Author Topic: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA  (Read 21740 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #15 on: October 15, 2012, 11:44:40 AM »
Ek sien in die koerante waar melding gemaak word van Denneys hulle se veldtog teen PH, word daar na hom verwys as  Mnr. Denneys Niemandt (52) van Kaapstad is die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Pulmonêre Hipertensie-vereniging. So jou benaming was eenhonderd in die kol PM mater  :notworthy:

Die volgende berig plaas ek bloot vir meer inligting rondom hierdie toestand:

http://afrikaans.news24.com/Sci-tech/Nuus/Seldsame-bloedvatsiekte-kom-in-soeklig-20111122-2

Stellenbosch – Sover bekend ly net 24 Suid-Afrikaners aan die seldsame bloedvatsiekte pulmonêre hipertensie (PH), maar dié syfer kan misleidend wees.

Dié siekte, waarvoor daar geen teenmiddel is nie, het onlangs hier by ’n buitengewone ontbyt in die soeklig gekom.

PH veroorsaak onder meer hoë bloeddruk in die longe.

Dokters verwar in sekere gevalle die simptome van PH met dié van asma of brongitis.

Daar heers steeds ’n mate van onkunde oor die siekte.

Medikasie vir PH in Suid-Afrika is boonop beperk en duur.

Dit beloop tot R6 000 per maand en die Suid-Afrikaanse PH-vereniging sê die meeste mediese fondse dek dit nie.

Denneys Niemandt (52) van Kaapstad, voorsitter van die vereniging en ’n PH-lyer, het vertel hoe dokters hom oor ’n tydperk van 20 jaar verkeerd gediagnoseer het.

In een geval het ’n spesialis gesê hy moet ophou om homself “siek te dink”.

Nadat Niemandt in 2006 met erge borspyn in die hospitaal opgeneem is, het die Kaapse kardioloog dr. Jan-Peter Smedema PH by hom gediagnoseer.

“Die grootste uitdaging is dat ek altyd baie aktief was en nou die heeltyd moeg is.

“My droom is dat daar meer opvoeding oor en bewustheid van PH in Suid-Afrika sal wees,” het Niemandt gesê.

Wat is PH?

Dit is ’n seldsame siekte wat ’n erge vernouing van die bloedvate in die longe veroorsaak, het dr. Paul Williams, ’n longspesialis van Johannesburg, by die ontbyt gesê.

Die regterkantste deel van die hart word aangetas, omdat dié deel harder moet werk om bloed deur die bloedvate te pomp.

Oor ’n tydperk kan die regterkant van die hart vergroot, wat tot hartversaking kan lei.
« Last Edit: October 15, 2012, 11:49:23 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #16 on: October 15, 2012, 01:06:55 PM »
Dankie Raaitjie.  Van die begin af het "verdikking van die aar" vir my verkeerd geklink en ek wou dit "vernouing" maak.  Nou is ek seker dat "vernouing" die beter woord is en sal dit gou regmaak.

Ek het dit reggemaak.  Ek sal dit waardeer as julle nou weer lees en vir my laat weet as daar nog iets is wat nie reg is nie. 
« Last Edit: October 15, 2012, 01:11:56 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #17 on: October 15, 2012, 06:57:14 PM »
nie gese dis verkeerd nie om Chairman te gebruik nie -
wel gese dis gewoontlik meer vir clubs - daar is wel NPO's wat Chairman gebruik

Ek is by heelwat NPO's betrokke - so ek wou net 'n hand bysit
maar ek sal liefs nie verder hier kommentaar bydra nie.
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #18 on: October 16, 2012, 03:35:55 AM »
Ek is dankbaar vir al die inligting/gesels en met reg ook die meningsverskille rondom hierdie onderwerp. Dit is 'n wonderlike geleentheid wat ons hier by die forum het, om ons beskeie deeltjie by te dra. Die laaste veranderinge sal Denneys hulle aanbring soos hulle goeddink reken ek.

PM ekke buig weer laaaaag mater, knak die knieg en lig my nuwe strooihoed  :notworthy: Ek maar dom met enige mediese dinge en waardeer jou grootse vertalingspoging. As jy voel dat die vertaling na jou mening voltooi is, kan ons dit vir Denneys hulle aanstuur na die adres wat hy gegee het.

Liefde vir almal in ons kringetjie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #19 on: October 16, 2012, 09:46:43 AM »
Willa, jou inset het regtig gehelp matertjie. 
As daar nog iets is waarmee iemand nie saamstem nie, dan "speak now or "forewwer" hold your "piese".   :icon_biggrin:
Vir my is dit reg Raaitjie en as Denneys-hulle enigiets wil verander is hulle welkom. 
Dit was 'n voorreg om ook 'n baie klein bietjie te kon bydra.  Ons sal graag nog wil help as daar hulp benodig word in die toekoms. 
Dra ook ons groete oor aan almal van PHSA.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #20 on: October 16, 2012, 11:51:52 AM »
Hier was nou weer die bewys, ons het mekaar nodig  :love7: Dankie liewe maters vir elkeen wat die tyd en moeite gedoen het om hier 'n inset te lewer. Ekke dink julle kan trots voel  :hello2: :love7: :icon_salut:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #21 on: October 17, 2012, 02:20:32 AM »
Willa het DIE mooiste digitale kunswerk geskep oor die verskil tussen pH en PH. Matertjie wil jy nie dit vir ons hier ook kom vasmaak nie? Toe ek die plasing gedoen het hoe om die misverstand tussen die twee uit te skakel (pH Skaal en PH Kwaal) het ek nooit ooit kon dink dat iemand dit so kreatief sal kan uitbeeld vir ons nie. Ek lig my nuwe blou strooihoed en knak die rumatiekknieg uitasem van opgewondenheid vir jou kreatiewe bydrae!!!  :love7: :hello2:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #22 on: October 17, 2012, 02:25:23 AM »
 :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #23 on: October 17, 2012, 02:27:01 AM »
Dit is phantabalooslik oulik verbeeld Willa!!! :icon_salut: :book1: Kan mens dit in hierdie formaat op FB ook plaas of moet dit in jpeg wees?

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #24 on: October 17, 2012, 02:34:31 AM »
Jy kan dit in PNG plaas ja - al my digi's is PNG :-)

ek het die ander een ge-mail - maar jy kan ook net twee keer klik op die image - dit behoort na jou PC te download ;-)

maar hier is nog 'n opsie :-)  Die long image het ek wel van die net gekry :-)



Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #25 on: October 17, 2012, 03:13:49 AM »
Ek lief jou eerste skepping!! Dit ook na FB geneem en oopgestel vir die publiek. So het jy jou eie bewusmakingsveldtog-embleem geskep Willa  :notworthy: :icon_salut: Viva Afrikaans en handevat op die forum!!

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #26 on: October 17, 2012, 03:35:19 AM »
Dis my kos daai - die creatiewe kant van 'n veldtog ;-)

Ek het die een nou vir Moebius Syndrome se Awareness dag geskep - dis 'n volwasse en 'n kind (nie familie nie - met die syndrome

klik die prentjie eenkeer om grooter te sien

« Last Edit: October 17, 2012, 03:39:09 AM by Ah Willa »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #27 on: October 18, 2012, 01:16:54 AM »
Eerstens 'n groot kniebuig aan PM vir die wonderlike reaksie op hierdie versoek. Met jou vertaling en die raad/hulp van Willa, kon ek vandag die vertaalde poging hersien en is dit nou moontlik om sover moontlik, 'n volledige samestelling daarvan, vir PHSA voor te hou:

PHSA IS GEREGISTREER AS 'N NIE-WINSGEWENDE ORGANISASIE.

By baie pasiënte is Pulmonale Hipertensie gewoonlik 'n voortdurende (permanente) toestand.
PH sal nie vanself verbeter of verdwyn nie en alhoewel mediese behandeling of medikasie baie doeltreffend is om die toestand te beheer, kan dit nie PH genees nie.

Die simptomatiese behandeling deurmiddel van medikasie, help pasiënte om beter te voel, om makliker asem te haal, dit werk moegheid teë, beperk watersug (edeem), verlig die gevoel van benoudheid en kan help met borspyne. Medikasie stel pasiente met PH in staat om fisieke oefeninge te doen, 'n beter kwaliteit lewe te lei en om lewens te verleng.

PHSA is geregistreer as 'n nie-winsgewende organisasie en benodig fondse om pasiënte te help met die betaling van behandeling en medikasie - onkostes wat dikwels nie deur mediesefondse gedek word nie.

Dit is u bydrae wat PHSA in staat sal stel om ook 'n nuusbrief uit te gee, webtuiste te onderhou, bepleiting- en bewusmakingsprogramme en ander belangrike inligting te sirkuleer.

Enige bydrae - hoe klein ookal - sal ons help om ons doelwit te bereik.  U ondersteuning maak dit moontlik vir PHSA om pasiënte met hierdie toestand, bymekaar te bring, om opleiding te verskaf en die algemene publiek bewus te maak van PH; en 'n daadwerklike verskil te maak aan pasiënte se lewenskwaliteit.

Donasies kan gemaak word by:

PHA Suid Afrika
ABSA BANK
Tjek rekening
Rekening nommer: 4077933068
Takkode: 632005
N1 Stad Tak

DIE DOELWIT VAN DIE PULMONALE HIPERTENSIE ASSOSIASIE VAN SUID AFRIKA

*Om die regte van PH-lyers te bepleit, stemme te verwerf, wetgewing en beleid in plek te kry om hierdie regte te beskerm.

*Maatreëls te bevorder en te ondersteun wat die toestand sal voorkom, wat gevalle van PH en die ernstige gevolge daarvan sal verminder.

*Navorsing te doen en beleid te formuleer vir PH om sodoende bekwame diens te lewer.

*Die algemene publiek te leer en bewus te maak aangaande PH.

*Ondersteuningsgroepe te begin en te lei, ter ondersteuning van pasiënte met verskillende behoeftes in verskillende areas.

*Deur middel van uitgebreide programme die bestuur te bekwaam.

*Hulpbronne in plek te kry vir aanwending ten behoefte van die organisasie.

*Die algehele funksies van die organisasie, asook die geaffilieerde takke, te monitor en te bereken.

*Netwerk en die vorm van strategiese vennootskappe met ander rolspelers.

*Koördineer 'n nationale-databasis van pasiënte.

*Verhef die uitvoerbaarheid van die organisasie en verseker gesonde leiding/beheer.

*Om al bogenoemde regmatig toe te pas soos voorgeskryf deur die wet op "Non Profit Organisations Act" van 1997 en klousule 30(1) van die "Income Tax Act" wet 58 van 1962.

PHSA-BESTUUR

Mnr. Denneys Niemandt - Voorsitter
E-posadres: niemandts@iburst.co.za

*Leuse onder aan fotos: Hoop, ondersteuning en kennis, skep geleenthede.

AGTERKANT VAN DIE BLAAI:

WAT IS  PULMONALE HIPERTENSIE?

Pulmonale Hipertensie of PH, is 'n seldsame bloedvatsiekte in die longe.  Dit kan met enige persoon gebeur, ongeag die ouderdom, geslag, sosiale-of etniese-afkoms. Lyers van hierdie toestand word geteister deur volgehoue hoë druk in die pulmonêre slagare in die longe, wat daartoe lei dat die slagare toetrek, vernou en verhard en die suurstofvloei na die hart belemmer word. Dit veroorsaak vergroting van die hart en kan lei tot hartversaking.

Die hart en sirkulasiestelsel

Om PH beter te begryp, sal dit help om die sirkulasiestelsel te verstaan. Soos voorgestel in die diagram, pomp die hart suurstofarmbloed na die longe waar dit suurstof opneem. Suurstofarmbloed word gewoonlik aangedui in blou, en suurstofryke bloed wat van die longe terug vloei word dan ook gewoonlik in rooi voorgestel.

*Hierna volg die diagram van die hart en longe met byskrifte.

Gedurende oefening klop die hart vinniger om meer suurstof na die spiere te stuur. Terselfdertyd sit die longslagare wat bloed na die longe vervoer uit, om meer bloed deur te laat. Die are in die longe rek effens.
Die longslagare van die persone wat aan Pulmonale Hipertensie ly, is nouer en kan dus nie soveel rek as wat nodig is nie.

*Diagram van are

Die longslagaar van 'n gesonde persoon

Die longslagaar reageer op die vinniger hartklop deur te rek om sodoende meer bloed deur te laat.

Die longslagaar van 'n persoon met PH

Die vernoude longslagaar het nie die vermoë om genoegsaam te rek in reaksie van die vinniger hartklop nie.
By 'n persoon met PH moet die hart nou baie harder werk om die bloed deur die vernoude longslagaar te pomp. Wanneer die hart oor 'n lang tydperk soveel harder moet werk, werk dit nie meer so effektief nie.

Simptome van PH kan ondermeer die volgende insluit:

Benoud- en kortasemheid wat vererger word deur aktiwiteit.
Gedurige gevoel van moegheid.
Lighoofdigheid, veral wanneer gestaan word, of wanneer trappe geklim word.
Geswelde enkels, bene en/of maag.
Borspyn, veral wanneer fisiese aktiwiteit plaasvind.
Pasiënte kan ook flou word.

SLUIT AAN BY PHSA

As jy of een van jou geliefdes aan Pulmonale Hipertensie ly, kan ons vir jou inligting, ondersteuning, hoop en 'n geleentheid bied om aktief betrokke te raak by PHSA.

Die Pulmonale Hipertensie Assosiasie van Suid Afrika (PHSA) is gestig deur pasiënte vir pasiënte. Ons is hier vir jou as 'n bron van inligting, uitreiking, ondersteuning en hoop. Ons pasiënte is ingelig, het begrip, is 'n inspirerende groep mense wat gretig luister en hul eie ervarings deel.

Die PH gemeenskap is geskoei op persoonlike verhale van pasiënte, versorgers, vriende, familie en mediese spanne. Al hierdie verhale is kragtige gereedskap om die algemene publiek in te lig oor Pulmonêre Hipertensie en bewusmaking te bevorder.

Elkeen van ons het 'n storie om te vertel. Jou stem en jou storie is belangrik vir ons. Die eerste stap van bewusmaking van PH aan die wêreld, begin by jou. Saam staan ons sterker en kan ons meer doen. Om lid van PHSA te word beteken dat jy help om 'n verenigde gemeenskap, oor die land, daar te stel.

Ons wil jou graag leer ken. Sluit vandag nog by ons aan.

Om aan 'n rare siekte te ly kan soms eensaam wees, maar jy is nie alleen nie. Deur uit te reik na ander wat elke dag met dieselfde kwessies leef, wat in dieselfde situasie is en soortgelyke ervarings deel, sal jy kennis maak met 'n gemeenskap wat inligting en ondersteuning kan bied, asook hoop vir die toekoms.

Lees van ander PH gemeenskapslede se ervarings en deel ook jou ervarings met ons.

Pulmonary Hypertension South Africa
Webtuiste: www.phsa.co.za
Telefoonnommer: 021 9308362
Selfoonnommer: 082 5204129
E-posadres: niemandts@iburst.co.za
Faxnommer: 086 5010245












« Last Edit: October 18, 2012, 12:48:38 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #28 on: October 18, 2012, 04:51:47 AM »
Dit lyk baie goed so Raaitjie.
Let net daarop dat op hulle webtuiste die e-posadres sonder die es geskryf is.
niemandt  en op die blaadjie is dit  niemandts   dalk werk altwee.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #29 on: October 18, 2012, 05:20:04 AM »
Ek het vir hom geskryf en genoem van die verskil tussen die epos adres wat hy vir ons gegee het en die op die blaadjie. Ook genoem dat hulle asb self ook moet deurgaan en verstel waar hulle nodig vind. Denneys was baie opgewonde oor hierdie vertalingspoging  :love7: weereens DUISEND dankies mater vir jou bereidwilligheid en opofferinge :notworthy: