Die kuierstoep > Die kiekiekyk plek

Musikale gene oorheers

(1/5) > >>

Meraai vannie Baai:
As ons klein prinsie kom kuier (amper drie) is hierdie sy groot tydverdryf. Skuif hy voor die klavier in en dan hang ouma en sussie se monde oop terwyl die mannetjie agter die klawers vergeet van alles om hom :love7: :hello2: hy skep sy eie deuntjie, asof vanuit die bladmusiek voor hom. Kyk die houding van die kleine handjies en sy sussie se uitdrukkings!!







PM:
Daardie  wakker ogies spreek van inteligensie en entosiasme.  Werklike seëninge Raaitjie.  Die kleingoed word so vinnig groot. 
Baie dankie dat jy dit deel met ons.  Dit is 'n voorreg. 

Dit is sulke tye wat 'n mens 'n bandopnemer byderhand moet hê.  Dan skryf jy sommer prinsie se komposisies neer. 

Fransi:
Kostelik. :-)

Meraai vannie Baai:
Hy word hierdie maand drie volle jare oud  :toothy4: en het 'n vreeslike verbeelding. Dit is so belewenis om hom voor die klavier te sien. Soms is die handjies se aanraking op die klawers so lig soos 'n vlinder wat land op 'n blaar en dan dawer die klanke weer en buig die skouertjies vooroor terwyl konsentrasie daai wakker ogies nog groter laat rek. Hy verloor homself in sy komposisies. Outop een foto gekry waar hy na sy 'opvoering' so vooroor buig na sy pappa toe: Now THAT is music hehehe en vir my: wanna hear more of my music ouma?

PM:
Kyk nou net hoe glip die tyd verby. 

Vir my kinders is hierdie foto's en opnames 'n kleinnoot.  As hulle bymekaar is hoor jy hulle lag.  Hulle sit behoorlik "koppe bymekaar" oor al die albums en opnames.  Ek is so dankbaar dat ek 'n rukkie gelede al hul albums vir hulle gegee het, anders was dit nou saam met myne onder in die "fish pond". 

Dit is wonderlik dat kleinman in so 'n atmosfeer van "jy doen goed" groot word.  Julle sal nog die vrugte daarvan pluk. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version