Author Topic: Afrikaanse weergawe van die Loop Poetry (Herhaalde Woord Verse)  (Read 3583 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Afrikaanse weergawe van die Loop Poetry (Herhaalde Woord Verse)
« on: December 03, 2012, 01:06:20 AM »
Hierdie struktuur is geskoei op die loop poetry (last word, first word scheme) van Hellon.

Die laaste woord in elke reël, word die eerste woord van die volgende reël.

Aantal reëls/rym is onbeperk/opsioneel. In die laaste, alleenstaande reël, word die gedig 'opgesom'.

Meraai vannie baai: Gapende gat

Gapende gat wat oopbek wag
wag in die donker skaduwee;
skaduwee van wanhoopsdae

Wanhoopsdae gevul met vrae
vrae wat onbeantwoord bly,
bly hang ... oor ons, soos 'n jas

'n Jas geweef van bitter smart
smart wat ongenadig knaag;
knaag aan punte, van ons harte

Harte wat krampend smag
smag na die vrede van stilte,
stilte wat hang ...

hang, tot die lig van vergifnis - die donker skaduwee's van gal en edik - kom verjaag.

Piet Magriet: Genade.

Ek bring vir jou ‘n liedjie
liedjie wat vrolik klink,
klink vir my na vrede,
vrede, rustig en stil.

Stil is genade,
genade van Bo!
Bo ons eie peil,
peil Hy ons hart.

Hart van genade,
genade vir ander se foute...
foute wat ons almal maak
maak ons ook soms seer.

Seer genees met tyd,
tyd wat sal verby gaan,
gaan maar rustig aan,
aan tyd is ook genade...

Genade, tot die lig van vergifnis, vir jou vrede bring.

EN TOE BRING PIET MAGRIET VIR ONS HIERDIE PRAGTIGE SINONIEME VARIASIE OP DIE HWV STRUKTUUR:

Ek bring vir jou ‘n liedjie
deuntjie wat vrolik klink,
galm vir my na vrede,
ongestoord, rustig en stil.

Kalm is genade,
begrip van Bo!
oor ons eie peil,
meet Hy ons hart.

Boesem van genade,
kwytskelding vir ander se foute...
glipse wat ons almal maak
handel ons ook soms seer.

Pyn genees met tyd,
fase wat sal verby gaan,
stap maar rustig aan,
vir eers, tyd is ook genade...

amnestie, tot die lig van vergifnis, vir jou vrede bring.