Author Topic: Witgoud!  (Read 4003 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Witgoud!
« on: August 16, 2012, 10:09:36 AM »
Ek praat en skryf gewoonlik nie tussen die lyne (of boude) nie, maar hierdie een kan jy maar lees soos jy wil.
 “Witgoud,” vir die wat nog nie weet nie, is daai goed wat Carlton op ‘n rol draai en baie geld mee maak terwyl ons ander dit weer deur daai diep donker plekke sleep en dan wegspoel. (geld in die drein af, letterlik.)
 Van Carlton gepraat. Hulle het blykbaar ‘n groot kontrak met Zimbabwe gesluit. Hulle gaan, volgens my informant, die Zim-doller in dubbellaag formaat aan die Zimregering verskaf.
Dr Phil het nou die dag ‘n program voorgedis waar hy konflik tussen mense oplos deur kant te kies en niks verder daaraan te doen nie. Hy maak darem lekker geld deur mense sleg te sê. As ek dit doen sit ek more sonder werk. In elk geval, so as ‘n nagedagte kom hy toe met die storie van “Moet toiletpapier onderdeur of bo-oor afrol?” Mense het al in die skeihof beland oor die vraag. Sy oplossing, vir die wat nie die program gesien het nie, ‘n toilethouer wat twee rolle hou. ‘n Syne en hare.
 Nou wat laat my nou oor so ‘n k... sorry, tos onderwerp skryf.
 Gewoonte.
Eerstens. Die gewoonte om dit te gebruik. Wat het ons gedoen voor toiletpapier? Toilet papiris? Dooie see rolle? Ek onthou koerantpapier. My aambeie kon voor my lees. In Langkloof op my oom se appelplaas het daai papier waarmee hulle die appels toegedraai vir pers strepe op jou onderbroekie gesorg.
 Tweedens. Ek verkies dit as die rolletjie bo-oor afrol omdat dit ‘n gewoonte by my geraak het en vir geen ander rede nie. Ek sal nooit ‘n vloermoer daaroor gooi as die rolletjie “verkeerdom” opgesit is nie. As ek by ander mense in die huis is gebruik ek dit so en in my eie huis haal ek dit uit en draai dit om. Pure gewoonte.
 Dis juis oor die gewoonte wat ek nou ‘n paar opmerkings wil maak.
 Erens langs die pad het ek gehoor dat as ‘n mens dit kan regkry om iets twaalf keer te doen, jy ‘n gewoonte gevorm het wat jy dan soort van outomaties sal doen. Toe begin ek nou met die navorsing vir my meestersgraad in “toiletrolrigtings.” Eerstens vlieg ek daar in die motorhuis in en op my draaibank maak ek ‘n toiletrolhouer waarmee ek maklik die rol kan omdraai. Ek vervang die bestaande houer daarmee en my vroutjie is baie trots op haar man se handewerk en innovering. Salig onbewus van my duistere bybedoelings.
 Elke slag as ek gaan sit draai ek die rol in die “regte” rigting en hoop dat die rigting by die res van die gesin ‘n gewoonte gaan word.
 Ek kom later agter dat vroulief nie omgee hoe die papier vir haar opgedis word nie want sy kla nie oor die rigting wat die papier inslaan nie en sy draai dit ook nie weer terug nie.
 Later is die kinders daar en dieselfde gebeur met hulle.
Nou is my volgende vraag. “Gaan hulle my gewoonte aanleer en die verkies dat die papier ‘n sekere rigting draai?” Blykbaar nie. Ook hulle gee nie om nie en vat dit soos hulle dit kry. Tot nou toe gee niemand in my huis om waarheen die rol rol nie.
 Gevolgtrekking. Gewoontes word nie sommer na twaalf kere gevestig nie en blykbaar is ek die enigste p#%ph&l in die huis wat omgee watter kant toe die papier draai.
Wys jou net.
 Laat my dink aan die student wat die sprinkaan bestudeer het vir sy meestersgraad. Dit het soos volg verloop.
 1) Neem een sprinkaan en sit hom versigtig op die grond neer. Sê vir sprinkaan: “Spring!” Die sprinkaan spring.
 2) Vang dieselfde springkaan. Breek sy twee voorpote af. Sit sprinkaan versigtig op die grond neer. Sê vir sprinkaan: “Spring!” Die sprinkaan spring.
 3) Vang dieselfde springkaan. Breek sy twee middelpote af. Sit sprinkaan versigtig op die grond neer. Sê vir sprinkaan: “Spring!” Die sprinkaan spring.
 4) Vang dieselfde springkaan. Breek sy twee agterpote af. Sit sprinkaan versigtig op die grond neer. Sê vir sprinkaan: “Spring!” Die sprinkaan wil nie spring.
 5) Gevolgtrekking. Die sprinkaan se ore sit in sy agterpote.
Nou dat my ma by ons bly kla sy oor die bo-oor rollery want blykbaar is die een kant van die papier sagter as die anderkant. Wat maak dit nou van my? 'n Ongevoelige poephol? Ek wonder.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Witgoud!
« Reply #1 on: August 17, 2012, 12:26:31 AM »
Ek voel nou pure merrie, siet kans vir als in die lewe! Lank lewe 'witgoud' wat onderstebo of agterstevoor pronk op 'n rol  :icon_biggrin: mag jou pen se ink nooit opdroog nie  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Witgoud!
« Reply #2 on: August 17, 2012, 08:15:51 AM »
Hannes moes maar self lees.  Ek het probeer om dit vir hom te lees, maar kon nie daarin slaag nie.  Naas, dit was die beste medisyne vir ons altwee.  Nou kan ons die dag so giggel-giggel aanpak.  Oor tien minute het ons 'n afspraak met die Loss Adjuster en die assessor.  Hulle sal net wonder hoekom giggel ons so.   :icon_biggrin:

As hulle vra, sal ek antwoord, sommer net oor 'n ongevoelige poepol.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Witgoud!
« Reply #3 on: February 22, 2013, 10:07:06 PM »
Ha ha Naas jy praat so in my kraal. Ja ek hou ook van daai rolletjie wat bo-oor buitekant toe rol en nie van agteraf onderdeur nie. Pla blykbaar ook nie my gesin as ek dit so sit nie, dit bly so. En ja ek sit hom ook regom as hy verkeerdom is.
Mmmm Ek ken ook daai koerantpapierstorie, of die ou huisgenoot. Die longdrop het so 'n lang bank gehad waarop die leesgenot geplaas was. En boeta as die heel boonste gedeelte 'n interessante artikel gehad het, is daar eers gelees voor jy die papier so opgevrommel en gedruk het tot hy sag genoeg was vir die waai, vee, en laat los.
Naas ek hou van jou manier van dinge vertel. Hierdie een veral.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Witgoud!
« Reply #4 on: February 23, 2013, 07:14:12 AM »
van die gewoonte dat in sommige mense se toilet 'n stapel tydskrifte is nou wonder ek waar kom dit vandaan maar lyk my hierbo het ek die antwoord gekry:

Die longdrop het nie met witgoud gewerk nie want dit het nie verstop nie, so is die tydskrifte in die huis vir 'n 2 de doel gebruik. doel 1 om te lees en doel 2 om as witgoud te gebruik. dan is die aangewese plek om dit op die langbank van die longdrop te plaas om gebruik te word en dan terwyl die mense daar sit en wag om die papier te gebruik, word daar uit die ou tydskifte gelees om die tyd te verwyl. en dit het gewoonte geraak....die lees in die longdrop en dis oorgedra na die WC.

my skoonpa vertel toe hulle klein was in die 1930 jare speel hy en sy broer buite, een kry behoefte en doen idt in die veld en dan vang hulle van die hoender kuikens om af te vee en dan hol die kuikerns met bruin GT strepe rond.


hier in ons omgewing, moes seker so om en by 1880 se koers wees dalk effe later, was my oupa grootjie die eerste een in ons omgewing wat vir sy vrou 'n longdrop buite die huis gebou het. dit was "the talk of the town"en die mense het geskinder en gesê: Ou Koos Bad se vrou is so mooi ( ja sy was blykbaar baie mooi) dat hy wil nie hê dat die ander mense haar moet sien as sy bos toe gaan waneer sy behoefte het nie. ja in daardie tyd het almal maar gebos.


ek hou weer daarvan as die rol van onder af afrol dan lyk dit nejies as die papier so teen die muur hang en ja ek draai dit ook om by ander mense en in ons eie huis en dit lyk ook of die vrou en kinders nie juis omgee watter kant nie.
vrou sit dit op om bo oor te rol maar ek draai om en sy gee nie om nie.

eenkeer iets gelees van 'n studie wat gedoen is oor die bo oor of onder deur. blykbaar hou mans meer van bo oor en vroue meer van onder deur. ek hoop nei ek is verwyf oor ek hou van onder deur nie.

mens moet maar die ou binneste karton rol hou en die gebruikte dele daarop draai dan kan dit recycle word na so maand wat dit lekekr droog geraak het. amper so iets soos ek al by verskeie sendelinge gehoor het. mense skenk geld en items en kos ens vir sendelinge en meer as een keer kom daar 'n pakkie gebruikte tee sakkies uit en die boodskap daarop geskryf is: teesakkies, nog net 1 keer gebruik. en dis rerig egtig waar, dit gebeur, by meer as een sendeling al daai gehoor.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Witgoud!
« Reply #5 on: February 23, 2013, 07:57:00 AM »
O gonnatjie tog AB.  Daardie plan sal nie werk nie.  Witgoud herwin?   :nono:    :icon_biggrin:

My gebruikte teesakkies gaan net een plek toe en dit is in my varings.  Vergeet maar van die sendelingstasie.   :angel4:

Naas is seker so stil omdat hy nog 'n meestersgraad in 'n ander rigting bestudeer.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Witgoud!
« Reply #6 on: February 23, 2013, 10:58:49 AM »
Dit is abv daardie longdrop met die lang bank en die gewilde leesstof wat ek nie 'n plekkie in my badkamer gemaak het vir tydskrifte nie. Genoeg is genoeg! Ek het 'n lekker kantoor waar hier kan gelees ge pc en gekryf kan word. Glad nie nodig om dit in die badkamer te doen nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Witgoud!
« Reply #7 on: February 23, 2013, 02:45:07 PM »
 :icon_biggrin: Dit is ook 'n plek wat ek daagliks, maar net vinnig-vinnig besoek.  Hoe mense in die longdrop kon sit en lees, gaan my verstand te bowe.  Dalk is dit omdat die "spinneskoppe" en slange  EN  perdebye altyd ons longdrop opgesoek het.   :nono:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Witgoud!
« Reply #8 on: February 23, 2013, 04:29:35 PM »
en daai sinkhuisie kan jou op 'n warm somerdag lekker laat sweet.


in die nuwe huise moet daar by daai plek seker 'n plek vir die laptop ipv tydskrifte gemaak word.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Witgoud!
« Reply #9 on: February 23, 2013, 04:36:39 PM »
Kry vir jou een van daai "hospitaaltrolllies" wat hulle oor jou bed skuif as jy eet.  'n Mens kan die hoogte stel.   :icon_biggrin:
Ten minste sal jy meer tyd hê om saam te gesels en foto's te plaas.   :angel4:

 :love7:

 :bootyshake:

of sou hierdie een beter gepas wees in die huisie?   :pottytrain2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Witgoud!
« Reply #10 on: February 23, 2013, 06:02:02 PM »
nee nie vir my nie, ek glo dis vir gaan en klaarmaak sdat jy met die dag kan aangaan.

my buurman seg hy wens mens het 'n kleinhuisie tyd gehad soos jy eet tyd en slaaptyd het, wnat dan kan jy nou dag beter beplan as jy weet so laat is draailoop tyd en dan word jy nei onkant gevang sonder beplan.

nous ons darem op 'n lekker ...wat se...........storie hehehe :pottytrain2:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Witgoud!
« Reply #11 on: October 04, 2021, 10:02:26 AM »
Vader behoede ons van 'n laptop in die longdrop. Ek sien al hoe sukkel Oupa om homself af te vee met 'n laptop terwyl almal op Faceboek vir hom kyk.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Witgoud!
« Reply #12 on: October 15, 2021, 07:07:35 AM »
Assie, jou verbeelding hol alweer weg!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Witgoud!
« Reply #13 on: October 15, 2021, 07:28:05 AM »
Oupa se grysmassa sonder verbeelding is soos 'n brandweer sonder wiele. Kleurloos.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Witgoud!
« Reply #14 on: October 15, 2021, 11:59:20 AM »
Ek sou nou nie 'n brandweer sonder wiele kleurloos beskryf nie,  eerder waardeloos!  Dit hang seker ook maar daarvan af of dit vol water is of waar dit staan?
Om te weet is om te verstaan.