Woordskuur > Gesegdes van toeka tot nou

Uit die mond van ons Forummoeder

(1/4) > >>

Meraai vannie Baai:
Piet Magriet:
Kinders agter in 'n voertuig kan ongelukke veroorsaak. Ongelukke agter in 'n voertuig kan kinders veroorsaak.
 
Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik daarvan.
 
Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig het.
 
Ek haat mense wat honde aanhou. Hulle is ’n klomp sissies wat nie genoeg guts het om iemand self te byt nie.
 
Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders dit lankal gedoen het.
 
Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie!
 
As jy vir jouself kan lag dan het jy altyd iets om oor te lag.
 
As jy lyk soos jou paspoort-foto, dan het jy 'n reis nodig.
 
Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!
 
Hy is so maer, hy lyk soos 'n potlood met 'n handbriek.

Arende vlieg dalk hoog, maar ons muishonde word nooit deur 'n vliegtuigmotor ingesuig nie.
 
Die mens is op aarde geplaas om ’n sekere hoeveelheid werk te doen. Op die oomblik is ek so ver agter ek sal nooit dood gaan nie.
 
Oop bek soos 'n gaar vis!
 
Lang gesig soos ’n bok wat afdraand vreet.
 
Ek is nou so opgewonde soos 'n budgie op steroids!

Ek is nou so lus vir 'n Rennie ek eet sommer 'n pastei.
 
Jy's so skeel jy kyk jouself diep in die oë!
 
Van sit of staan bly lê die lekkerste.
 
Hy is so maer, as hy langs 'n wit muur loop lyk dit soos ’n kraak wat beweeg!
 
Hy is so skelm, hy bid onder 'n skuilnaam.
 
Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks.
 
Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.
 
Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lotto nommers verkeerd in.
 
Ek is so kwaad, ek soen sommer 'n pofadder oopbek.
 
Wees gaaf met mense op jou pad boontoe, want jy ontmoet hulle dalk weer op jou pad terug onder toe.
 
Roem kan ook maklik teen jou draai soos in Michael Jackson se geval.

Jou van is Vanhelsdingen en jy maak seker jou broek met 'n geelslang vas.

 "Die pad is lank en swaar!"
Dit wat 'n mens nie doodmaak nie maak jou net sterker

Meraai vannie Baai:
PM: In my soeke na ander inligting het ek op hierdie lysie afgekom wat ek so met die tyd aanvul. 

Dit is heerlik om te lewe, alhoewel die lewe nie altyd regverdig is nie. 

Wanneer jy onseker is, neem net een klein treetjie.

Geniet die lewe, dit is te kort om ...

Jou werk sal nie na jou omsien as jy siek is nie, jou vriende en familie sal. 

As jy nie skuld maak nie, sal jy niks hê om terug te betaal nie.

Maak vrede met jou verlede sodat dit nie jou toekoms bederf nie.

Dit is goed as jou kinders jou kan sien huil.

Wanneer 'n verhouding geheim gehou moet word, hoort jy nie daarin nie. 

Neem 'n diep asemteug, dit kalmeer die siel.

Raak van alles ontslae wat nie nuttig is nie, rommel skep chaos.

Dit wat jou nie sal doodmaak nie, maak jou net sterker.

Dit is nooit te laat om gelukkig te wees nie, maak die besluit nou.

As jy weet wat jy wil bereik, moenie nee vir 'n antwoord aanvaar nie.

Brand die kerse, moenie die mooi goed bêre vir spesiale geleenthede nie, vandag is jy en jou mense spesiaal. 

Wees goed voorbereid, dan vat jy dit soos dit kom. 

Jy kan maar nou eksentriek wees, moenie wag vir die ouderdom nie, dra daai pers hoed. 

Die belangrikste geslagsdeel is die brein. 

Raam elke ramp met hierdie woorde:  "Sal dit saak maak oor vyf jaar."

Kies altyd om te lewe.

Vergewe, maar moenie vergeet nie, beskou dit as 'n lewensles.

Tyd heel meestal alle wonde.  Gee tyd net tyd.

Dit maak nie saak hoe sleg die situasie is nie, dit sal verander.

Moenie jouself so ernstig opneem nie, niemand anders doen dit nie. 

God is lief vir jou oor wie Hy is, nie oor iets wat jy gedoen, of nie gedoen het nie.

Jou kinders kry net een kindwees. 

Aan die einde is al wat saak maak, die geleentheid wat jy gehad het om lief te mag hê.

Maak nie saak hoe jy voel nie, staan op, trek aan en wees daar.

Gee toe!

Die lewe het nie 'n strikkie om nie, nogtans is dit 'n geskenk. 













 

Meraai vannie Baai:
'n Mens kry geen gek agter 'n groot neus nie.
 
Glip of gly - neem jou besluit!
 
'n Laatperske-gesig - 'n suurgesig.
 
Ek lag my 'n boggel!
 
Jy het nog vanoggend gelê en poepruik toe werk ek al!
 
Daar is egter goed wat die wit waks uit my irriteer!
 
Ek is so deurmekaar soos 'n vlooi op 'n warm stoofplaat!
 
Dit lyk mos nou na 'n vendusie-vetkoek, bedoelende dit is plat en het nie baie vleis in nie.
 
Hy het 'n pie soos 'n vendusie-os.

Hy het bakore soos 'n rugby-trofee, of 'n nagmaalbeker.
 
Met daardie bakbene sal hy nie 'n vark kan vang nie.
 
Wye neusgate soos 'n briesende bul.
 
Met die agterent in die botter val – groot geluk oorkom.
 
Een se brood is ‘n ander se dood – wat ‘n nadeel vir een persoon is, is ‘n voordeel vir ‘n ander.
 
Buig of bars – dit maak nie saak hoe nie, dit moet gedoen word.
 
Die bul by die horings pak – om ‘n moeilike taak aan te pak.
 
Jy ken ‘n boom aan die vrugte wat dit dra – iemand se dade spreek van sy karakter.
 
Hy het iets op sy brein – hy praat aanhoudend oor dieselfde onderwerp.
 
Ek voel dit aan my broek se naat – ek is oortuig daarvan.
 
Wat nie wil buig nie sal breek – ‘n mens moet toegewend wees of die gevolge dra.
 
Iemand om die bos lei – om iemand te bedrieg.
 
Jy lyk ‘n mooi bog – jy sal dit nie kan doen nie.
 
Een blinde kan nie ‘n ander blinde lei nie – ‘n onkundige persoon kan nie iemand help wat niks weet nie.
 
‘n Boom het altyd ‘n skaduwee – ouers het ‘n groot invloed op hulle kinders.
 
Hulle het dit nie breed nie – hulle is arm.
 
Hulle sit onder een bos – hulle stem saam met mekaar.
 
Jouself te buite gaan – Jy het dit oordoen –nie jou mate geken nie.
 
Die koeël is deur die kerk en die ouderling is gekwes – die skade is klaar gedoen en dit kan nie meer herstel word nie.
 
Kolmuis vreet wasgoed - gesê van iemand wie se broek styf tussen die boude intrek
 
So oud soos my hande maar nie so oud soos my tande nie.

Die kortste pad tussen twee mense is ’n glimlag.
 
Lag is ’n magneet – dit trek ander mense na jou toe aan.
 
Lag is verniet (dit kos niks).
 
Lag lekker uit jou maag – dis goed vir jou maagspiere.
 
Mense van alle kulture en tale kan slegs een ding – ’n glimlag – verstaan.
 
Wees gaaf met mense op jou pad boontoe, want jy ontmoet hulle dalk weer op jou pad terug onder toe.
 
Eintlik is daar net twee soorte vriende, goeie vriende en slegte vriende. Goeie vriende het jy nodig en slegte vriende het jou nodig.

Meraai vannie Baai:
As PM kattarag raak.

Is indrukwekkend nou wat gebeur as 'n mens viagra gebruik?

Jan van Stootgare van Riemruk, 'n klein plasie op die oewer van Sannieshof, was 'n indrukwekkende man.  Hy was 'n diepsinnige man met 'n onblusbare passievolle lustigheid wat  telkemale 'n euforiese gevoel by hom gelaat het na so 'n katarsis.  Hy kon ook katastrofaal en katatonies in een sin gebruik.  Dit het vir hôm verruklik sin gemaak.  Seg hy altyd, dit het hom baie gehelp om nie gramstorig te raak of katalekties te voel nie. 
Die storie sal vervolg word. 

Meraai vannie Baai:
Piet Magriet:
'n tuin sonder 'n boom ...  is soos 'n voël sonder 'n nes!

'n Mens kan die dolle stilte steek met 'n dolk

Oud maar nog lank nie koud nie! (Snow on the mountain top and fire in the valley!)
 
Haar voorgee is nou op 6.  Sy klop die manne "six love".

Eish!  Solank my snor net nie langer as Hannes s'n is nie!

Hoekom laat WW my nou dink aan sewevingerblaartjies?

Gee vir my 11 uit tien.  Een afgetrek vir foute!

Ek tel al my sente. Die spaarvarkie se stertjie hang al op die grond!

Hulle sê die lewe begin wanneer 'n mens geen verantwoordelikheid het meer nie.

Dan vra hulle my hoekom drink ek,  dan vertel ek hulle,  dan drink hulle saam!

Lyk my dit is nog 'n "sonde" wat nie vir 'n mens opgeskryf word nie,  jy kry jou straf sommer dadelik

Solank jou tokkel en jou toeter nog werk is alles reg!

Wat tickle jou tokkel?

Flip,  my alie het al my pantie vol gate gevreet!

Ek "kata" maar met die stoflap en mop.

Ek is te swaar vir ligte oefeninge en te lig vir "swaar" oefeninge.

Ek drink net een glasie wyn.  Dan is ek 'n ander mens,  en daai ou kan suip!

Tien vingers en al is ek so alleen soos ek en myself! 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version