Digkuns > Digformules of -strukture

Digter's Eggo

<< < (3/3)

Meraai vannie Baai:
Hoeveel

Hoeveel lewens, Suid-Afrika,
hoeveel vergeefse lewens
gaan jy nog van ons vra?

Hoeveel gesinne, Suid-Afrika,
hoeveel  gesinne
gaan nog hartseer moet dra?

Wat gaan dit kos, Suid-Afrika,
wat gaan dit ons kos
om vryheid na te ja?

Wanneer gaan jou kinders leer, Suid-Afrika,
wanneer gaan hul eendag weet
dat haatspraak 'n doodskleed dra?

Wanneer is dit genoeg, Suid-Afrika,
wanneer het jy genoeg
bloed en trane van ons gevra?

© Gawelina

Ah Willa:
Dis 'n WOW - ek het nie woorde nie en wow se nie veel nie


--- Quote from: Meraai vannie Baai on April 15, 2013, 11:16:39 PM ---Hoeveel

Hoeveel lewens, Suid-Afrika,
hoeveel vergeefse lewens
gaan jy nog van ons vra?

Hoeveel gesinne, Suid-Afrika,
hoeveel  gesinne
gaan nog hartseer moet dra?

Wat gaan dit kos, Suid-Afrika,
wat gaan dit ons kos
om vryheid na te ja?

Wanneer gaan jou kinders leer, Suid-Afrika,
wanneer gaan hul eendag weet
dat haatspraak 'n doodskleed dra?

Wanneer is dit genoeg, Suid-Afrika,
wanneer het jy genoeg
bloed en trane van ons gevra?

© Gawelina

--- End quote ---

Meraai vannie Baai:
Die afgelope paar dae het ek my lam gesoek na hierdie riglyne vir ons Digter's Eggo struktuur. Asof uit die niet en mis, lewer my soektog vanoggend jou wrintiewaar 'n positiewe resultaat en vind ek weer die pragtige voorbeelde van maters  :hello2: :notworthy:

 :icon_scratch: Sien ek nou die struktuur wat tot nou toe soek was, is weer onverklaarbaar, heelbo aan die lys van ons strukture. Dankie aan die persoon wat hom weer terug op die rak kom plaas het. Dalk kom die ander ook te voorskyn. Sal dit nou nie 'n blessing wees nie!

PM:
Dit bly baie mooi.  Sodra ek die ink wat in my pen hoort kan opspoor, gaan ek dit weer prober.

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Go to full version