Die kuierstoep > Bekgeveg

Ek wil nie bejammer word nie.

<< < (3/6) > >>

PM:
Dat elkeen van ons trauma op ons eie manier hanteer is nou nie te betwis nie.  Dit is ook so dat ons almal 'n stryd het wat ons stry.  Dit laat my weer dink aan die bybelverhaal van gooi julle kruise op 'n hoop en kies dan 'n ander een.  So glo ek sal ons elkeen maar weer ons eie kruise kies en dit beteken slegs dat ons nog baie het om voor dankbaar te wees. 
Ek is baie dankbaar vir die saamweesgees, die saamvoel wat hier heers.  Die hande wat ons vir mekaar uitsteek om bystand te bied is iets wat jy nie aldag agter elke bos uitskop nie.  Ek is lief-lief vir elkeen van julle.   :love7:

Meraai vannie Baai:
Ons lief jou net so matertjie.  :love7:

Miss Piggy:
Ek dink nie daar is iets verkeerd om bietjie simpatie te vra/te gee nie. Dit is immers waar verhoudings getoets word en waar die mens se menslikheid gebrei word. 

En ek weet ek val nou hier van die wa af maar as daar een ding is wat ek pes is wanneer mense (wat aangejaag het in hulle lewe) siek word en nou word daardie persoon se goeie hoedanighede aan die boonste toppe van bome gehang.  Soos Joost van der Westhuizen.  (Skiet my maar).  Alles is vergewe . . . . in die naam van sy siekte. 

Moenie my verkeerd verstaan nie, ek het regtig empatie met sy siekte . . . dit is erg en ek wens dit nie eers my vyand toe nie.  Maar waar mense simpatie probeer soek (en nie net hyself nie, sy aanhangers ook)en skuil agter siektes is vir my erg.  Het onlangs saam met 'n kollega gewerk (hy is nou weg van die firma) wat hoog en laag gesweer het hy het kanker en soveel nonsens wat hy aangejaag het daardeur probeer verbloem.  Net om uit te vind dit was 'n klug.

Dít maak hierdie Sussie suur!!
 

PM:
Dit is werklik 'n laakbare ding om te doen.  'n Mens sal al jou respek vir so 'n persoon verloor.  Wat het hulle gedink? Dit is soos kinders wat speletjies speel en dan kroek om te wen.  Wat wen 'n mens daardeur?  Maar nou-ja, mal mense was nog nooit "reg" nie. 

Is dit nie ook maar dieselfde na iemand se afsterwe nie?  Al wat jy dan hoor is hoe goed hy/sy was. 





Meraai vannie Baai:
As daar een ding is wat my ook teen die muur uitdryf is dit diegene wat 'wolf-wolf' speel en in die proses teer op die simpatie van ander en die dag as hulle werklik siek raak, glo niemand die sketevraat meer nie en word jy as ongevoelig en onsimpatiek beskou.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version