Author Topic: Woordjuwele uit eie oord  (Read 23957 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #15 on: December 05, 2012, 12:46:42 AM »
Bloubefoeterd: 'n Paar idiome vir moderne afrikaans:
Iemand is so lusteloos soos 'n nat post toastie.

Iemand is so stadig soos 'n slak oor superglue

Iemand is so bedrieglik stadig dat jy voor hom in die grond vas tackle

Juenka:
Ek is so arm ek kan nie eers voer vir my nagmerries koop nie.

As my nagmerries my gevoer het was ek lankal besig met 'n baie lang tronkstraf.

Meng jou met die varke en die muslims gaan jou nie opvreet nie.

werelde weg:
ek voel so af vandag soos 'n sak nat patats ...

hang net aan 'n tak lepatolis as jy elke pot met sy deksel gaan oop maak sal jy sien dat die appel nie ver van die boom val nie.

aartjie na sy skroefie ...?

'n halwe paaseier is beter as 'n leë dop ...

as hy met die bybel onder die arm loop, loop hy gewoonlik met die duiwel in die gat...

as jy in 'n glaskas woon kan jy nie ruite stukkend gooi nie ...

as jy 'n koek met bitterheid in jou binneste bak, sal dit bitter smaak ...

as die dood aanboord kom dan raak die sakke leeg ...
amper soos die een: as die armmoede by die voordeur inkom loop die vrou uit by die agterdeur ...

Lepinotus Patruelis:
Seg Luis mos vir 'n trawant wie se bakkiesitplek gebreek het, maak dit vas met 'n nuwe moer. Hy seg toe Luis moenie so vloek nie. Seg Luis toe maar wat van 'n sesduimspyker deur die gat sit om die sitplek tot by die huis vas te hou? Seg hy toe mos luis is 'n prevert.

So ry hy toe maar baie ongemaklik tot by die huis, sonder om enige van die stukkies advies te volg. Morele lessie: As jy jou nie meng met die wat vloek en preverte is nie, het jy 'n baie ongemaklike rit ...

Of so iets?

« Last Edit: April 21, 2013, 05:08:13 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #16 on: January 21, 2013, 12:10:08 AM »
Juenka:
*Daai boots is amper so gevaarlik soos my boobs. Ek bedoel nou in gewig.
 
*Na vandag wens ek dit was al gister!
 
*Ek het genoeg hare vir sewe kaal koppe. Het ook 'n natuurlike liewe Jesus perm.

*Glad nie maer nie maar ook glad nie gepla nie.

*Ek dra ook nie 'n rok ooit nie. Ek het 'n paar heavy metal t shirts waarmee ek met trots in die winkel rondloop.

*Make up - nee wat ek dra dit net as ek spook-spook saam met die kinders speel.

*By skoolfunksies sit ek heel agter by al die ander stout kinders en as my kind op die verhoog kom skreeu ek woooo wooo met my arm wat woes swaai.

*Ek ry 'n Nissan wat uitmekaar uit val al kan ek 'n nuwe kar bekostig.

*Ek draai my rug op rassistiese aanmerkings en staan op as iemand verneder word. Ek meng my soms met die semels maar sorg darem dat die varke my nie opeet nie.

PM:
*Ek sê mos, toe ek dertig was het ek gedink ek het die hele wêreld se kennis en ervaring, nou is ek twee maal ouer en nou besef ek eers ek weet nog net 'n klein bietjie, maar ai, more het ek dit ook weer vergeet. 

*As ek eendag groot is gaan ek vir my 'n huisie daar koop.  Een teen die rotse, daar waar die "stinkes" bly.  Die wat stink van die geld!
 
*Vertel nou net vir my wat wil jy met kennis maak wat jy nie gaan gebruik nie?  Sal dit nie daar lê om jou te koggel nie?  Sal jy dit nie wil probeer om te sien of dit werk nie? 

*My pa het altyd gesê, moet nooit iemand anders se intellegensie onderskat nie,  hulle mag dalk net nie so dom wees as wat hulle lyk nie.

*Welkom Mis Piggy, nou is ons weer die vier "rakkertiers".  (Gruwelsusters)
As ons gas nou opdaag is ons 'n mooi vers.  Die kwatette en die koetotte!   

*Maar my faks, dit is flippen eensaam! O hallie ha!  Waar is Mevrou Varkie,  ek  mis haar stukkend by hierdie gesprekke!
 
*Buiten vir die mooi sterretjiesaande het die kragonderbrekings baie mense se finansiële ondergang beteken. 'n Hele paar het hul kerse aan alby kante gebrand en toe nie die mas opgekom nie.

« Last Edit: January 21, 2013, 12:21:32 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #17 on: August 14, 2015, 11:13:34 AM »
Toe kom ek weer hierop af.  Werklik woordjuwele. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #18 on: November 11, 2021, 12:08:51 AM »
En vandag kom plak ek gou weer een joune vas PM: 'n Vriend van my is skeef snaaks mal oor ougoed.
 :notworthy: :headbang:

Terwyl ek so tussen die lyne dwaal spring die volgende twee ook sommer in die woordmandjie:

Gawelina: Ek is 'n paplepel -  stir orals waar ek gaan. 
PM: As jy vir liewe Heksie op haar besem gesien verbyvlieg het voor die maan, dan het jy my gesien.
« Last Edit: November 11, 2021, 04:27:11 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #19 on: November 11, 2021, 09:01:32 AM »
Jis, ek het gister gou 'n draai daar gegooi.  Hulle woonplek is oppad na die plek waar ons flitsplaat koop vir die dak. (Moes alweer aanvul)
Hulle het 'n gastehuis "B&B" en 'n restaurant op die perseel.  Daar staan toe 'n ou motorvoertuigdeur.  Ek dink dit was een van Henry Ford s'n.  Siestog, het al baie beter jare beleef.   :dontknow:   Wat egter saak maak is dat hy "skeef snaaks mal" is daaroor.   :icon_biggrin:
Hy het toe 'n ou radiogram, platespeler in 'n 1950 kassie waarvoor ek my eersgeboortereg sou verruil het! 'n Paar stokou verroeste nommerplate en "wheel caps".  'n Groot ronde Mobil advertensieplaat!  Die kroeg se voorpaneel is van sinkplaat.  Dit skep 'n heel ander atmosfeer.  Ek sal gaan kyk as hy klaar alles gemonteer het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #20 on: November 11, 2021, 09:32:54 AM »
Ek is groentjie diekant. Al die ougoete lei my in versoeking en ek probeer nie eers walgooi nie  :angel8: