• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ingelegde liefdeslyne: Altyd

Started by Aspoestertjie, December 20, 2012, 10:46:55 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Aspoestertjie

Op 'n mat van sagte groen
by die spruit
het jy my gesoen.
Verewig op my lippe
af-ge-ets
die flinderpassie
van jou teerheid.
Daardie deel van jou
deel van my.
Altyd.



:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Meraai vannie Baai

#1
Dankie vir die ene Aspoestertjie! Ek het gou 'n naamplakkertjie op die verskombuis se rak aangebring sodat ons ook ander maters se ingelegde liefdeslyne hier kan plaas waar joune nou pronk vir iewig enne biekie (altyd) :love7: :notworthy:

Aspoestertjie

Oe ALLA! Nou moet ek nog net iemand kry om te soen.  :angel12:





:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Meraai vannie Baai

Lees ek oor 'n gas se skouer en kom geniet weer 'n skeppie van jou ingelegde woorddis. Assie, nou wonder ek of jy al 'n soentjie gekry het?

PM

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Assie se padda-prins. Tyd dat iemand  :icon_bigsmurf: hom kom vra vir 'n soentjie of darem net afstof.




PM

Ek wens ek het hierdie paddaprings se geduld gehad.  Ek sou lankal ander weivelde gaan soek het.   :angel12:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Ek raak ook nou al lank in die tand soos Blessie, my perd. Maar hier oppie plaas is geleentheid vir soen maar min. Ek wonder party dae as ek oppie internet lees van French kisses en sulke goed. Waar gaan ek dan nou 'n Fransman kry om daai te oefen.



:mumum:

Meraai vannie Baai

Ek sal bietjie gaan koekeloer of ek nie iewerste 'n erf raaklees met aanwysings dat jy solank kan oefen waar oupa jou nie sien nie Assie. Dalk is daar nog 'n video tot jou beskikking. Ek is bietjie verroes in die tipe tegnieke so ek swyg liewers  :icon_bigsmurf:

Naas

Assie, het jy geweet die franse noem daai soen met die tong innie kies 'n Inglish kiss?

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Assie

Klink vir my eerder na 'n tongknoper.


:mumum: