Author Topic: Die Dowe Digters  (Read 3204 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Die Dowe Digters
« on: October 29, 2012, 12:02:28 PM »
Julle ek was laas Donderdag by die 2de hoofstuk ( dis gebaseer op The Dead Poet Society - maar informeel)
Ek weet daar is 'n groep in PTA ook - Petra weet jy van hulle  - ek kan hulle besonderhede kry??

Die Dowe Digters Donderdae kom een keer 'n maand bymekaar - kuier om 'n hap en drink dingetjie en deel gedigtes/liedjies en kuns met mekaar - Abjator open die vloer sodra ons dink meeste is daar en van daar is dit oop - jy deel in die oomblik gelee vir jou of maak soos ek laas keer en geniet net almal se voorlesings :-)

So die van julel wat in die Kaap is - julle sal regtig die mense geniet - as julle gemaklik is met Petro en Hannes  - dan sal julle die groepie geniet - daar is die wat 'n wyntjie te veel geniet en 'n rookie rook en die wat soos 'n muurblom sit en die wat so tussen in is en die wat meer preuts is (soos ek ha ha ) - maar almal kom lekker oor die weg en ons het lekker gelag en gegroei ...

ek het almal ook uitgenooi om die Afrikaanse Forum te kom join - ek het verduidelik dat hulle dan om 'n daaglikse basies kan kuier en groei - Abjator is 'n ongelooflik digter ( hy dig met vloeke tussen in - maar dis diep en laat mens dink ) ... ek is seker julle sal sy werk geniet ... ek sal hom weer nooi - Naas as jy en Debbie en almal wat hier in die Kaap is kom inloer (nou kan ek nie onthou wie almal hier en wie almal waar is nie ha ha)  - dan kan hulle ook sien dat Die Afrikaanse Forum gevul is met prag mense wat baie talentvol is ...

Hier is die link na die Derde Hoofstuk se details : Hello Julle - vir die van julle wat in die Kaap woon -

https://www.facebook.com/events/111441562349105

Dis die link na die groep (ons deel nie werklik werk hier nie - dis meer net om ontmoetings te reel en foto's van die events te deel)  - baie van die mense deel op Solovlug op FB 'n paar is ou Woes lede ... maar ek moedig hulle almal aan om hier te kom aansluit ... ek kuier nie op Woes nie - my profile is nog daar en ek laai nog gedigte - maar ek gaan glad nei meer na die Woes forum toe nie - hierdie is myse huisie en ek sal graag al die digters waamee ons maats is - hier wil sien op die Afrikaanse Forum

https://www.facebook.com/groups/dowedigtersindiekolonie/

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Dowe Digters
« Reply #1 on: October 29, 2012, 12:48:15 PM »
Dankie dat jy gedeel het Willa.  Jy is welkom om die geleentheid se datum, tyd en adres hier te laat van tyd tot tyd, vir die ouens wat dit kan maak. 
Jy kan gerus ook die Pretoria-groep se besonderhede hier plaas.  Dalk kan ons dit ook bywoon. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die Dowe Digters
« Reply #2 on: October 30, 2012, 10:06:33 AM »
Ek sal Abjater vra vir PTA se besonderhede

PM - ek het gese as hulle jou e-mail om aansoek te doen om by groep aan te sluit - dan moet hulle net se hulle is van die Dowe Digters of   deur my verwys ...

hulle weet om jou te email
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Dowe Digters
« Reply #3 on: October 30, 2012, 07:24:21 PM »
Baie dankie matertjie.  Ek waardeer al jou inset.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die Dowe Digters
« Reply #4 on: November 11, 2012, 04:53:58 PM »
Ek wag nog vir PTA se besonderhede - anders sal ek dit met Hoofstuk 3 by Abjator kry

Hoofstuk Drie in die kolonie :

Thursday, November 29, 2012
7:00pm
Digters skrywers, liedjieskrywers, sangers en kunsternaars kom speel saam!

Dowe Digters Donderdae is ‘n geleentheid vir digters skrywers, liedjieskrywers, sangers en kunsternaars om hulle werke vlerke te gee en te laat hoor/sien: ‘n kreatiewe vuur, wyn, woord, brood en musiek aand.

Ons kom elke laaste Donderdag van die maand by mekaar by The Olive Bistro in Durbanville. Die Bistro is in Church street nommer 22. kom.

Bring van jou gedigte/liedjies saam om te deel.
Kom wys jou kuns en skeppings

Abjater sal sodra almal min of meer daar is - die aand open - maar daarna is dit 'n ronde-oop tafel. Jy lees/sing/wys/spring/danse in die oomblik wat jou aanroep!

INFORMEEL
LEERSAAM
PRET
MAATS
LAG
SPEEL
....

Kostes per persoon : R40.00
(Dit sluit 'n kou dingetjie in)
Jy kan by die Olive Bistro drink goed en eetgoed bestel.

Vir navrae stuur n posduif of rooksein na:
Abjater Ronkedoor: 0824216754

Vir aanwysings:
Ruan Rabobi :021 9760884


Laat die woord loop
__________________________________________________________________________________________________
Dowe Digters Donderdae (In die Kolonie)
AboutEventsPhotosFiles
49 members · Message
Martin Navnihal Lochner wrote:
Poetry is not extracting the meaning of the poet in a piece but rather to find yours in his or her words. Enough provision has been made for the conceited and the narcissistic but it is the inflicted that comes first to be served. It must also be said that poetry does not speak to the stupid and callous minded opportunist.

https://www.facebook.com/groups/dowedigtersindiekolonie
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w