Woordskuur > Verskombuis

Ingelegde liefdeslyne: Altyd

<< < (2/3) > >>

Meraai vannie Baai:
Assie se padda-prins. Tyd dat iemand  :icon_bigsmurf: hom kom vra vir 'n soentjie of darem net afstof.



PM:
Ek wens ek het hierdie paddaprings se geduld gehad.  Ek sou lankal ander weivelde gaan soek het.   :angel12:

Assie:
Ek raak ook nou al lank in die tand soos Blessie, my perd. Maar hier oppie plaas is geleentheid vir soen maar min. Ek wonder party dae as ek oppie internet lees van French kisses en sulke goed. Waar gaan ek dan nou 'n Fransman kry om daai te oefen.



 :mumum:

Meraai vannie Baai:
Ek sal bietjie gaan koekeloer of ek nie iewerste 'n erf raaklees met aanwysings dat jy solank kan oefen waar oupa jou nie sien nie Assie. Dalk is daar nog 'n video tot jou beskikking. Ek is bietjie verroes in die tipe tegnieke so ek swyg liewers  :icon_bigsmurf:

Naas:
Assie, het jy geweet die franse noem daai soen met die tong innie kies 'n Inglish kiss?

 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version