Bak en brou > Slaaie

PM se ingelegde beetslaai

(1/3) > >>

PM:
So lê ek my beet in.

Kook sommer so drie pakke beet tot dit gaar is  (sommer in die drukkoker) en verwyder die skilletjies.  (Gooi die beetwater af,  vul dit aan met water tot vier koppies vloeistof en kook dit effens met 1 koppie suiker.  Gooi dit in die voëls se drinkbottel en siedaar!

Maak 'n soetsuur sous so:

Kook alles saam.
1 liter asyn
750 ml ligbruin suiker
1 telepel borrie
4 telepels droë dille  (opsioneel,  maar dit maak net die verskil)
2 eetlepels mosterdsaadjies  (ook opsioneel maar kry dit gerus)
10 telepels mielieblom,  aangemaak  met 'n bietjie water

Jy kan die beet in stukke sny of dit net so heel in bottels plaas.  (Ek hou altyd my leë botteltjies en bedel dit terug wanneer ek die beet of ander kossies uitdeel.   :icon_biggrin: )

Gooi nou die sous oor tot die bottel heeltemal vol is en skroef toe.  Bêre dit maar in die yskas.  Njammies!

Meraai vannie Baai:
 :evil6: :toothy4: Ek sien die titel en dadelik is daar prentjie van kenfruitbottels met heerlike beesboude, -blaaie, en toe ek by die T stukke kom wonder ek hoe het jy dit in die bottel gekry hehehehe  "Ingelegde Beeslaai"  :love7: :hello2: Jou resep klink heeeeerlik!!!

PM:
t  :`ip2:  waar loop jy rond?   :icon_biggrin:

As ek dit vir my en Hannes maak, dan gooi ek 'n goeie skoot rooipeper by.  Ons lief brandkos. 

adele:

--- Quote from: Meraai vannie Baai on December 01, 2012, 10:03:17 PM --- :evil6: :toothy4: Ek sien die titel en dadelik is daar prentjie van kenfruitbottels met heerlike beesboude, -blaaie, en toe ek by die T stukke kom wonder ek hoe het jy dit in die bottel gekry hehehehe  "Ingelegde Beeslaai"  :love7: :hello2: Jou resep klink heeeeerlik!!!

--- End quote ---

lekker lag ek nou want ek het ook gister daardie kommer oor beeslaai gedeel, maar gou geloer en geweet hier is 'n wenner, ai, ek lief lekker beetslaai   :hello2: 

 :grommit:

PM:
Dit is 'n jaar later en ek wonder hoeveel van die meer as 1200 lesers het hierdie "beeslaai" van my probeer.  Dit bly maar 'n wenner. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version