Woordskuur > Pret met woorde

As woorde dros...

(1/12) > >>

Meraai vannie Baai:
PM:
Dit is verbasend hoe woorde kan "awall". 
Soek jy dit is dit weg, kry jy dit
is iemand anders besig om te praat.
Soek jy dit weer, is dit weer weg.   

Sorg dat jy pen en papier byderhand het, net vir wanneer die ontmoeting weer plaasvind.   

Naas:
Die ou grysmassa
tussen die klankhorings
se vertakkings, is al so baie
dat die woorde verdwaal
in die gange.

As hulle ontmoet sal ek hulle kom voorstel.

Meraai:
Tien getroue vriende rus op 'n sleutelbord
en tongkieswoorde, lettergrepig afgedruk
op my gees, waarop ek heeldag wou teer;
nou net 'n nagmerrie      in 'n woordtronk.

As hulle uitgelaat word op parool, sal ek hulle aantree, in gelid.

Assie:
Ek wou nog altyd hierop antwoord maar het vergeet wat ek wou se.

 :mumum:

PM:
Jou stoute kabouter, ek dink jy moet weer dink en kom seg.   :love7:

Assie:
Oom Naas het blowe hy bring vir my 'n woordeboek as die kouewit nou eers verby is.

 :mumum:

PM:
Hy moet dit liewers pos, die kouwit gaan nog lank met ons wees en jy weet mos, ek haat dit om te wag.   :notworthy:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version