Author Topic: Kalmte...  (Read 1611 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Kalmte...
« on: December 02, 2012, 09:24:09 AM »
Kalmte…
Is wat ons moet hê. En geduld saam met dit.  Is dit moontlik?
Wel, ek het dit beproef, en reggekry, die afgelope ses maande.  Weg is die ongeduld. Weg is die alewige ‘dit moet NOU perfek gedoen word/wees’-dae van my.  En dit is heerlik om so kalm, ten spyte van ‘n trauma, deur jou dag te gaan.
Na, en tydens, my aflegging, was ek aanvanklik geskok, kwaad, verwerp en ‘n bietjie van koers af toe driekwart van my roetine tot stilstand kom. Dit het nie lank geduur nie, toe tree kalmte in. En geduld saam met dit.
Ek het op al wat ‘n blad is, registreer vir werk en ook my CV oral gestuur.  Soggens vroeg het ek my e-pos nagegaan, doodkalm met ‘n paar koffies, en moontlike betrekkings voor aansoek gedoen.  Van groot jobs in groot maatskappye tot ‘Dog groomer’ hier onder in die straat. Van groot salaris tot bietjie pond wat skaars die rent sou kon betaal.  Maar ek wou net die mark toets.  En weer my voet in die deur kry.  Sommige dae was daar baie wat ek sou kon doen.  Sommige dae byna niks.  En dit is waar die kalmte en geduld my gered het van die swartjas oorgooi en onder die bed gaan lê.  Ek het net vir myself gesê dat wat gebeur het, nie deur my toedoen was en dat God ‘n paar skuiwe moet maak (met respek gesê) sodat die perfekte pos na my kant sal kom.
Intussen het Mamma hier gekuier en kon ek baie aandag daar gee.  Het ook ‘n paar kursusse gedoen, sommer net om die brein besig te hou.  En myself.
Altyd deur was ek min gespin met my ‘unemployed’ status. Om die waarheid te sê, het ek dit geniet. Laaaank laas so ‘n lang verlof gehad. Eerste paar weke moes my brein en lyf gewoond raak aan die nuwe roetine van nie nodig om deur die ‘rat race’ mee gesleur te word en telefone wat aanhoudend lui en spertye en kliënte wat….  Maar daarna was rustig.  Het geduldig gewag vir wat myne sou word.
Ek het net beter funksioneer in die kalmte wat my toe omring. Kon beter besluite neem oor finansies, keuses van opsies vir werk ens.  En deurentyd het ek geweet, die beste, vir my, sal opdaag.
Wees net kalm en geduldig.  En ek het.
elle

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kalmte...
« Reply #1 on: December 02, 2012, 10:04:46 AM »
Ek is so bly dat jy kalmte en geduld te midde van 'n baie onsekere situasie kon vind.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kalmte...
« Reply #2 on: December 02, 2012, 12:04:56 PM »
Goeie dinge kom na 'n ou toe as jy ophou skop en skreeu.   :icon_biggrin:
Wanneer jy ophou skop en skreeu kom jy agter dit het niks gehelp nie.   :icon_biggrin:

So kan 'n ou seker aangaan nê.  Ons jongste vat nou sy vrou en kinders land uit omdat hy na 13 maande nog nie werk gekry het nie.  Al sy en sy vrou se pragtige grade tel net mooi niks vir hulle nie.   :crybaby2:

Ek is baie bly jy is geholpe lief matertjie.  Ons vertrou ook sterk dat daar nog deure vir jou sal oopgaan. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kalmte...
« Reply #3 on: December 02, 2012, 11:12:15 PM »
Ek lig my hoed en knak die kniege Angelica  :love7: Geduld is ook iets wat ek vinnig moes aanleer na ek opgehou skop en skreeu het  :icon_biggrin: