Die kuierstoep > Die kiekiekyk plek

Musikale gene oorheers

<< < (2/5) > >>

Meraai vannie Baai:
Kosbaar verby! Ek sien jou kinders in die gees  :love7:

Meraai vannie Baai:
Filang hierdie ouma darem vanaand dukstukke. Die kabouters sit nou in Amerika en die eens dawerende klawers swyg doods....  :crybaby2:

AB:
Aitsa. Ek sou baie graag musiek talent wou hê. St 8 was ek uit die skoolkoor geskors, ek sing altyd vals, en ek sukkel om te dans, ( kan so effens wals) want ek het nie eers ritme om ordentlik aan 'n deur te klop nie. Ek bewonder mense wat instrumente kan speel en die mooiste klanke daaruit optower,  veral die wat hulle self leer op gehoor.

Meraai vannie Baai:
Giggel ek vir jou 'ek het nie eers ritme om aan 'n deur te klop nie...'  :toothy4:

PM:
Kyk nou hoeveel jare later!  Die erfie is kosbaar nê!

Weet ek nie presies hoe jy voel nie?   :crybaby2:  (((((DRUKKIE)))))

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version