Author Topic: PhotoScape (16) Skep jou eie advertensie  (Read 12257 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
PhotoScape (16) Skep jou eie advertensie
« on: October 11, 2012, 05:50:31 AM »
Met die Paint Brush & Threshold funkies kan jy jouself vermaak en eenvoudige ontwerpe skep. Weens 'n gebrek aan agtergronde, graaf ek gewoonlik die fotos uit waar daar 'n minder besige deel is en crop dit dan vir gebruik.

Geinspireer deur Sussa se koffieskeppings wou ek graag vir ons koffiekuierplek in wording die tweede 'kunswerk' skep. Ek het Paint Brush soos 'n pen ingespan met die kleinste verstelling en die woorde vertikaal en horisontaal geskryf sodat van die letters oorvleuel soos met 'n blokraaisel. Die woorde (Moeggeswoeg, sit 'n bietjie iewers) het ek weer oorgegaan met 'n tweede kleur op verskeie letters.

Dit agterna my woordstoel-kopkrap-fynkyk ding gedoop toe ek sien hoe Outoppie sukkel om die skrif te ontsyfer. Hy het dit in Engels probeer lees. Arme man!  Hy kon darem die stoeletjie eien. Toe voel ek tevrede LOL.

Daarna het ek met dieselfde kwas 'n koffiebeker probeer teken - die kleure verander van tyd tot tyd om effenste diepte te gee.   :icon_bigsmurf: glo my, daai kwassie is nie maklikste inkleurpotlood nie maar beslis die moeite werd agterna as jy kan gaande raak oor eenvoudige dinge in die lewe soos 'n skewe koffiebeker :hello2: Mens sien die woordstoel beter as jy 'n ent wegstaan van skerm. Hoop maar dit gaan mooi druk sodat ek dit kan gebruik as muurversiering!

Die eerste poging het so gelyk:



Daarna het ek gespeel met die Threshold funksie en blou gekies as kleur omdat ek dit graag vir ons nuwe FB erf wou gebruik as lokaas  :icon_biggrin: So lekker gespeel dat ek nog 'n bekertjie laat loer het, die woorde hier en daar weer oorgegaan; en toe lyk dit so nadat ek dit geraam het:

« Last Edit: October 11, 2012, 06:25:18 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: PhotoScape (16) Skep jou eie advertensie
« Reply #1 on: October 11, 2012, 07:23:52 AM »
Ek lief dit!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PhotoScape (16) Skep jou eie advertensie
« Reply #2 on: October 11, 2012, 09:20:13 AM »
Dit is so uniek Raaitjie.  Pragtig gedoen. 
Gaan jy 'n kleurskema toepas in die nuwe koffiekroeg.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (16) Skep jou eie advertensie
« Reply #3 on: October 11, 2012, 10:46:08 AM »
Sooo bly julle geniet. Outop krap nog steeds kop om vat te kry aan dit  :icon_biggrin: Mater jy vra oor die kleurskema, ek dink hier gaan ek net vrye teuels gee - want ek wil elke keer as kinders kom kuier 'n kunswerkie bedel en hulle nie bind aan kleurskemas. Ons hele huis lyk meer na 'n museum LOL so ek wil graag die plekkie net 'n gemaklike kuierkamer maak wat jou van een na die ander kunswerk/boek lok en jou vingers laat juk om jou eie merk agter te laat. Sommer teen 'n muur, waar jy ookal gaatjie vind  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PhotoScape (16) Skep jou eie advertensie
« Reply #4 on: October 11, 2012, 11:01:33 AM »
Dit klink so opwindend!  Geniet die projek matertjie.  Kom deel van tyd tot tyd met ons. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: PhotoScape (16) Skep jou eie advertensie
« Reply #5 on: September 10, 2019, 04:50:25 AM »
So lanklaas gespeel met die program. Was nou opsoek na die foto om die maters te nooi vir 'n koppie koffie en die skoene uit te skop. Verligting toe ek onthou waar ek die foto gebruik het en kon die skakel by die forum se erf op die gevreetboek opspoor!