Woordskuur > Pret met woorde
Letterwoorde
Meraai vannie Baai:
Ons is almal al mooi dingesvol vir hierdie ongewenste plapos. Hier is 'n paar oulike name wat ek raakgelees het:
Varkpos
Geraaspos
Sproeipos
Pespos (en die IT man is dan 'n pesposwagter!)
Op versoek van 007 word die volgende letterwoorde vir SPAM geskep.
Outoppie
S: Simpel
P: Pos
A: Aangestuurde
M: Moermeter-aktiveerder
SueEe:
Spoeg-
Pos
Aan
My
Spul
Praatkous
Aangedrewe
Mail
Naas:
My ouma het ook een van daai gehad. Gelukkig is dit dood voor dit kon aanteel. :-})
K-onstante
O-ngevraagde
T-oeststroming van
S-teurpos.
In ander woorde: "Ons word oorval deur KOTS.
Willa:
S - steur
P - pos
A - aktiveer
M - moermetertjie!
Meraai vannie Baai:
Wonder ek nou wat sal ons die ongewensde foon oproepe noem wat jou belieg oor die 'gevaar' van jou komputer wat 'besmet' is en as dit nie reggestel word nie, gaan jou internettoegang afgesny word :toothy4: :dontknow:
Tot op hede werk dit soos 'n bom deur te antwoord dat die oproep gemonitor word deur die polisie :toothy4: Wat antwoord julle?
Assie:
Ek en oupa praat sommer van gemorspos of toiletpos aangesien die papier in blokkies gesny word en in die longdrop gebruik word om die toiletpapier te spaar.
:mumum:
Naas:
'Wonder ek nou wat sal ons die ongewensde foon oproepe noem wat jou belieg oor die 'gevaar' van jou komputer wat 'besmet' is'
Wat van "ANC gasette"?
:icon_bigsmurf:
Meraai vannie Baai:
Daardie ene kan werk Naas :headbang: :hello2:
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version