Author Topic: Luislike ganades  (Read 2268 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Luislike ganades
« on: September 21, 2012, 01:05:12 PM »
Na meer as vyf maande se digitale en meganiese gestremdhede, is Stof stadig maar seker weer besig om genade, stukkie vir stukkie , weer in omloop te kom.  Die redes vir hierdie gedwonge tyd van afsondering, stem Stof tot dankbaarheid en daarom kla hy nie oor die dinge wat ontbeer is nie, maar prys eerder vir Pa oor die dinge wat in hierdie tyd, in ander aspekte van sy bestaan gemanifesteer het.

Dit sal nog 'n wyle neem voordat Stof ten volle aktief kan wees in sy digitale en sosiale lewe, maar dis met vreugde dat hy rapporteer, daar is weer digitale lewe, al is dit steeds beperk.

In hierdie tyd het buitestaanders 'n paar dinge in van Stof se maatjies se ore gefluister.  Hierdie dinge het gemaak dat hy verder geïsoleer is.  Stof wil graag vir elke maatjie sê, julle is en bly elkeen net so kosbaar vir hom.  Mettertyd sal hy probeer om stukkies oor elkeen te deel.

Intussen het hy reeds een stukkie voltooi, en nooi sy maatjies om hierin te deel.  Klik op hierdie skakel om te deel in 'n briefie aan 'n kosbare maatjie.

Mag elke leser, vandag 'n dag gevul met besondere seën en voorspoed, as sy en haar deel hê.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Luislike ganades
« Reply #1 on: September 21, 2012, 11:04:00 PM »
Stoffie ek weet nou nie of die knuffeltjie by jou aangekruip sal kom nie, maar ek druk die arms eventewelle styf styf om die luiselyfie!