Woordskuur > Verskuilde Verse
Verskuilde 0-skop Verse
Meraai vannie Baai:
Saamgestel deur die woorddief :notworthy: :icon_biggrin:
Piet Magriet:
Ek weet hierdie 0 is 'n gat, is hierdie O 'n asgat? Ons is 'n klomp "0-skoppers".
Ek is nou nie snaaks nie,
maar ek is bly as hulle hemel toe gaan,
ek wil nou regtig nie saam met hulle om dieselfde vuur sit nie!
~~~
Piet Magriet
Ek wil nou nie uit my beurt praat nie,
want ek het nie die ondervinding nie,
maar deesdae is alles Inglish!
Die ousie hy kom soek hom die werk,
hy praat hom net die Inglish,
maar hy verstaan hom die fokkolie wat djy sê vir hom nie!
Jy kyk hom by die oog as djy saam met hom praat
maar djy kan sien die ligte hy is aan
maar daar is niemand by die kaia huis nie.
Dan praat djy hom die Sotho of die Zulu,
maar natuurlik is djou Sotho of djou Zulu nie so goed nie
en dan hy verstaan hom nog die minder as die fokkolie.
MAAR dan!
Uit pure frustrasie,
djy praat hom die Afrikaans,
"and God is your witness"
die ligte hy slaat vir djou blind!
Nou djy denk so by jouse selwers,
shame, as daai kjend se ma nou vir hom
van die kleintyd af die Inglish geleer het,
dan broer, dan, kon djulle altwie
iets iewers reg gekry het!
*Hierdie gedig bevat 4 gedigstrukture in een :)
~~~
Naas
My oorle oupa het altyd gesê:
"n Dronk leeu het die skoot hoog deur."
Maar miskien het dit iets te doene gehad
met die Transvaalse rugbyspan op 'n verloor Saterdag.
~~~
Trapsoetjie
Dinge kom en gaan.
Binne bly die storm
aan die brand.
....en hier sit ek weer
met my rooirok voor jou deur.
Niemand is tuis, het almal verhuis?
Hier is dan (veronderstel) om so baie lede te wees, wa's julle?
~~~~~~~~~~~~~~
Angelica: wees veilig
Veilig van goggos
en goed wat seil
en goed wat brul
en spring en hop.
Neem genoeg spaarbande saam.
En sonskerm roompies.
O ja, en water!
~~~~~
Chichi se 0-skop versie
ek
dink,
ek staan die
beste kans hier,
om nog in my tyd 'n ou boertjie -
met 'n wynplaas en 'n lughawe te ontmoet!
Meraai vannie Baai:
Wonder ek of hierdie 0-skopverse ook in die kroeg hulle eerste geboortepyne gekry het :book1:
PM:
Ek wil nog steeds nie saam met hulle om dieselfde vuur sit nie. Ha-ha.
Meraai vannie Baai:
Die 0-gatskop sal altyd vir my spesiaal wees. Kom baie jare al met ons saam besef ek vanaand weer. Ons weet NET hoe om te kuier tussen lyne met die ABC. Enig in sy soort. :`ip2:
eers was dit dit...
toe was dit dat...
en nou sit ons met die hand in die 0
:icon_biggrin: :snorting:
PM:
Jy neem my terug na die lekker goeie ou dae. :hello2:
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version