Hier is my Haiku - Raaitjie onthou jy - nog van Woes se dae af ... PM en McFarlan het my ook nog gehelp en as ek reg onthou onse Langenhoven ook 
ek is nie seker hoeveel haiku ons kan inskryf nie - werk nog deur die inligting ...
as ek net een kan kies - watter een sou jy gekies het  - of moet ek 'n nuwe een probeer skryf  
  JY = ALMAL wat hier lees en gaag input wil gee - ek's nie bang vir skaaf en skuur nie - dis al hoe ek leer en groei ...  
Deesdaekinders met groot-mens
gesigte weggooi klere
vandag straat mode
© Ah,Willa!
_____________________
KoffieBitter donker swart 
nege tot vyf verslawing 
koppie boere troos. 
© Ah,Willa!
---------------------------
StadBeton oerwoud dig 
Stram ou gesigte soek nie 
Weet dis net koud hier. 
© Ah,Willa!
--------------------------------------
GewoontesGeskeurde ma hart 
jong kind 'n dwelm verslaafde, 
geen rede, net seer. 
© Ah,Willa!
--------------------------------------------
Lewe 2008Styf getrekte spier 
onnatuurlike lewe 
nou verkrag, more? 
© Ah,Willa!
-----------------------------------------------
GevoelGeskep deur God hand 
vertrap deur mens voet net so 
gelos stukkend hart. 
© Ah,Willa!
--------------------------------------------------
Spitsverkeer'n Verkeer sirkel 
nog 'n ronde bal vuis wys 
spoed en tyd oorlog 
© Ah,Willa!