Author Topic: Waar ruwe rotse C.M. van den Heever  (Read 13274 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Waar ruwe rotse C.M. van den Heever
« on: December 04, 2012, 01:30:05 PM »
C.M. van den Heever

Waar ruwe rotse teen die hemel klim,
waar morerooi se eerste traanglans glim,

waar aasvoëls hoog in sirkelbane sweef,
hul rou gekras in afgronde laat leef;

waar grou-wit kranse na die klowe val,
gekeep-hou tot spelonke bo 'n dal;

waar oopgeskeurde klippekake wag
met draketande wat daar grynsend lag –

daar knal opeens geweerskoot bo die kruin
en eggo’s antwoord hard met skelbasuin.

Die dassies wip verskrik oor gladde krans,
patryse saai vlerktrillend uit hul skans.

Skuins glip 'n voet en drillend val 'n roer...
'n skerp geskuur – 'n pad wat afwaarts voer.

Twee hande gryp 'n bos, die angs oorstelp,
benoud klink uit die diepte: “Here, help!”

Twee vader-oë kyk verward...sy seun,
die afgrond lag oor wilde skuurgedreun.

Die kruit en stof vlek oor die lug se blou,
die vader bly sy hand oor sy oë hou.

En dan gewaar hy in die skemering
sy kind, deur rotseskouers vasgedring.

'n Riem rol na die seun daaronder neer,
“Bind vas, my kind...en Pa die sal probeer.”

Maar dis vergeefs...die kransedraak hou vas,
die riem bly stukkend breek, kry las op las.

En hulp snel by...die rotsetande gryns,
hier moet die mensverstand terug voor deins.

Dan klaag daar uit die diepte, sag en flou:
“Ek smeek dat Pa my skiet...en nou...”

'n Roer die bewe in die growwe hand,
sag sif in skemerafgrond korrels sand.

Vas lê die kolf teen vaderskouer aan,
en langs die sneller glans 'n afloop-traan.

“Vergeef my, God!”...’n skoot gedemp en dof...
en bo die bergegraf styg kruit en stof.

Nog skuur iets rog’lend in die diepte daar,
dis stil...die aasvoëls kras...’n vader staar.

Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Waar ruwe rotse C.M. van den Heever
« Reply #1 on: December 04, 2012, 04:27:31 PM »
Sjoe, dit is een van daardie gedigte wat maak nie saak hoeveel keer jy dit lees nie, jou hart elke keer in 'n vuis vasgryp.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar ruwe rotse C.M. van den Heever
« Reply #2 on: December 04, 2012, 09:32:17 PM »
Presies matertjie, jy beskryf dit perpek!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Waar ruwe rotse C.M. van den Heever
« Reply #3 on: December 04, 2012, 11:53:25 PM »
Elke keer as ek dit lees, staan die hare regop!!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Waar ruwe rotse C.M. van den Heever
« Reply #4 on: November 10, 2021, 11:23:05 AM »
Meraai vannie Baai and 5 Guests are viewing this topic. Ons lesers lief ons taal ewe veel  :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar ruwe rotse C.M. van den Heever
« Reply #5 on: November 11, 2021, 04:18:39 PM »
Dit bly 'n roerende verhaal wat 'n mens keer na keer aangryp. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Waar ruwe rotse C.M. van den Heever
« Reply #6 on: November 11, 2021, 09:14:23 PM »
Dis mos n ware verhaal, en ek was oppad Clarens toe, en toe by die klip rots gebergte verby gery, maar ek was nie seker of dit presies hy was nie. Weet julle presies waar dit was.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar ruwe rotse C.M. van den Heever
« Reply #7 on: November 11, 2021, 09:43:27 PM »
Wikipedia
Mense wat in rotsskeure vasval en vassit is nie 'n sonderlike verskynsel nie.
In 2014 nog het die 26-jarige Tsenolo Shadrack Rasello in 'n rotsskeur van die Rustenburgkloof vasgesit. Sy been is deur prof. Frank Plani afgesit om hom te bevry.
Die genadeskoot wat wel deur die vaders toegedien word, as die laaste uitweg, kan wel 'n rariteit wees. Tog skryf D.J. Opperman in sy Junior Verseboek by die biografiese besonderhede dat hierdie gedig 'n volksvertelling oorvertel wat in die bergstreke van verskillende dele van Suid-Afrika voortleef.
Ook in Aantekeninge oor Junior Verseboek (Studiehulpreeks Nr. 560 van The College of Careers) word verklaar op bl. 36:
'n Ou en bekende legende word hier deur Van den Heever spannend verhaal.
Die presiese plek kan wissel: soms is dit Kogmanskloof (tussen Bonnievale en Montagu), ander kere weer naby Ladysmith en Harrismith in KwaZulu-Natal, of in die Vrystaat, dan weer naby Swinburne by Rensburgskop, of "Gordon Rots" naby die Paarl.
Julian Roup skryf in Boerejood (2004) dat sy ma van 'n soortgelyke verhaal vertel het wat in die Paarl sou afgespeel het.Teen die eeuwending van die 20ste eeu het 'n jong lat saam met sy makkers na die Paarlrots opgeklim om daar te gaan speel.
Dit was ook heel doodgewoon vir kinders om toe, soos Roup se ma self ook gemaak het, teen die gladde oppervlak van die rots op pale af te gly.
Na so 'n dag se mannewales is die kinders by hul tuiskoms dan gewoonlik oor die skoot getrek omdat hul klere so verrinneweer is. Op 'n soortgelyke wyse het die seuns by 'n "arendsnes" gaan speel wat oor Paarl uitkyk. Een van die seun het met 'n geskreeu in een van die rotsskeure geval. Hy was ernstig beseer, en na vele probeerslae om hul makker los te kry, is sy maats vort om hulp te gaan soek. Die seun se pa en ander mans het met toue opgedaag. Soos die uurwyser verbygetik het, het die seun al meer begin besef dat die hele saak 'n ongewonne, doodgebore stryd was.
Niemand sou die pa of seun se pyn in hierdie oomblik kon begryp nie.
Toe die seun nie meer sy doodsangs kon temper nie, het hy sy pa gesmeek om hom dood te skiet.
Dit is onbekend hoe lank hierdie innerlike worstelstryd in die pa geduur het, maar oplaas het die seun se krete net te veel geword. Die pa het toe sy seun geskiet. So is die verhaal van geslag tot geslag oorvertel: a parent's worst nightmare and a symbol of a brutal time.
Volgens Perspektief en Profiel was Toorberg, uit die pen van Etienne van Heerden, deur hierdie "volksgeheue" geïnspireer:
'n Verwantskap met ander skrywers se werk is eweneens aan te dui: … uit die volksgeheue die verhaal van die pa wat sy seun die genadeskoot toedien – die bekendste verwerking daarvan is C.M. van den Heever se "Waar ruwe rotse"Oppervlakkig handel Toorberg oor die dood van Druppeltjie (Noag) du Pisani – die buite-egtelike kind van Waterwyser du Pisani en Kêns Tillie Moolman.
Hy het in 'n boorgat geval en nadat alle pogings om hom daar uit te kry, misluk het, is hy deur sy grootvader, Abel Moolman, in die gat doodgeskiet. Die owerhede is nie tevrede met hierdie uitleg nie, en nou moet 'n magistraat gaan vasstel wat werklik plaasgevind het.
Die fiktiewe RSG-radiodrama, Kolskoot Visagie (uitgesaai op 14 Junie 2018) deur Christopher Joynt, wat handel oor Barend Visagie en sy seun Willie se tragiese verhaal wat in 1948 in die Swinburnedistrik afspeel, is ook gegrond op die volkslegende.
« Last Edit: November 11, 2021, 10:04:02 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Waar ruwe rotse C.M. van den Heever
« Reply #8 on: November 11, 2021, 10:42:13 PM »
 :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2:

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Waar ruwe rotse C.M. van den Heever
« Reply #9 on: November 12, 2021, 07:13:52 AM »
Ja, juis tussen Harrismith en die pad diep die Vrystaat in, waar ons (volgens ou Geskiedenis boeke en oorvertel) gedink het dit was.
Die verhaal het n baie goeie rede gehad vir die seun se versoek. Soos PM verwoord... hy was letterlik ernstig beseer, en met die toue waarin hulle hom angstig wou uitkry, is hy verder beseer. Ek onthou die verhaal wat my hart beset het soos gister, en of dit nou meelewende is of ink op papier, maar ek "onthou" welke een ookal... dat hy baie bloed verloor het, en swak begin raak het. Dae het verby die ure gesnel, en die pyn het die kind uit sy sinne gehad. Daar was ook dokter en predikant te perd ontbied. 
Dit herhinner my erg aan Racheltjie de Beer.
Wat moet nie deur n ouer gaan nie....

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar ruwe rotse C.M. van den Heever
« Reply #10 on: November 12, 2021, 07:22:37 AM »
Dit sal my van my kop afdryf.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Waar ruwe rotse C.M. van den Heever
« Reply #11 on: November 12, 2021, 09:28:06 AM »
Dit is so hartverskeurend dat ek myself net nie meer so ver kan kry om weer te lees nie ou Antjie Patat.  :crybaby2: Dit was verseker 'genadedood' soos wat ons dit vandag sou beskryf.  Hier in Australia is daar nogals groot omwentelinge rakende hierdie onderwerp vir ernstige siek mensies wat veg vir die keuse om self te besluit oor wanneer die aardse stryd - volgens eie oordeel - verby moet wees. 'n Einde, self gekose.

« Last Edit: November 12, 2021, 09:31:40 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar ruwe rotse C.M. van den Heever
« Reply #12 on: November 12, 2021, 09:52:56 AM »
Metafories skakel dit mooi in.  Waar ruwe rotse lyers in hul kake vasvang en nou is jy van 'n ander afhanklik om 'n uitslag te lewer oor jou lewe. 
Ek is een vir genadedood. 
Ons sal ons hond of kat uitsit as die stryd om oorlewing te erg raak.  Hoekom nie ons geliefdes nie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Waar ruwe rotse C.M. van den Heever
« Reply #13 on: November 12, 2021, 10:27:06 AM »
Ek het die res van my plasing blitsvinnig kom afhaal want die uwe was so bang dit ontlont 'n struweling en jy gaan dan met ons spog op die 'draadloos' PM  :angel4: Kan wel dit se: ek is 100% ook aan die kant van 'self besluit oor wanneer genoeg, genoeg is.' Te veel onnodige lyding. Te veel aaklige terugblikke op die laaste pad na die anderkant. 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar ruwe rotse C.M. van den Heever
« Reply #14 on: November 12, 2021, 10:42:30 AM »
Raaitjie, jy weet mos ek skrik nie vir struweling nie.  Hier op die forum gun ons elke ander persoon sy siening en ons respekteer dit.  Al wat ons in ruil vra is ook dieselfde respek. 
Daar sal altyd mense wees wat 'n saak anders sien en dit is ook reg so.  Hulle opinie maak baie saak. 
Ek sê mos altyd, daar is my kant, jou kant en die regte kant.  :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.