Bak en brou > Plante met medisinale eienskappe
Grasuie
PM:
Ek hoop grasuie is spring onions. Help my gerus reg.
Plaas 'n bossie in 'n glashouer met water. So een keer per week kan jy die wortels onder lopende water afspoel en vars water byvoeg.
Sny die punte met 'n skêr af soos benodig.
Fransi:
Dit is baie interessant. Dankie PM.
Meraai vannie Baai:
En dit is sommer 'n pragtige natuurlike rangskikking ook. Groen kikker mens mos altoos op :toothy4:
PM:
Dit "ruik" ook lekker want dit laat 'n ou se kombuis "vars" lyk. Ek wonder wat kan 'n mens nog so doen.
Meraai vannie Baai:
Sal bietjie gaan loer hoor!! Ons koswinkeltjie hierbo het gereeld kruie wat hulle gratis beskikbaar het. Elke klant neem so bossie. Ek is so lief om die pietersielie so in glasie naby die stoof te in 'n hoekie te plaas, dan is dit sommer lekker handig naby om stukkies af te breek vir gebruik.
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version