Die kuierstoep > Bekgeveg
Ek wil nie bejammer word nie.
Meraai vannie Baai:
SO so dankbaar jy verstaan en ek wil amen skryf op die opmerking 'ek kan net verstaan as ek weet'. As ons swyg en verdwyn maak dit seer in die proses vir die ou wat soos jy, daar wil wees. Saam wil trek.
Ongelukkig is ons ouens wat lief is om die ABC in te span, mos maar geneig om dit waarvan die hart van vol is uit te skreeu aan die verbygangers en verskrik mens hulle soms skoonweg in die proses. Ander kere wil ons wegkruip agter die donkergordyne van die lewe. Dan kom iemand wat wis van niks verby; sit die lig aan, trek die gordyne oop en daar staan ons naak en skaam op die verhoog van ongevraagde situasies.
Ons kon dit nie keer nie maar jou woorde: hoe ons dit verder hanteer maak soveel sin!
Dankie vir my drukkie en die pienkdingetjie :love7: ek los vir jou 'n kaktusversie hier op die hartstafel, glo jy sal verstaan dat ek deesdae wil hap en byt, swyg en skreeu gelyk. Vlug en terugkom. :icon_bigsmurf:
Deur my vingers borrel die aalwynsap
uit Bitterfontein...
Doer voor, hang bang, soos digte mis
oor Doodloopstraat.
Lief jou stikkint :bootyshake:
PM:
Raaitjie, dit vat tyd om 'n traumatiese ervaring te verwerk. Soms baie tyd. Om te wil raas en blaas en hap en byt en om te wil huil of sommer op 'n hopie te sit en treur, is dood normaal. Woed dit maar uit.
Ek wens daar was iets wat ek aan jou vrese kon doen. Ek sit al hoe lank hier en wonder wat gaan alles deur jou gedagtes en die van jou gesin. Hoe hanteer julle hierdie sware valbyl. Ek het orals gaan oplees en dit is nag.
Toe kruip ek ook maar agter die gordyntjie weg van magteloosheid.
Diwels lees 'n mens skryfwerk en jy hoor dit maar jy luister nie. Jy sien dit maar jy verstaan nie. Hierdie kaktusversie is 'n treffer en dit spreek boekdele. Ek kan maar wens wat ek wil en hoop vir 'n vale, maar die ou lewe sal sy gang gaan. Sodra die mis opklaar, en glo my dit sal, sal jy weer helder kan sien hoe lyk die pad vorentoe. Ek wens alweer: Ek wens die bodem van die bittergal-beker word gou sigbaar. Staan sterk sustertjie. Ek weet hier op die forum is almal net so lief vir jou as ek. Ons sou graag daar wou wees en help trek aan die wa. Praat asseblief. Deel jou sorge met ons.
Wys die lewe jou :pottytrain2: kant dan doen ons saam die :bootyshake: :bootyshake: :love7:
Fransi:
Die gedig het nou so aan my hart geraak. Drukkies en :love7:
Miskien wil ons mensies nie bejammer word nie, maar wel verstaan word en empatie op welke wyse getoon, dien as 'n riem en anker. Die wete dat jy nie heeltemal so alleen is as wat jy voel nie. Selfs al weet jy dat dit JOU stryd is en dat JY moet veg en daar deurkom, help dit om te weet dat jy mense het wat saam met jou voel en by jou wil staan. Mense wat deur dik en dun jou lief het.
Angelica:
Sommige van ons gaan le, soos 'n gewonde hond, eenkant en lek wonde.
Niks teen die een wat wil help/luister/drukkies uitdeel nie. Gewoon net eenkant toe om te gaan wonde lek.
Ek persoonlik onttrek. Bloot omdat ek so 'n mengelmoes van emosies ervaar en nie weet watter een die volgende oomblik op die bovlak le nie.
Dit mag 'n traan wees. Dit mag 'n byt wees. 'n Woede uitbarsting.. Daarom onttrek ek.
Meraai vannie Baai:
Fransi dankie vir my drukkie :love7:
Jy skryf 'n ware ware ding matertjie. Empatie. Die wete dat jy nie heeltemal so alleen is as wat jy voel nie. Selfs al weet jy dat dit JOU stryd is en dat JY moet veg en daar deurkom, help dit om te weet dat jy mense het wat saam met jou voel en by jou wil staan. Mense wat deur dik en dun jou lief het.
Angelica dit is net so kosbaar en waar - hoe jy jou eie situasie vir ons uitlig! Ons is elkeen uniek in die manier waarop situasies verwerk. Die beeld van die hond wat eenkant sy wonde le en lek het my amper in trane gehad :crybaby2: Ek het deur jou plasings oor jou eie 'jy moet gaan' eers werklik besef HOE impak die besef van 'ek gaan sonder inkomste sit!!" op 'n mens het. Dit was 'n nagmerrie ondervinding vir my as toeskouer hier op die forum, om jou daaglikse woelinge met emosies en vrese deur die lyne en paragrawe te ervaar!
Ek is bang gebore en onse dierbare Gawie weet hoe ek alleen wees verpes. Wat ek nog meer vrees/verpes is om verdwaald te staan en nie te weet waarheen ek oppad is nie. As alles nog duister raak begin ek skrou vir hande (met 'n lig verkieslik LOL).
Toe 'n padpredikant op 'n dag, skielik langs my lewenspad lees: 'Pulmonary Hypertension' was dit dadelik pikgietgatdonkernag om my. Begin ek naarstiglik soek na asem en hande langs my. Vir baie ander lees die bord straks kanker/werkloos/liefdeloos ens.
Ek het vir my sus hierdie kommentaar gelos toe sy 'n woordspoor vir ons los dat sy nie weet WAT om te se nie:
Elkeen van ons dra swaar ons eie daaglikse kruise. Hierdie situasie waarin ons as gesin nou is, het my laat besef: in tye waar ons geliefdes hulle self op onbekende paaie bevind, en paniekbevange hulp/rigting begin soek, verwerk ons unieke GPS'e die uitweg/antwoord verskillend - neem dit soms langer voor ons met sekerheid weet HOE om die 'verdwaalde' te antwoord.
As ek nou so deur ander mense se PH(v)erhale lees, besef ek dat daar mylpale op hierdie pad is wat niemand gespaar bly nie. Of jy tien grade agter jou naam het of net MA. Jy bly nog mens. En elkeen verwerk prognose uniek.
Ek haal 'n stukkie (uit 'n plasing wat ek gedeel het van 'n mede pasient) op my gevreetboekvoorblad aan:
".... I need you. I need your love, unconditionally. Accept my ups and downs, I need someone to share, just hold my hand and let me cry and say, "My friend, I care." ~Joanetta Hendel
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
[*] Previous page
Go to full version