Die kuierstoep > Bekgeveg
Ek wil nie bejammer word nie.
Naas:
Hoe gaan dit met vriend Hannes?
:icon_bigsmurf:
PM:
Die arme ou het vandag gehoor hy moet gaan vir 'n heupvervanging. Nou wag ons om te hoor wanneer hulle 'n gaatjie vir hom kan vind voor die jaar om is.
Wat 'n dag, ons was besig van vroeg tot laat! Gelukkig is ons nou tuis en ek slaap in my eie bed vannaand.
Trapsoetjie:
Ag nee, So jammer om te hoor. O jinne ek mis julle vanaand baie. (((((drukkies))))) vir julle alby.
:coffee2:
:angel12:
PM:
Ons mis vir julle net so baie. Wens ons kon 'n plan maak om saam te kuier.
Ag wat, vandag is dit nie so erg as wat dit vroer jare was nie. Dokkie sĂȘ hy sal Vrydag geopereer word en Sondag huistoe kom. Ek moet nou net uitvind watter voorbereidings gedoen moet word. Het hy 'n opgeboude toilet nodig, 'n handvatsel by die toilet, 'n hospitaaltrollie vir sy bed? Dalk 'n bed hier voor die TV?
Ek sal verseker moet leer om 'n outomatiese voertuig te bestuur!
Navigation
[0] Message Index
[*] Previous page
Go to full version