Voorstelle en klagtes > Waar is jy?

Laaste skanderings.

(1/3) > >>

Meraai vannie Baai:
Ek gaan weer so twee dae weg wees. More word die laaste skanderings geneem om seker te maak alles werk met die innerlike tikker soos dit moet. So van tikkers geskryf:

‎2 maaitjies sit op die mat en speel met 'n stukkende stetoskoop. Die 1 soek angstig na sy hartklop, maar kan dit nie hoor nie. Sy maaitjie se toe: "Maar onthou jy dan nie? Jy het mos jou hartjie vir Jesus gegee!"

Ah Willa:
Dis nou oulik - ek hoop die skanderings gaan wys dat jou harjtie mooi veilig in Jesus se hande rus  :love7:

Meraai vannie Baai:
Dankie baie baie Willa. Ons glo dat alles normaal sal wees en die lewe weer voort sal kan gaan soos voor hierdie gedoente uit die bloute ons getref het.  :notworthy:

PM:
Ons dink aan julle Raaitjie.  Ek is vol vertroue dat jou dokter jou hartjie sal hoor    ritmies      klop. 
Dankie vir die glimlaggie.  Kostelik. 

Meraai vannie Baai:
Julie 2012 - ek kom vanaand op hierdie plasing af toe hoop en vertroue nog hand-aan-hand my skaduwee was.  Hierdie skandering het twee letters uit die alfabet dwars oor ons lewenspad kom plaas en niks was daarna ooit weer dieselfde nie en tog pas mens stelselmatig by alles aan besef ek weereens.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version