Digkuns > Digformules of -strukture

Digter's Eggo

<< < (2/3) > >>

PM:
Ek trek my stoeltjie nader en wag vir jou bydrae Fransi. 

Fransi:
 :hello:

Dankie PM. :-)

Ek dink my Gesprek, Aspoestertjie, Doringrosie en Bohemien is o.a. daarvolgens geskryf. Alhoewel ek meer neig na 'n spesifieke woord(e) wat herhaal word en nie 'n hele reël nie. :-)

Dit is regtig so 'n lekker vorm.

Ek is so dankbaar vir hierdie afdeling waar 'n mens kan leer en groei en terselfdertyd jou brein oefen.

Die 15de kom die digklub mense na my toe en moet ek die les o.a. aanbied en raai waarnatoe het ek gegaan om inligting te kry, wanneer ek vasgehaak het.  :icon_biggrin: Baie dankie. Ek dink hulle gaan dit ook geniet.

PM:
Ag dis wonderlik Fransi.  Wens ek nou ons was nader om ook deel te kon wees. 
Ek lief jou werk. 

Meraai vannie Baai:
So bly dreigemente en soebat werk nog soms  :love7: :notworthy: dankie Gawes. Dit is pragtig en 'n mooi kombinasie van die eggo- en sintuiglike strukture! Trippel ek opgewonde Fransi! Groot pluimpie vir ons strukture afdeling!
 

Meraai vannie Baai:
Bird’s Eye View

vanuit haar venster
in ‘n beton muur

‘n beton muur

agter die beton muur
‘n beton muur

agter beton mure
‘n groen blaarsambreel
waarin die oggendwind speel
die voëls van die hemel vergader

deur haar venster
in die beton muur

val ‘n straal
‘n sonstraal
val ‘n sonstraal op  haar

as dit nag is
deur haar venster
in ‘n beton muur
wink speldekop-sterretjies

vir haar

vanuit haar venster
in ‘n beton muur
‘n beton muur
waarop die mossie en sy maat
met mekaar praat

haar wêreld is grys
betongrys
dis hier waar sy skuil
vir die wêreld
vir haarself

©Elsabe - 2008

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version