Bak en brou > Plante met medisinale eienskappe

Grasuie

<< < (2/3) > >>

PM:
Ek plant graag patattas in 'n pot wat ek op 'n staander in my tuin plaas.  Dit maak lieflike ranke en hang tot op die grond. 
Vir die kinders het ek altyd die wortelkoppe afgesny en in 'n vlak bakkie water geplaas, vir hul eie "tuintjies".
Sal beslis ook die peterselie probeer. 

Meraai vannie Baai:
Oe ons lief patattas.  :icon_bigsmurf: Hoe plant mens dit? Is dit soos wortels en aartappels waar die vrug onder die grond is? Nie ek of Outop het idee nie. Ken net van pampoenpit in grond druk wat die wereld vol rank en jy oes vir maande en gee laters weg hehehe.

PM:
Daar waar die patat 'n ogie maak, dit loop mos uit soos 'n aartappel, sny jy dit af met 'n redelike stukkie "vleis" van die patat, sit dit in die grond en bedek met nog 'n lagie grond.  Gee water en daar gaat jy.  So drie tot vier ogies in 'n 30cm pot in deursnee, sal die ding doen. 

Meraai vannie Baai:
Atta patatta, hier kom ek en Outop. Maak spasie vir die ranke en potte  :sign10:  :notworthy:

PM:
As die blare vergeel kan jy maar rond krap, daar sal 'n paar patattatjies wees.   :icon_biggrin:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version