Author Topic: Heerlike soet en suur vark  (Read 15040 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Heerlike soet en suur vark
« on: October 18, 2012, 12:22:36 PM »
Bestandele:

500gram Varkvleis
2-3 Teelepels sojasous
Knippie maizena
2 Wortels
1 Groot ui
1 Groen peper
1 Koppie pynappelstukke
3-4 Koppies olie vir die diepbraai

Sous:

¼ koppie suiker
2 Eetlepels tamatiesous
2 Eetlepels sojasous
¼ Teelepel sout
½ Koppie pynappel sap
¼ Koppie asyn
1 Eetlepel maizena opgelos in 4 eetlepels water

Meelmengsel:

1/3 Koppie meel
1/3 Koppie maizena
1 Eierwit
1 Eetlepel olie
1/3 Koppie warm water

Metode:

Sny die varkvleis in 3cm repies.  Marineer die vleis in sojasous en knippie maizena vir so ongeveer 30 minute.  

Meng al die sous bestandele in ‘n potjie en verhit vir paar minute.  Gooi dan die maizena wat gemeng is met water by en roer.

Sny al die groente in 2cm skyfies en kook vir 5 minute in kokende water.

Sit dan die groente by die sous en verhit alles saam.

Terwyl jy die meelmengsel maak (alle bestandele soos hier bo gewys gaan in een bak en word gemeng) kan jy solank die 4 koppies olie verhit.

Druk die stukkies varkvleis in die meelmengsel en dan direk in die warm olie.  Braai tot bruin en le dit op kombuispapier sodat die meeste olie dreineer.  Braai alle stukkies vleis en besluit dan hoe donker jy die gebraaide meelmengsel wil he, hier is waar jy al die vleis vir ‘n tweede keer kan braai. (Die tweede braai maak dit baie lekker en “crispy”).

Meng dan die vleis met die sous en bedien dit saam lekker warm basmati rys.

Geniet julle..  Ek sit more ‘n fototjie op  :color:
« Last Edit: October 19, 2012, 08:45:59 AM by Terry »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Heerlike soet en suur vark
« Reply #1 on: October 18, 2012, 01:00:03 PM »
Ek gaan die een beslis probeer. Dankie





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Heerlike soet en suur vark
« Reply #2 on: October 18, 2012, 01:04:42 PM »
Waps!  'n Klapsoen!  Baie dankie Terry, jy is 'n ster my meisie.  Ek sal dit beslis ook probeer. 
Jy kom kom sê hoe jy dit gevind het en wat jy verander het Naas. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Heerlike soet en suur vark
« Reply #3 on: October 19, 2012, 12:59:48 AM »
Ekke wag daai foto Terry  :hello: dit klink heeeeeeerlik!

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Heerlike soet en suur vark
« Reply #4 on: October 19, 2012, 08:55:36 AM »
En toe is dit so lekker om weer hierdie resep te probeer, ek het toe sommer hier en daar iets verander om dit beter te maak..  Soos die meelmengsel vir die diepbraai, ek het in plaas van die resep te volg, sommer met 'n nuwe een opgekom.  (Dalk is dit nie nuut nie, maar eerste keer vir my  :angel8:)

Meelmengsel:
1/2 Koppie meel
1 Koppie bier
1 Eier
Sout en peper.

Meng alles saam en le dan die vleis daarin en diepbraai.

Ek het ook heel kreatief gevoel en in plaas van gewone basmati rys te gebruik, het ek egte Chinese "chicken fried rice" gemaak..  Ek dink in Afrikaans is dit "gebraaide hoender rys"..  :icon_study:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Heerlike soet en suur vark
« Reply #5 on: October 19, 2012, 10:59:42 AM »
"Chicken flied lice" dit klink heerlik.  Kan ons die resep kry?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Heerlike soet en suur vark
« Reply #6 on: October 19, 2012, 11:07:16 AM »
Met graagte, ek sit die resep onder Pasta en Rys...  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Heerlike soet en suur vark
« Reply #7 on: October 19, 2012, 11:17:51 AM »
Dankie nonnatjie. :love7:
Om te weet is om te verstaan.