Die kuierstoep > Bekgeveg
Wat beteken dit?
werelde weg:
sou dit beter gewees het as ons geen reg van spraak gehad het nie... :icon_scratch:
PM:
Welkom WW, ek het jou gemis matertjie.
Nee, ek dink 'n mens moet vryheid van spraak hê. Soms het almal nie die vermoë om hul emosies te beheer nie, (ek is een van hulle) dan sê ons goed op die verkeerde manier. Dus is dit nie wat jy sê nie, maar hoe jy dit sê.
Die ander probleem waarmee ons soms te doen kry, is hoe mense dit wat jy sê, lees.
Ek dink die verskil lê by die liefde. As ons weet ons is lief vir mekaar, is daar nie probleme nie.
werelde weg:
soms hoor mense ook goed wat nie regtig so bedoel is nie ...
dis soms ook n probleem , dalk moet mense nie dinge lees in wat die woorde sprrek nie...???????
PM:
Luister mooi wat ek sê: Ek is lief vir jou, jy is my maatjie, hoekom sal ek iets sê om jou seer te maak?
Sou jy iets sê, en ek voel onseker oor wat jy bedoel, kan ek jou mos vra waaroor dit gaan. Ons kan mos met mekaar praat! My Flip Flippie, ek is jou maatjie, ek sal jou mos nooit as te nimmer probeer kou nie! Ek lief jou net stinkend! :hello2:
Ek het 'n kleintjie dood aan mense wat alewig dink dat mense hul probeer aanvat en afkraak. Dit bestaan nie in my woordeboek nie. Ek besef dat ons almal ons eie behoeftes het, elkeen van ons verskil van mekaar, al is ons ook net so dieselfde. :icon_biggrin:
Vir my gaan die lewe oor aanvaarding. Ek sien jou, jy sien my, ons "hug" ons lief mekaar en verder wil ek niks weet nie.
Meraai vannie Baai:
Lees ek weer skelm oor 'n gas (wat ewe skelm ook inloer sonder om ons mooi te groet :toothy4:) se skouer.
Ek het al bygestaan nadat iemand 'n mening uitgespreek het oor iets. Daarna, in die oorvertel van dieselfde gebeure het dit in 'n aanvallende, afkrakende gedoente ontaard teenoor die 'onskuldige party' wat my stomgeslaan het want ek het mos met my eie ore gehoor hoe dit gese was. Daar was nooit aanvallend of afkrakend verwys na die persoon nie. Kon net kopskud en natuurlik het die wag voor my mond weer erens gaan staan met 'n kan petrol en vuurhoutjies...
Wat daarna oorvertel is wil ek liewers nooit van weet nie!
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
[*] Previous page
Go to full version