Digkuns > Skryftegnieke
Allegorie (Die drie Gruwelike Susters in die Stomkletstuin)
PM:
Die drie Gruwelike Susters in die Stomkletstuin
Dit was die dae toe ek, Raaitjie en Gawelientjie elke oggend met mekaar gekuier het op die internet.
Raaitjie het dit so mooi saamgeklits. Saamgevat. Uitgelê.
Raaitjie, waar is jy. Gawie, ek wag vir 'n drukkie. Hier is 'n drukkie vir julle. (((Raaitjie))) (((Gawie)))
Gawelina:
(((((PM))))). Ai kry ek nou sommer trane in my verlepte navy blue eyes toe ek die e-pos met die topic kry.
PM:
Ag my sustertjie, ek mis julle so vreeslik baie! Waar is Raaitjie? Ek bid net dat sy gesond en wel is.
Ek is so dankbaar dat jy hier saam met ons kuier. Dit het tyd geword dat ons almal weer saam kuier. Ons is mos 'n familie, dan nie?
Meraai vannie Baai:
Natuuuurlik is ons 'n familie. Raaitjie hoes haar longe uit. Bedkassie lyk soos apteek lol. Kleingoed was bekommerd dat ouma nou besig is om dood te gaan. Ek antwoord toe geen rede tot kommer ouma gaan lewe tot 'n mooie 100 jaar. Hak die prinsie af: Maddy you know ouma is already 99! Borsverkoue maak mens oornag oud. Een troos, as ek so min kan bly eet gaan die prinsessie met volgende kuier vir my langs oupa op selfde blad kan teken en nie oorkant op 'n dwarsgedraaide blad sodat sy kan 'fit' nie :angel4:
PM:
Jy moet eet om sterk te word en sterk te bly. Moenounie dat 'n mens met jou sukkel nie.
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
[*] Previous page
Go to full version