum is eers einde Maart 2013.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Onmoontlik?
« Reply #15 on: January 03, 2013, 03:46:16 PM »
 :icon_biggrin:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Onmoontlik?
« Reply #16 on: May 24, 2015, 04:36:05 AM »
Ek bieg - elke dag kuier ek heerlik saam ons onbekende gaste (kliek op die skakel om te sien waar en hoeveel gaste dwaal deur ons geliefde maters se ou plasings) en verlekker my keer op keer. Mis dit soooo baie. Is ek die enigste ene??

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Onmoontlik?
« Reply #17 on: May 24, 2015, 12:36:23 PM »
Ek ndwaal en verdwaal ook woordloos tussen die woordlyne. Wens die anders was nie so sonder woorde soos ek nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Onmoontlik?
« Reply #18 on: May 24, 2015, 10:38:58 PM »
Wens ek saam met jou! Vanoggend is dit terug in die ou roetine hier in die Lock huishouding. Vir 'n maand het ons al die wekkers se alarms afgesit. Daar was 'n halfses ene vir wakker word. Kwart voor een vir indien jy verslaap en 'n half sewe ene om te se gaan werk toe. As hy afgaan het ek elke oggend dieselfde monopoly-deuntjie vir Outop: Go to work. Go straight to work! Vanoggend het ek geswig voor die versoeking en daar was 'n ekstra lyntjie - Go to work. Go straight to work - DON'T go fishing  :toothy4:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Onmoontlik?
« Reply #19 on: May 25, 2015, 03:55:01 PM »

  :toothy4:   :toothy4:    :toothy4:      :toothy4:        :toothy4:           :toothy4:
Bly julle het dit geniet en dat dit met jou nog asem-in-asem-uit gaan, al is dit nie so gemaklik nie, lief Raaitjie.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Onmoontlik?
« Reply #20 on: May 26, 2015, 10:53:35 AM »
As jy naby was, het ons gaan koffietjie drink  :love7: