Die kuierstoep > Die Gorrel plek

Salige rus!

(1/6) > >>

Naas:
Ek wonder al hoe meer of die ewige rus nie maar beter sal wees as die gedurige gesloeg en gejaag na wind nie. Party mense het net alles wel terwyl ander maar gedurig voortploeter en probeer positief wees.
Maar as ek nou eendag daai rus betree wil ek gaan soos my oupa. Stil en rustig in sy slaap. Nie soos die twaalf ouens wat bang en vol stres egter op sy bakkie was toe hy aan die slaap geraak het nie.



 :icon_bigsmurf:

Ah Willa:
Ons is almal moeg vir hier die plek genaamd aarde, Naas.
En dis nie so maklik om positief te bly wanneer alles skeef loop nie.
Ons almal rooi maar die moeilike tye bootjie in 'n tyd waar fraud en moord hoogtye vuur
Maar in Sy genade en krag, kan ons bly roei, al bloei ons.
Hou moed, hou spoed, want die einde is versker goed - Hy kom spoedig.

 :love7:

Meraai vannie Baai:
Almal kom op daai punt Naas, klou vas - jou humor sal jou deurdra, indien nie - vat jy meer as jou oupa saam jou  :icon_biggrin:

Pragtige kommentaar Willa  :notworthy:

PM:
O hallie ha!  Jy laat my dink aan die oubaas wat 'n vrag varke vervoer het teen die berg af, toe die remme ingee.  Outa Klaas het vir die polisie vertel, die varke skree "brieeeek-brieeeek" maar al wat briek is Oubaas.   :icon_biggrin:

Dit is nie altyd maklik om positief te bly nie, maar is dit nodig?  Kan ons nie sommer net so nou en dan, wanneer die lewe sy agerentkant vir ons wys, ons speelgoed uit die kot uit gooi en lekker depresief wees nie?  Hoekom mag ons nie raas en blaas en skop en skree nie?
Ons is nie Zombies nie en ook nie robotte wat geprogrammeer is nie, of is ons, of word dit van ons verwag?

Naas:
Nee. Robotte is ons nie, maar Naas is geneig tot depressie en dit is 'n lelike groef om in te wees. Daarom herken en erken ek dit dadelik ads dit toeslaan. Dan kan ek uitklim voor die groef te diep raak.
Maar julle ken my al goed genoeg om te weet wanneer ek stil raak baklei ek maar binnetoe.
Ek sukkel al hoe meer om myself te bly want tans is die leerders besig om die oorhand oor my te kry.
Eendag... hopelik voor ek brand... eendag, sal ek van hulle ontslae wees en my stokperdjies bloots ry. Tot dan los ek maar die skilder vir Queen Elizabeth en die skrywe vir wie ook al hand opsteek.



 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version